Suzanne Leyden, die 36-jarige ma en onderwyseres van Randburg, wat Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg deur ʼn bakkie saamgesleep is, reageer op aanraking.
Lees meerAlles vir Saterdag 22 November 2014
Nigerië-ineenstorting: Toetse op DNS-monsters baie moeilik
Genetiese toetse om die oorskot van 84 Suid-Afrikaners wat gesterf het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, is baie moeilik, het die Saturday Star berig.
Goeie Nuus: Foto’s: Lukrake weldade
Maroela Media het die afgelope week saam met verskeie organisasies gefokus op goeie nuus. Hier is ‘n paar foto’s wat bevestig dat mense nog goedhartig is en ‘n vreemdeling soms jou vriend in nood is.
Agt kandidate vir OVK-pos
Die name van agt kandidate vir die pos van die OVK-kommissaris is by die parlement ingedien.
Kragonderbrekings duur voort
Kragonderbrekings duur Saterdag landswyd voort, het Eskom gesê.
Guptas wil energiemaatskappy op aandelebeurs noteer
Die Gupta-familie is van plan om ʼn uraanmyn op die JSE te noteer om R800 miljoen van beleggers in te vorder, het Beeld Saterdag berig.
KZN-ongeluk eis 7
Minstens sewe mense is dood toe ʼn sedan en ʼn bakkie mekaar op die N2 naby die Dokodweni-tolhek in KwaZulu-Natal getref het.
Hawelose Duitser in Thailand vas oor tempel-diefstal
ʼn Man van Duitsland is in Thailand in hegtenis geneem nadat hy Vrydag donasies by ʼn Boeddhiste-tempel gesteel het.
Video: Vou die wêreldrekordpapiervliegtuig
John Collins, die Guiness wêreldrekordhouer vir die beste papiervliegtuigontwerp, wys in dié video vir jou hoe om die beste papiervliegtuigie te vou. Kyk gerus ook na die oulike rekordpoging onderaan die berig.
Video: Polisie ondersoek demilitarisering
Die polisie sê hy ondersoek die moontlikheid om die mag weer te demilitariseer maar gee toe dit gaan waarskynlik nie binnekort gebeur nie.
Ebola-uitbreking in Mali eis 6
Die leiers van die Verenigde Nasies en die Wêreldgesondheidsorganisasie het Vrydag hernude kommer uitgespreek oor ebola in Afrika en veral die moontlike verwoestende effek wat dit op Mali kan hê.
Zim-stormloop: Polisie ontken gebruik van traangas
Die polisie in Zimbabwe ontken die gebruik van traangas tydens ʼn stormloop by ʼn kerkdiens waartydens 11 mense dood en minstens 40 beseer is.
Gedagte vir die dag: Eind goed, alles goed
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dit: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? (Rom 8:28, 31)