Groot soektog ná twee uit Pretoria-tronk ontsnap

(Foto: pixabay)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het ʼn reusesoektog in samewerking met die polisie van stapel gestuur nadat twee gevangenes uit die Kgosi Mampuru- korrektiewe sentrum in Pretoria ontsnap het.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die DKD, het gesê Thabo Zacharia, ʼn Mosambieker wat ʼn lewenslange vonnis uitdien vir onder meer verkragting, roof en ontvoering, asook Johannes Chauke, ʼn Zimbabwiër wat 20 jaar tronkstraf uitdien vir onder meer huisbraak, is soek.

“Die twee is steeds op vrye voet en die noodondersteuningspan van die DKD werk nou saam met die polisie en is op hulle spoor. Die voortvlugtendes sál weer agter tralies beland,” het Nxumalo gesê.

Die DKD het ook reeds ʼn interne ondersoek na die ontsnapping gelas.

“Lede van die publiek word gevra om hul naaste polisiestasie te bel as hulle enige inligting oor dié twee het,” het Nxumalo gesê.

Die DKD het geen besonderhede bekend gemaak oor hoe presies die twee uit die tronk ontsnap het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Phillip ·

Dis maklik of omkoop geld of vir hulle die verkeerde sliutels gegee of hulle vernom

Agter die skerms ·

Kry hulle net en sit hulle terug agter tralies. Iewers het mense sleutels wat verlore raak en mense net perongeluk ontsnap.

Jakes ·

Gegewe die aantal ontsnappings in 2020 kan dit seker nie te moeilk wees om so iets te beplan en uit te voer nie.

Boer ·

Plaas fotos van hulle op die berig sodat die mense hulle kan uitken!!!!!!!!!!!!!!

Alet ·

Ok gedink, ai hoe moet ek die polisie stasie bel as ek nie weet hoe hulle lyk nie?

Heinrich ·

Hoop hulle word vinnig gevang, dan kan hulle sommer maar bietjie langer bly vir die ontsnapping.

Nozi ·

Sorry, sal jul nie kan help nie. Ek het geen idee hoe hul lyk nie. As daar nou fotos was sou ons seker op die uitkyk kon wees. Hy gaan langs my staan en ek gaan nie weet dit is hy nie. Hoe het hul ontsnap?????? Seker maar by die deur uitgeloop.

Lorna ·

Ja ne as die geld reg is gaan deure maklik oop
Of dalk het hul n tonnel gegrou

Frederik C ·

Met DKD op jou spoor, hoef daar geen haas te wees nie.

Riaana ·

Ja geld maak als WAT krom is reguit, duidelik het hulle ons geld mal, “regering” omgekoop om daar uit te Kom, n guns vir n guns dis hoe dit in die tronk werk, en geld is eerste keuse guns…

tweeling ·

Hulle sal daardie chip opspoor en uitsny, hulle is gewetenloos

boerie ·

Seker lankal oor ons veilige grense terug na hulle vriende toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.