‘Helfte van Pretoria’ sonder krag

ʼn Probleem by die Njala-kragstasie het tot onderbrekings by verskeie ander substasies gelei. (Foto ter illustrasie: Yaoqi LAI)

Groot dele van Pretoria-Oos en -Noord is Donderdag sonder krag gelaat nadat ʼn dubbele kragdraad van 132 kV by die Njala-kragstasie uitgeskop het.

Luidens ʼn plasing deur die Tshwane-metroraad op Twitter word die Wapadrand-, Waltloo-, Mooikloof-, Mamelodi-, Koedoespoort-, Pumalani- en Pyramid-substasie deur die onderbreking geraak.

Verwarde inwoners het hulle tot Facebook gewend om agter die kap van die byl te kom aangesien fase 2-beurtkrag weer van Woensdag 11:00 ingestel is.

Luidens ʼn boodskap deur Malcolm de Klerk, DA-raadslid, word die helfte van Pretoria hierdeur geraak.

“Neem asseblief kennis dat daar gewerk word om alles so gou moontlik weer aan te skakel. Neem in ag dat alle hoëladingstoestelle en geisers afgeskakel moet word om onderbrekings by plaaslike substasies te vermy.”

Daar is in dié stadium geen aanduiding van wanneer die kragtoevoer weer na geraakte gebiede herstel sal word nie.

“Net ʼn trip by Njala. Kom gewoonlik gou reg. Hou moed,” het ene Annemarie Nortjé op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

VaalDonkie ·

As ek nie afgedank word oor ek nie wil inent nie, gaan ek my bonus in Junie gebruik om sonpanele op my dak te sit sodat ek sonder Eskom kan klaarkom. Ek wil net genoeg he om te kan werk en bietjie TV te kyk in die aand. Verder het ek gas vir kos en die geyser en ‘n generator.

Witbaard ·

Wag maar eers en kyk hoe die regering jou gaan belas om jou eie krag te genereer voor jy derduisende rande uithaal

piet ·

Gebruik net elektriese krag vir klein elektriese apparate, toestelle. Gas is baie meer ekonomies (en betroubaar) vir geyser, stoof, yskas, ens.

VaalDonkie ·

Ja nee. Ek het jare gelede ‘n gasstoof gekoop vir die snaaksigheid en nog nooit spyt gewees nie. Die ding was maar R2000 net soos die goedkoopste elektriese stoof by Game. En ek kan kook of bak as die krag af is. Twee 9kg bottels hou my ‘n jaar.

Piet parys ·

Jy moes 2 jaar gelede se bonus gebruik het vir solar dan het jy rustiger geslaap. As jou bonus groot genoeg is vir die solar dan verdien jy seker 3miljoen n maand .

Marius ·

Eers het die klein dorpies se dienste tot stilstand gekom weens swak onderhoud en die laaste paar jaar begin die groot stede ook een na die ander val. En dit alles onder die bestuur en beheer van die anc.

Sonette ·

Wat is nuut?
Dit is nie meer nuus nie….ons is moeg vir verskonings!!

Wakkerslaper ·

Ons moet nie nou moan nie, ons wou mos ‘n “Afrika demokrasie” gehad het. Geniet hom nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.