Hennopsrivier ‘herstel’ danksy rommelstrikke

Willem Snyman (Foto: Fresh/Facebook)

Sowat 500 000 ton plastiek spoel na raming jaarliks in die Hennopsrivier in Gauteng af. Nou beywer ’n nieregeringsorganisasie hom daarvoor om die tonne en tonne plastiek en ander rommel uit die rivier én ander te verwyder.

Dít word gedoen deur sogenaamde strikke met kabels en nette oor die rivier te span waarmee tonne rommel opgevang word wanneer dit weens swaar reën rivier af gespoel word.

“Daar kom soveel besoedeling uit Gauteng. As ons dit hier bo kan keer en dit by die oorsprong van riviere kan hou, sal dit ’n groot verskil maak,” sê Willem Snyman, direkteur van Fountain Rivers Earth Sanctuary Hennops (Fresh).

Fresh het tans kabels en drie nette van verskillende grootte by onder meer Olievenhoutbosch en Kaalspruit in die Olifantsfontein-vleiland naby Midrand in Gauteng gespan, waar sowat 150 ton rommel onlangs te midde van swaar reën opgevang is.

(Foto: Fresh/Facebook)

Die rommel wat versamel word, is meestal huishoudelike afval en kom onder meer van informele nedersettings langs die vleilande, of rommel wat by byvoorbeeld by brûe gestort word.

Riviere het nie-amptelike stortingsterreine geword, sê Snyman.

“Daar kom ook ongelooflik baie ander goed af tydens oorstromings. Die kabels vang hierdie groter en swaarder items op terwyl die nette plastiek opvang. Dit is ’n ingewikkelde proses en ook ’n groot uitdaging om die nette skoon te maak.”

Dit het net verlede week alleen agt mense geverg om ’n net skoon te maak, vertel Snyman.

(Foto: Fresh/Facebook)

Die nieregeringsorganisasie poog om spesifiek die probleem van afvalplastiek in riviere op te los.

“Dit is só skadelik. Dit gee toksiese gasse af en die probleem is dat dit jare lank in die waterstelsel bly. Dit breek nie af nie en diere gaan dood [as gevolg daarvan]. Dit is eintlik ongelooflik wat ons aan ons omgewing doen.”

Vir Snyman wat hom al meer as vier jaar beywer om plastiek uit riviere te verwyder, is daar vervulling daarin om ʼn rivier te help skoonmaak.

“Dit is só mooi om te sien hoe ’n rivier herstel, ontslae raak van die gemors, sy vloei verbeter en net weer vry word.”

Fresh se werk word moontlik gemaak deur eie finansiering, skenkings en enkele vrywilligers.

Om meer uit te vind oor Fresh se opruimingswerk, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Dit is uiters ontstellend om te aanskou hoeveel gemors in ons riviere gestort word! Ons land het absoluut ‘n rommelhoop geword, omdat daar sóveel mense is wat nie ‘n duit omgee nie, want die basiese opvoeding ontbreek. Willem Snyman en sy organisasie behoort finansieel en fisies ondersteun te word vir sy verdienstelike werk.

Elsabe

Wow, welgedaan en baie dankie aan Willem Snyman en Fresh!!

katerinadiekat

Tipies van hierdie land. Miljoene sprinkane breek af, vernietig en voel oor die algemeen n veer. Ek wil eintlik n ander woord as veer gebruik. En n handjievol vlytige miere probeer die skade herstel. Ek wens ek het geld gehad gehad om te skenk aan Mnr. Snyman en FRESH se werkers.

Dup

“Informele nedersettings = misdaad en besoedeling.

J

Wonderlike werk wat Willem Snyman en sy mense van FRESH doen! Ons Stadsrade behoort sulke werk te finansier uit ons belasting deur ‘n paar nuttelose FATCATS af te dank en die salarisse te kanaliseer na die werkers by FRESH! Verder behoort die groot besighede wie se verpakkingsmateriaal ons riviere verstop, verplig te word om dieselfde produkverspreingsnetwerk te benut om die afval te herwin. Gee klein belonings aan werkloses en kinders om die afval terug te besorg by die supermark waarvandaan dit kom. Langtermyn gevangenes (bandiete) behoort die kans gebied te word om hulle “skuld” teenoor die gemeenskap te betaal deur… Lees meer »