Gru-botsing in Limpopo eis lewe van 9

Die wrak van een van die bussies. (Foto: Verskaf)

Nege mense is dood en 27 ernstig beseer toe vier voertuie Saterdagaand in ’n botsing op die R579 buite Mokopane in Limpopo betrokke was.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing het omstreeks 20:30 naby die Rafiri-nedersetting plaasgevind.

Volgens Ngoepe het ’n Nissan-bakkie ’n ander motor probeer verbysteek toe dit reg van voor met ’n aankomende Toyota Quantum-bussie bots.

“Nog ’n Toyota Quantum-bussie en ’n Mercedes Benz was toe ook betrokke,” het Ngoepe gesê.

Sewe mense is op slag dood en twee is by hul aankoms by ’n hospitaal dood verklaar.

Altesaam 27 mense is in die voorval ernstig beseer en na verskeie hospitale gehaas vir mediese behandeling.

Volgens Ngoepe is die polisie steeds besig met die proses om die oorledenes uit te ken.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Die wrak van een van die bussies. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Willie ·

Spoed en onbevoegdheid! Toemaar moenie bekommerd raak nie die nuwe strafpuntestelsel gaan sulke ongelukkke voorkom!

Leon ·

Slegte nuus. AARTO sal nie hierdie tipe van bestuur stop nie. Hy was nog onder die spoedgrens en ongelukke val nie onder die AARTO stelsel nie. Jy sal slegs punte verloor as ‘n verkeersbeampte jou sien. Daar is geen verkeersbeamptes op die pad nie, veral nie na 16:00 en voor 06:)), so die bestuurder is veilig.

Lindtjies ·

As mens sien hoe wetteloos en roekeloos die taxi bestuurders is dan is hierdie nie snaaks nie. Gaan kyk maar hoe verontagsaam hulle pad reëls en sper strepe. So asof hulle “untouchable” is.

Skyglazer ·

Lindtjies jy het nie mooi gelees nie , dit was geensins die taxi skuld die keer nie , die ander voertuig was verkeerd ! Hulle is nie enigste lief is om die padreels te oorskry nie ! Die manne met hulle duur karre ,suv en groot bakkies net so lef daarvoor en jy moet maar net padgee

Ig ·

En die Regering dink Aarto is die wonderstaffie? Al die ongelukke met taxis is die gevolg van “wettig” gekoopte lisensies en hierdie tendens van noodlottige ongelykke gaan net toeneem.

Elize ·

Wil iemand nie ASB vir ALLE taxi bestuurders en heelparty met blink motors gaan verduidelik wat n sperstreep en n geel streep beteken nie!!! Net miskien dink hulle dit is daar vir “gaan veilig verby” Soos die een bestuurder wat vir my geskreeu het dat die geel strepe daar is vir hulle om in te stop en te ry.

willem heitlager ·

overtaking a car with oncoming trqffic is killing

Haas ·

Waarom kan sekere mense netnie die doel van padreels verstaan nie al probeer mens wat, wats fout met hulle?

Elna ·

Die eerste gedagte wat by my op kom na die hoeveelste berig wat ek al gelees het van hierdie tipe ongelukke wonder ek hoe kan Sanral en die padongelukkefonds by bly met al hierdie enorme eisse? Is dit nie dalk ook n rede hoekom ons so ten duurste betaal vir brandstof en Diesel nie? Sodat die staat geld kan insamel vir die padongelukke fondse se enorme groot eisse teen hulle. Ek wonder maar net. Geld word so verduister en korrupsie geniet voorrang in SA. Innige meegevoel aan die naasbestaandes en familie.

Dewie ·

Manslag dit behoort moord te wees hyt willens en wettend n ongeluk veroorsaak en daardeur mense se dood veroorsaak

theo ·

die regering gee nie om nie, die taxi eienaars gee nie om nie. daar staan nog baie in die ry.

Jan Gloy ·

Al word die strafpunte toegepas in die land Suid – Afrika, die grootste probleem is die menslike faktor wat verkeerde besluite op die verkeerde tyd maak, wat lei tot ernstige ongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.