Groter polisiemag vir geweldgeteisterde Phoenix ná talle moorde

Bheki Cele, minister van polisie, het Phoenix in KwaZulu-Natal die naweek besoek nadat verskeie liggame ná die plundertogte gevind is. (Foto: Lirandzu Themba/Twitter)

ʼn Span van 10 speurders is saamgestel om die dood van 20 mense in Phoenix, noordwes van Durban, te ondersoek. Die mense het gesterf tydens die afgelope week se opstande wat tot ongebreidelde plundering en geweld in KwaZulu-Natal, en daarna ook Gauteng, gelei het.

Altesame 80 lede van die polisie se openbare orde-eenheid is ontplooi om die plaaslike polisie te help om beheer van die situasie te neem en saam met die weermag te werk om inwoners en hul eiendom te beveilig.

Bheki Cele, minister van polisie, het die gebied Saterdag besoek ná die dood van die minstens 20 mense aan die lig gekom het. Volgens die minister kan die dodetal selfs verder styg.

Hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om nie toe te laat dat misdadigers hul pogings om hulself te beskerm, kaap nie en sê daar word na “moordenaars” gesoek, nie na byvoorbeeld Indiërs of swart mense nie.

“Inwoners het die reg om hulself binne die raamwerk van die wet te beskerm,” het Cele gesê.

Hy sê egter geen profilering op grond van ras by byvoorbeeld padblokkades, of wanneer mense Phoenix probeer binnekom, sal geduld word nie. Dieselfde geld vir die intimidasie van mense, ook polisiebeamptes, of voorvalle waar mense aangerand, hul voertuie deursoek en aan die brand gesteek word.

Sommige mense wou glo die gebied binnegaan om te soek na hul geliefdes wat sedert die oproer vermis word.

Cele sê dit is blote misdadigheid en gaan nie geduld word nie.

“Die polisie gaan nie met misdadigers onderhandel nie. Diegene wat misdaad pleeg, gaan gevind en mee afgereken word, ongeag wie hulle is of waar hulle vandaan kom,” het die minister gewaarsku.

Volgens sy kantoor het Cele se gesprekke met inwoners bewerings van rassespanning, boendoegeregtigheid, die rol van sommige private veiligheidsmaatskappye en die polisie se tekortkominge, blootgelê. Dit het glo bygedra tot onrus in die gebied.

Die span ondersoekers wat aangestel is, sal ook ondersoek instel na bewerings dat plaaslike polisiebeamptes en private veiligheidsmaatskappye betrokke was by die geweld in die gebied.

Die minister het inwoners van die gebied ook gevra om in vrede saam met mekaar en die polisie te werk en met inligting oor misdadigheid na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Leana ·

Plaas hy eerder sy aandag vestig op die mense wat agter die hele storie sit en die mense los wat hule eiendom en area beskerm het omdat hy te sleg was om dit te doen.

Pio ·

Hy hoef nie te vêr te soek nie, hy moet net in die spieël kyk!

Pampoen ·

Daardie mense het hulle eindom en besighede teen kriminele misdadigers beskerm. Wil hoed hê mens moet eerder op n afstand staan en kyk hoe jou lewe vernietig word terwyl jy vir die polisie wag .. en wag … en wag? NO WAYS MISTER HOED! Ons is nie so n lamsak soos jy nie!

Piet ·

Stem Pampoen,,, Waar was Bheki gewees toe, dit verlede week hier rof aangegaan het,, Doodstil gewees,,,

Kompas ·

Hy moet ook eerder sy aandag vestig op die opleiding van sy polisiemag wat nie eers die situasie kom hanteer nie . Laat veel te wense oor.

Johann ·

Hoe kry jy die MADHATTER om iets te doen…eerder te laat doen? Jy gee hom n kans om RAS te sien en hoor!!!!!!! Want dis hom ennsy mede kaders se ONbevoegde beheptheid….RAS ISSUES!

Nie Verbaas ·

En hoeveel van die wat agter die hele ding sit is al gearresteer Cele? Tussen hom en “intilligensie” diens slaap hulle verder voort en almal sit nog in hulle ampte. Mooi CR.

Persheks Adri ·

Julle kon die situasie voorkom het, maar nee sit terug en sit die uniforms op hoë gereedheidsgrondslag pffft pateties! Gaan kry die mense wat verantwoordelik is vir die gemors hoed!

Nog ‘n goeie rede dat jy ons NIE ontwapen NIE!!! Julle het ons mooi gewys dat julle ons nie kan beskerm nie tsek hoed!

Oranje-Blanja-Blou ·

Ons moet nie so naif wees om te dink hy is so dom nie. Hy speel sy rol bedeling. Ons is in ‘n kommunistiese staat. Geen pos is per toeval deur ‘n “belangstellende” gevul nie. Sy werk is om met die belaglike geskepte landswette burgerlike verset te ontmoedigend.

