Herrie ná ‘man’ vrouegeriewe by Kaapse gimnasium gebruik  

(Foto: Skermskoot/Google Maps)

Virgin Active Suid-Afrika het bevestig dat transgender individue wat hul oorgang na ʼn ander geslag voltooi het en hul identifikasiedokumente bygewerk het om hul geslagsidentiteit te weerspieël, toegang tot geslagspesifieke fasiliteite kan verkry.

Dit kom ná ʼn herrie op sosiale media ontstaan het en Virgin Active behoorlik moes bontstaan om vrae te beantwoord nadat daar aangevoer is dat ʼn manlike transgender individu die geriewe vir vroue by die groep se Claremont-gimnasium in Kaapstad gebruik het.

Virgin Active het gesê mans word nie toegelaat om te enige tyd toegang te verkry tot slegs vroueruimtes soos kleedkamers nie ten einde almal se gemak en veiligheid te prioritiseer. Volgens Virgin Active het die betrokke lid egter “vrywillig alle vereiste dokumentasie verskaf wat haar identiteit as vrou bevestig”.

“As sodanig word sy toegelaat om toegang te verkry tot die vrouefasiliteite in Virgin Active-klubs.”

Volgens Virgin Active moet lede hul oorgang voltooi het, insluitend chirurgie en hormoonvervangingsterapie. “Ons private gesinskleedkamers is beskikbaar tydens die oorgang. Sodra die oorgang voltooi is, kan lede die toepaslike kleedkamers gebruik.”

Volgens Virgin Active prioritiseer hy die handhawing van ʼn respekvolle omgewing vir al sy lede. “Toegang tot geslagspesifieke fasiliteite word verleen sodra ʼn lid hul volle oorgang voltooi het.”

Rakende kommer oor waaraan kinders blootgestel kan word met die gebruik van sekere fasiliteite, het Virgin Active gesê die welstand van sy lede, veral die veiligheid van kinders in sy klubs, is uiters belangrik.

“Ons moedig ouers van kinders aan om ons gesinskleedkamers te gebruik waar beskikbaar of om ons gespesialiseerde fasiliteite te gebruik wat aangepas is om hul behoeftes te akkommodeer om ʼn gemaklike omgewing vir hulle te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Aai ·

Een van die dae is daar kleedkamer is elke kleur en geur.HA HA

Diepoppie ·

Um nou wie het hierdie persoon as n man uitgewys as die transgender persoon nou al die nodige goed gedoen het om soos n vrou te lyk? Kyk ekt n groot probleem as dit nog n man – met al sy manlike geslags dele wat by n vroue badkamer ingaan. Maar die transgender persoon het deur al die stappe gegaan om n vrou te word. So hoe gaan dit lyk as hy as n vrou by die mans badkamer instap?

Kattebol ·

As die persoon nog so erg manlik lyk dat dit traumatise is vir vroue in dieselfde kleedkamer, waar kan ons vroue ons klagtes opper en wie kyk na ons regte!

Nerina ·

Die heel beste is kleedkamers wat vir almal beskikbaar is en nie aan geslag gekoppel is nie, MAAR met behoorlike deure vir toilette en storte waar elkeen in sy privaatheid sy of haar ding kan doen! Die meeste mense het respek vir mekaar se privaatheid en hulle moet saamstaan om kriminaliteit uit te roei en nie vir die hopelose regering en sy wetstoepassers wag nie!

Kattebol ·

As die persoon nog so erg manlik lyk dat dit traumaties is vir vroue in dieselfde kleedkamer, waar kan ons vroue ons klagtes opper en wie kyk na ons regte!

Alta ·

Hierdie is Nie Amerika Nie hier gaan jy pak Kry ,kom reg die kom van JESUS is om die draai!

George ·

As dit alles inlyn is met VA se reels en regulasies, sien ek geen fout hier nie.

miche ·

Dis net ‘n voorsmakie van wat in ons skole binnekort gaan gebeur en toegelaat gaan word.

Bernard ·

As ‘n lid stel ek aparte geriewe voor vir “Chicks with Assets.”

ES ·

Maak dan nou “geslagsneutrale” kleedkamers beskikbaar, net soos wat daar vir mense in rolstoele is, wat afgesonder is van mans en vroue kleedkamers. Dokumente verander nie jou geslagsdele nie. As daardie persoon genoeg soos ‘n vrou gelyk het, sou niemand dit agter gekom het nie – die feit dat mense gekla het druk dit duidelik uit dat hulle kon sien dat die individu biologies ‘n man is.

Hoekom word hierdie een persoon se regte verhef bo al die vroue wat ongemaklik en bedreig gevoel het? Die wereld is mal.

etienne ·

Lekke lekke, wys mekaar lekke plekke ………………………….lol

Waarom ·

As ‘n man sal ek ook ongelukkig wees as my vrou of dogter so kleedkamer gebruik.

