Die Gupta-familie is van plan om ʼn uraanmyn op die JSE te noteer om R800 miljoen van beleggers in te vorder, het Beeld Saterdag berig.
Die Guptas sal op 28 November die energiemaatskappy Oakbay Resources and Energy op die JSE noteer om die Dominium-uraanmyn te ontwikkel. Oakbay Resources besit Dominium, en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, was ʼn direkteur by die maatskappy wat Oakbay Resources besit.
Dit kom ná berigte verlede maand dat Suid-Afrika ʼn grootskaalse kernkragprogram wil aanpak.
Die Guptas se houermaatskappy, Oakbay Investments, het Vrydag in ʼn verklaring gesê hy doen ʼn lewensvatbaarheidstudie in die lig van die verwagte verhoogde aanvraag na uraan.
Dis n koop! Vir ouens met aptyd vir risiko is hierdie iets om na te kyk.
Dis natuurlik hulle goeie reg om aansoek by die beurs te doen om die maatskappy te noteer.
Maar as hulle dit regkry is dit natuurlik jou en my goeie reg om te besluit of ons aandele in die maatskappy wil bekom of nie.
Ek dink nie ek sal probeer nie – so amper uit beginsel uit want ek vertrou niemand wat uit daardie deel van die ooste kom nie. Maar mense wat graag dobbel, kan anders dink want die Guptas kan geld maak – of jy niu van hulle hou of nie!