Hengeluitstappe eindig tragies vir 70-jarige

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Argieffoto: Christo Brits

ʼn 70-jarige man van Constantia in Kaapstad het Vrydag in ʼn fratsongeluk gesterf terwyl hy gaan hengel het.

Darren Zimmerman, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Simonstad, het gesê nood-en-reddingsdienste is omstreeks 17:00 na Rooikrans by Kaappunt, suid van Buffelsbaai, ontbied, nadat berigte ontvang is dat ʼn hengelaar van die rotse af geval het.

“NSRI-bemanning, paramedici en hul toerusting is met ʼn seevaartuig na die kuslyn geneem waar die man geval het. Die man het tussen 7 en 8 meter ver geval en op die rotse beland,” het Zimmerman gesê.

Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by hom uitgekom het en sy hart het kort daarna gaan staan.

“Kardio Pulmonêre Resussitasie (KPR) is dadelik toegepas, maar ten spyte van alle pogings om die man by te bring, is hy op die toneel dood.”

Die man se liggaam is na die strand geneem en aan die forensiese patologiedienste oorhandig.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

miv ·

Ai tog, wat n tragedie, ek lei af die ou omie het alleen gaan vis vang. Het seker nie iemand gehad om hom te vergesel nie. Meegevoel en sterkte aan die agtergeblewendes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.