Groot Brakrivier-moorde: Beskuldigde op foto’s uitgeken

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

Die skoonseun van die vermoorde Human-egpaar van Groot Brakrivier in die Suid-Kaap, ds. Gerhard Pietersen, het vandag sy getuienis in die rondgaande hof in Mosselbaai voortgesit.

Tewie Human (72) en sy vrou Eurika (62) is op 14 Junie 2016 in hulle huis oorval en vermoor. Hulle lyke is eers vier dae later deur ʼn vriendin, Dorothea Wilson, gevind.

Die Humans se destydse werknemer, Lebohang Stephen Lekoro (29), staan tereg op twee aanklagte van moord en twee van roof met verswarende omstandighede. Hy ontken skuld.

Lekoro het gister in ʼn skriftelike erkenning voor die hof gesê dat hy wyle mnr. Human met ʼn mes gesteek het. ʼn Tweede man, Thamsanqa Sishuba, het Human glo daarna met ʼn panga aangeval. Volgens Lekoro het hy weggehardloop en later na Lesotho gevlug. Sishuba dien reeds twee lewenslange vonnisse vir die moorde uit.

Pietersen is vandag gevra om uitkennings op foto’s te maak wat die polisie van sekuriteitskameras by ʼn vulstasie in Mosselbaai verkry het. Die vulstasie dien as die bushalte waar langafstand busse passasiers op en af te laai.

Op een van die foto’s word gesien hoe twee mans met bagasie deur die vulstasie loop. Op die tweede foto stap een van die mans by die gebou se glasdeur in en op ʼn ander foto koop hy ʼn buskaartjie by die toonbank.

Pietersen het die man, wat in al drie foto’s verskyn, uitgeken as die beskuldigde, Stephen Lokoro. Die tweede persoon is nie aan Pietersen bekend nie. Pietersen het aan die hof gesê die tasse lyk soos die wat sy skoonouers besit het en wat ná die moord uit hulle huis vermis word.

Tydens kruisondervraging deur adv. Dawie Scholtz, vir die verdediging, het Pietersen weereens bevestig dat sy skoonma Lokoro gewantrou het. Hy sê sy het gedink Lokoro oortree die grense tussen werkgewer en werknemer en dat hy haar man manipuleer. “My skoonma het ongemaklik gevoel as die beskuldigde naby haar in die huis was,” het Pietersen aan regter Mark Sher gesê.

Ná Pietersen het sersant Neo Mochekwane van die SAPD in Bloemfontein getuig dat ʼn polisiebron inligting gegee het dat ʼn verdagte by ʼn huis in Mangaung opgemerk is. Hy en ander polisiemanne is na die huis waar hulle Lekoro ondervra het. Toe hulle hom na die polisiestasie wou neem, het die huiseienaar gesê dat daar nog klere in ʼn tas in die huis is. By nadere inspeksie is ʼn skootrekenaar en selfoon tussen die klere in die tas gevind.

Lekoro is later van moord en roof en besit van gesteelde goed aangekla.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lindie De Lange ·

Wat besiel ‘n mens om ‘n ander se lewe te neem, terwyl dit nie uit noodweer is nie?
Dit is walglik.

Bekommerd ·

Lindie, pure haat en Satan se vuur wat die mens oorgeneem het. Hier loop baie van hulle rond wat net kyk wie en waar hulle ‘n sagte teiken kan kry. Moet hulle nie vertrou nie en wees versigtig.

Janet ·

Sal dit help om iets te plaas. Daar kom tog niks van nie. Die mense wat veronderstel is om wet en orde te handhaaf in S A. doen dit nie. Dit is n lekker land. Hier doen seker mense nes hul wil. Dit kan nie erger gaan as wat dit in S. A. gaan nie. Dit is asof die wreedaards die houding het van: Ons mag mos, daarom doen ons dit. Ons tronke is al oor vol. Bring doodstraf terug. Onskuldige lewens word geneem, waarop moet hulle s’n gespaar word. Hoe lank nog gaan onskuldige lewens geneem word? Hulle het almal body guards wat hul dag en nag oppas. Dit is hoekom dit hulle glad nie pla wat in hierdie land aangaan nie.

At ·

Om te dink dat sulke skuim ‘n prokureur het wat hom verdedig!

JohanR ·

Amper altyd oud en weerloos! Die speurders wat hierdie aanvalle ondersoek moet baie lof toe gesing word. Die twee wat my ouers aangeval het op die plaas, is in Pietersburg(Polokwane) gevonnis. Die speurder het hulle maande gesoek. My oorlede Pa het vir my gese toe hy in die hof inloop om te getuig, het die twee maneere hom grootoog aangekyk, en vir ‘n oomblik blankes geword! Hulle is lewenslank tronk toe.

Jeanne ·

Twee wonderlike mense wat niemand sou skade doen nie. Mag geregtigheid geskied.

leser ·

daars net een weg, dit is selle toe en verloor die sleutel met die visvang kompetisie in die oranjerivier

Stiks ·

Buitelanders wat elke naweek uit Lesotho aangery word met taxis. Op die fotos pardeer hulle asof niks gebeur het nie. Het dit gebeur in lande soos Amerika , was hulle binne etlike ure vasgetrek. Skokkend!

Lt. Generaal ·

Met daai beret lyk hy baie vir my soos een van Julius se handlangers…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.