Gupta-broers glo in Doebai aangekeer

Ajay en Atul Gupta. (Foto: ANA)

Die Gupta-broers, Rajesh en Atul, is na bewering in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in hegtenis geneem.

Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement van justisie en korrektiewe dienste, het Maandagaand bevestig dat hy inligting van wetstoepassers in die VAE ontvang het dat Rajesh en Atul Gupta in hegtenis geneem is.

“Gesprekke tussen die verskeie wetstoepassingsagentskappe in die VAE en Suid-Afrika duur voort oor die pad vorentoe. Die Suid-Afrikaanse regering sal voortgaan met samewerking met die VAE.”

Maroela Media het vroeër berig Interpol het amptelik sogenaamde rooi kennisgewings vir Atul en Rajesh Gupta uitgereik in ʼn poging om die twee broers na Suid-Afrika terug te bring sodat hulle hier verhoor kan word. Interpol het egter geweier om rooi kennisgewings vir hul vroue, Chetali en Arti, uit te reik.

Hermione Cronje, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat (OD), het in Maart vanjaar aan Maroela Media bevestig dat die rooi waarskuwings uitgereik is. Dit het sowat sewe maande gevolg nadat die OD in Julie verlede jaar aangekondig het dat hy rooi kennisgewings teen die broers en hul vroue bekom het, maar dit later duidelik gemaak het dat hierdie kennisgewings slegs “onder oorweging” is.

Die rooi kennisgewings wat uitgereik is hou verband met die R25 miljoen-saak rakende Nulane Investments wat in Junie weer in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor sal word. Dié saak hou verband met beweerde tenderbedrog ten bedrae van R24,9 miljoen wat tussen November 2011 en April 2012 deur die Vrystaatse departement van landbou aan Nulane betaal is.

Van Nulane is die geld oorgeplaas na Islandsite Investments, ʼn maatskappy wat deur die Guptas besit en bestuur word.

Die R24,9 miljoen is glo aan Nulane betaal om ʼn lewensvatbaarheidstudie te doen vir die Vrystaatse departement van landbou se Mohoma-Mobung-projek – op die grondslag dat Nulane die unieke vaardighede het om dit te doen.

Die omstrede Vrede-suiwelprojek wat aan Estina, ʼn oënskynlike bemagtigingsmaatskappy, toegeken is, is ingevolge dieselfde program op die been gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

SjN ·

Plaas n losprys op hulle, baie SA ners sal hul met liefde gaan haal en hul veilig terug bring, praat net, Sapd sukkel.

Anton ·

Hulle word siek, verander regs verteenwoordigers en so voorts. Twyfel of hulle ooit eers in Suid Afrika sal aankom, wat nog van tronk toe.

Pieter ·

Die Guptas interesseer my min. Los hulle uit, hulle het net hul kans gevat. Die probleem lê by die ANC wat dit toegelaat het, beginnende by Mbeki.

Christine ·

Hierdie is net ‘n ploy om die aandag weg te vat van Ramaphosa se ondersoeksaak van die diefstal by sy plaas en belastingontduiking.

Strandloper ·

Gliberige knape die, meng nou met bad company anc en gooi zumpie en cr by en top op met voël verskriker en hoed en jyt n hekse brousel wat geld in banke wegsteek.

Deon ·

Is Zondo te vertroue? Elke keer wat die pres voor hom verskyn het was dit n “toneel speel” affere.

Kensy ·

In n ander land sou mense seker dink dus n stap in di regte rigting.
Hier in SA is dit egter slegs die begin van n baie duur en baie lang dans.

Jr ·

Glo maar hier kom choas in Suid Afrika. Hierdie twee voeltjies gaan nou begin sing. Mense gaan uitgehaal word. Politieke grense gaan geteken wees. Onstabiliteit in die cANCer party. Ons gaan verbaas wees wie is in die sakke. Kry solank die popcorn uit, hier kom ‘n riller

Lourens CFG ·

Ons hoop maar hulle raak staats getuies en bring al die geraamtes uit.

Vernon ·

Stem Jr..hier is n paar manne en vroue wat maar min slaap gaan kry…hulle moet boet.

Kensy ·

Die pionne is gearresteer maar hulle instaatstellers “is still living large!!”

Miena ·

Gaan al die ander sake wat hulle by betrokke is ook sommer dalk nou aandag kan begin geniet omdat hulle dan mos in SA sal teenwoordig wees? Gaan hulle weer op Waterkloof land? Gaan hulle n besoek kry vanaf die inwoners van Nkandla? Ons myners (hier in MP) wat werk verloor het moet sommer maar almal opmars elke keer wanneer die drie-hoekie-koekie-eters hul verskyning maak in n hof erens.

Vernon ·

Hier is hoogere manne wat gaan keer dat daai 2 uitgelewer word,hulle is bang oor wat mag uitkom. Maar ek voorspel weer n Zuma verhaal .

Nie Verbaas ·

Is die Gupta storie nou n lokmiddel om die aandag van Ramaphosa af te vat? Hulle sal niks oorkom nie en ook nie Zuma nie.

gatgogga ·

In elk geval, ons NPA (NVG) is te onbevoeg om hulle aan te kla.
Tweedens, ek dag Hermione Cronje het die NVG verlaat?

Willi ·

Daar sal niks van kom nie, na 20 jaar sukkel hulle nog steeds om Zuma in die tronk te kry. en al die korruptes loop nog vry rond.

Marisa W ·

Die tydsberekeing is vir my vreeslik verdag – word die aandag nou hiermee van ons agbare president afgelei?

Sarel ·

0ns weet fie SA Regstelsel…indien hier aanland gaan vervolging jare duur….Borgtog…aansluit by die
Zuma Faksie en hulle taktiek om te spring van Hof tot Hof en o ja hulle gesondheid gaan imgee…SA Styl

Shakespeare ·

Ek waarborg julle dat dit nog 20 jaar sal vat om hulle te vonnis met ons gebreklike BEE regstelsel ( as hulle nie totaal vrygeskeld word nie)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.