‘Guptas is ʼn vlugrisiko’

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Adj.pres. Cyril Ramaphosa is Dinsdag versoek om te verseker dat die land se grense op ʼn hoë gereedheidgrondslag geplaas word nadat die Valke glo lasbriewe verkry het om minstens een van die Gupta-broers in hegtenis te neem.

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het die versoek aan Ramaphosa gerig in ʼn poging om die Gupta-familie te verhoed om landuit te vlug voor hul dreigende inhegtenisnemings.

“Ons kan hulle nie toelaat om Suid-Afrika te verlaat nie, nog minder met die hulp van die regering soos in die geval van Omar al-Basjir nie,” het Maimane gesê.

Maimane het gesê na aanleiding van berigte dat die lasbriewe vir die inhegtenisneming van een Gupta-broer sowel as ʼn hooggeplaasde politikus voorberei word, moet die land se grense en lughawens dringend versterk word om te verhoed dat die Guptas deur die net glip.

“Dit is onwaarskynlik dat die Gupta-familie sal sit en wag vir hul inhegtenisneming. Daar is ʼn sterk moontlikheid dat hulle gaan poog om uit die land uit te vlug, as hulle dit nie reeds gedoen het nie.”

Maimane het daarop aangedring dat Ayanda Dlodlo, die minister van binnelandse sake, so gou moontlik vasstel of die familie nog in die land is en die land se grense op hoë gereedheid plaas aangesien “die Guptas ʼn vlugrisiko” is.

City Press het Maandag berig die Valke het op aanklaers van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gewag om die lasbriewe te teken sodat die inhegtenisnemings gedoen kan word.

City Press berig ook daar is beweer die NVG se batebeslagleggingseenheid sal Maandag nog bewaringsbevele bedien aan maatskappye wat met die beweerde staatskaping, waarby die Gupta-familie geïmpliseer word, verbind kan word. Volgens City Press is die bewaringsbevele vir bates ter waarde van ongeveer R1,6 miljard.

“Dit is geen geheim dat pres. Jacob Zuma diep betrokke is in hierdie saak deur sy verhouding met die Guptas en hul gesamentlike staatskapingspogings nie. As die president nie bo verdenking is nie en nie op ʼn onpartydige wyse kan optree nie, moet die adjunkpresident, as tweede in bevel, in die beste belang van die land optree. Die adjunkpresident was uiters vinnig om staatskaping te veroordeel, daarom moet Ramaphosa sonder versuim optree,” het Maimane gesê.

Maimane het gesê die Guptas, sowel as met Zuma, moet hul dag in die hof kry vir hul rolle in die beweerde staatskaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

PJC ·

Hulle moet mooi kyk anders word hulle met die presidensiële straler vanaf Waterkloof ui die land gehelp.

Alida ·

Natuurlik sal Zuma hulle help vlug! Hy is mos baas van die plaas!

Hansie slim ·

PJC, baie goed gestel. Ek dink Waterkloof is die eerste “grenspos” wat toegemaak moet word!
Sal dit nie ‘n jeuglike dag wees as die lot aangekeer word nie. Ek gaan koop sommer nou al vir my vonkelwyn net vir ingeval. Of dalk moet ek nie te gou begin party hou nie.
Daar kan nog baie gebeur!

zoom zoom ·

Wie en watter army gaan keer dat hylle vanaf Lmb Wklf af vertrek. Zuma is dan die pa van die SA weermag. Teen die tyd het iemand na aan hulle reeds n plan om allrs te omseil en dan is dit kobaai pappegaai.

Ouman ·

Hulle is heelmoontlik al klaar landuit. Die ondersoekprosesse is te stadig en die lek van inligting dien as waarskuwing vir die “beskuldiges” om te vlug. Klink ook asof daar net te veel is om te ondersoek en te min hande om dit te doen

Cherokee ·

Hou net alles tjoepstil dat hulle nie uitvind daarvan en vlug nie.

Hanna ·

Hulle is heelwaarskynlik reeds land uit. As Zuma die gesoekte, misdadiger president van Soedan so vinnig hier kon wegkry… Hoop net hulle het die hele Zuma-gespuis ook saamgevat!

Duns ·

Ek dink Zuma en sy tjommies het hulle lankal landuit met baie van ons biljoene. Hulle wag vir Zuma oorsee on saam te kom vier en spandeer. Hy het nie verniet vir al wat ‘n ‘ koning ‘ is, ‘n verhoging gegee nie.

bloues ·

Duns. Dink mooi. Sake manne soos die Guptas het net vriende as die vriende iets kan teruggee. Zumpie gaan een van die dae nie meer tenders en dinge kan reel nie, dan sal die Guptas hom verwerp. Ek is seker di gaan binnekort gebeur

Ander Annie ·

Die Guptas het lankal koebaai gesê na Dubai. Ek sien hartlik daarna uit om die saak dop te hou. Die Zuptas se skade gaan baie lank neem om te herstel. Die soustrein stoom onverpoosd voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.