Pieter ·

Die is nou vir jou n gemors. As jy wil verander bring dan jou eie toilet saam as die huidiges nie vir jou werk nie. Die wereld is siek. En die mense sonder die geestes probleem moet maar net inval en die mense gee wat hulle soek. Daar is tyd dat mens almal moet in weskoppies sit en waar hulle ook al hulp kan kry en ophou ingee. (Die vertel my net een ding, jy se God het n fout gemaak met jou geslag. Wat ek nie glo nie.)

melaney ·

Uiteindelik sal alle ordentlike mense ander planne maak. Soort soek soort.

Daisy ·

Goeie rede om nie publieke plekke en toilette te gebruik nie – bly by jou huis; dis veiliger

Anel ·

Goeie genade!!! Waar is die vroueregte dan nou? Lyk my die geestesversteurdes het nou meer regte as normale mense! As Vergin Active dan nou so stetk voel oor die snaakse spul se voorkeure, sonder dan ‘n badkamer af spesiaal vir hulle. So ‘n persoon sal defnitief tweede, derde en laaste kom as dit by ‘n badkamer in wals wasr ek is. Eintlik vat hy God in die gesig deur te sê dat hy verkeerd geskape is! Maar die twak wasi oor van die VSA en GB!! Moet ons alles slaafs navolg van die spul? Wees trots op wie jy is.

Nommer 7 ·

So, ‘n verbeelding en ‘n mediese prosedure kan ‘n geboortesertifikaat tot nuut maak!

Quinzie ·

Om die eerlik, opreg, onskuldige wetsgehoorsame landsburgers te beskerm moet die wet voorsiening maak vir drie badkamers. Een vir vroue, een vir mans en dan een vir die res van hulle wat nie weet waar “hulle” hoort nie !
So het “hulle” ook ‘n veilige plekkie sonder voorval ?

Nici ·

So as hierdie persoon ‘n vrou is, hoekom was daar enige twyfel of ontsteltenis by enige iemand? Verander amputasie en vals dokumente die waarheid van biologie?

Hussin ·

Ek dink die oplossing is maklik hier. Niemand het regtig Virgin Active nodig het nie.

Jaco ·

Net een oplossing, vermy Virgin Active. Ek staan nie daarvoor wat hier aangaan

Koen ·

@Pieter…en mense wat met gebreke gebore word. Soos sonder arms of bene. Het god dan nie ook ‘n fout gemaak nie nie. Jou god se skepping is baie ver van volmaak.

Johan ·

Daai ‘dame’ sal nog steeds vir n prostaat ondersoek moet gaan as hy 40 slaan.

Bolandse Nooi ·

@Johan … daai klier word ook uitgehaal as hulle geslagsveranderingsoperasies ondergaan. Wat jy nie het nie, hoef nie ondersoek te word nie … nooit nie!

AREND1 ·

Hussin en Jaco.Ek stem volkome saam met julle en God maak nooit foute nie,want hy almagtig.

Bolandse Nooi ·

@Hussin … nie almal kan “home gyms” bekostig nie. Nie almal kan soggens om 05:00 gaan draf nie. Daarom is gimnasiums steeds nodig – ‘n plek waar mens met redelike veiligheid en vryheid kan gaan oefen op verskeie maniere, met verskeie stukke toerusting en in verskeie klasse (en glo my, ek is NIE ‘n gym-voorstander nie, ek is ‘n “couch potato” en mens kan dit sien!).

Regtigegtig ·

Daar is gelukkig baie ander gyms sal eenvoudig skyf., want hulle gaan sukkel om die storie te monitor.

Hussin ·

@Bolandse Nooi, prioriteite. Maklik, soos ek gesê het niemand het dit REGTIG nodig nie. Daar is altyd ‘n manier. Mense oortuig hulleself rankende soveel goed wat hulle “nodig” het. Daar is altyd ‘n beter manier. Soveel van vandag se “nodig” is totaal onnodig.

JohanR ·

Dankie. Ek gaan stort by my eie huis. Hoef nie na ‘n man na vrou, of vrou na man te kyk nie….dankie!

ANGELIQUE ·

@pieter … jy weet seker weskoppies is vir geestelik , verstandelik en fissies gestremde mense en kinders wat so gebore is en geskape is deur God dis nie vir iemand wat nou net voel hy is nou transgender nie … en almal wil die woord van God kom uit pluk maar vergeet waar dit se jy het geen reg om te veroordeel nie die dag sal kom waar hulle veroordeel word en daarby sal jy nie betrokke wees nie dis n saak tussen God en daai persoon .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.