Wielspore ·

Weens die swak toestand van die polisie waarvoor Cele verantwoordelik is het inwoners hul self beskerm teen plunderaars en nou word die rassisme kaart gespeel. Cele moet onbevoeg verklaar word om sy werk te doen.

mattk ·

Die grondwet gee aan almal regte enblyk my is ook geskryf om slegs kriminele te beskerm. Die Strafproses wet gee jou ook die reg om jou eiendom en lewens te beskerm teen hierdie misdadige optredes, maar indien jy dit doen, is jy rassisties en word vervolg, terwyl die kriminele beskerm word en vyfster behandeling in die tronke geniet.
“Die polisie gaan nie met misdadigers onderhandel nie. Diegene wat misdaad pleeg, gaan gevind en mee afgereken word, ongeag wie hulle is of waar hulle vandaan kom,” maar statistieke oor die jare bewys die teendeel, veral met ou Bekkie in die groot stoel.

Pieter J ·

Dit is duidelik dat Cele nie wil hê mense moet hulle woongebiede toemaak om hulself te beskerm nie. Ek dink sy ras onderrok hang ver uit.

Grassie ·

Daardie mense in Phoenix het hul eiendomme en lewens beskerm. Dit is blykbaar nie aanvaarbaar vir die hoedman nie. Moes hulle dan staan en kyk hoe misdadigers alles wat hulle besit vernietig. Dan word daar nog 10 speurders aangestel om die sg moorde te ondersoek. Die hoedman probeer die aandag van sy “our people” se wandade aftrek deur die Phoenix- bewoners as die boewe te probeer uitkryt.

Tanniepetoors ·

Hoekom op Phoenix konsentreer Cele? Die mense van Phoenix is paraat en het na hulself omgesien toe hulle moes. Gaan doen julle werk en soek die belhamels, nie die slagoffers nie.

Martie Smartie ·

Nou het hy weer ‘n groot mond. Toe die oproer werklike misdaad gepleeg was, was hy stil soos n muis. Tipies ANC. Micky muis goed en doringdraad regulasies is al wat hulle kan toepas

Amanda ·

Toe die chaos en anargie losbars is ou Grootbek doodstil en nou dat alles min of meer weer gekalmeer het kom hy met fanfare en grootpraat weer om mag te vertoon. Tipies ……

Cherokee ·

‘Hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om nie toe te laat dat misdadigers hul pogings om hulself te beskerm, kaap nie..’
Komende van een wat voorstander is daarvan dat selfverdediging nie moet dien as rede vir ‘n vuurwapen.

‘ “Inwoners het die reg om hulself binne die raamwerk van die wet te beskerm,” het Cele gesê.’
Vuurwapens ìs binne die raamwerk van die wet.

‘Hy sê egter geen profilering op grond van ras by byvoorbeeld padblokkades, of wanneer mense Phoenix probeer binnekom, sal geduld word nie. ‘
Dìt klink soos ‘n erkenning weggesteek onder ‘n hoed, dat swartes en slègs swartes verantwoordelik is vir die afgelope onrus-geteisterde paar dae.

JohanR ·

Te laat my maat…..the pigeon has flown the coop! Waaneer Squirrel sy nuwe kabinet op papier neer le moet jou naam bo aan wees on te #Voertsak!

Deon ·

Die lot begin nou al soos n grammofoonplaat wat vashaak klink

Debbie ·

Hy is meer bekommerd oor die looters wat beseer word of sterf as van die onskuldige publiek wat onder die looters ly

casper ·

Bietjie laat ne — oormore is hulle weer weg en die mense op hulle eie !!

Francois ·

Hy het geslaap. Pleks word hy gefire vir sy swak optrede.

gatgogga ·

Ek kan verstaan dat Cele sal probeer om die soeklig weg van sy onbevoegdheid te probeer draai, en weer die rassekwessie probeer aanwakker. Ek sal nie verbaas wees as Cele se simpatie met die kriminele RET le nie.
Maar hoekom laat Ramaphosa vir Cele toe om onder hierdie omstandighede nog rassespanning ook aan te wakker? Ons weet dat die drie TV nuuskanale oorgretig sal wees om enige moontlike rassespanning op te hemel.

Genis ·

Cele en hoof van Intelegensie, moet die eerbare ding en bedank… hulle moet ook aangekla word, vir dwarsboming…

Jack ·

Begin asb n fb groep: “Cele must go” Hoe kan hy elke aand sy kentucky eet terwyl duisende weens sy afwesigheid honger ly. Ramaphosa moet hom ondersoek en laat gaan. Weens sy afwesigheid was hy aandadig. Versuim om op te tree is dieselfde as om deel te wees van die gepeupel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.