Herstel van parlement kos byna R3 miljard

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Herstelwerk aan geboue wat in Januarie tydens die brand by die parlement beskadig is, gaan na raming R2,8 miljard beloop en dit gaan minstens drie jaar duur om die werk af te handel.

Die geboue het in Januarie vanjaar aan die brand geraak en verskeie vergadersale, komiteevertrekke en byna 500 kantore is verwoes. Zandile Christmas Mafe is kort ná die brande aangekeer en staan tereg op aanklag van huisbraak met die doel om ʼn brand te stig, brandstigting, terrorisme en diefstal. Die saak teen hom duur steeds voort.

Volgens Xolile George, parlementêre sekretaris, is die tegniese assesserings van die beskadigde geboue afgehandel en kostebepalings is gedoen.

Dit sal na raming sowat R389 miljoen kos om die Ou Raadsaal te herstel en nog R990 miljoen om die Nasionale Vergadering-gebou reg te maak. In die mediumtermyn is byna R660 miljoen nodig vir ʼn tydelike gebou wat kantore en modernisering insluit, sê George. Nog sowat R81 miljoen is nodig vir parlementêre bedrywighede.

Volgens George is daar reeds met die nasionale tesourie vergader en sal ʼn opvolgvergadering binnekort gehou word sodat die volledige assesserings wat die departement van openbare werke oor die skade gedoen het, aan hulle oorhandig kan word.

Die tesourie wil ook self ʼn inspeksie van die geboue doen.

Die gebruik van die Kaapstadse stadsaal is steeds ʼn opsie, hoewel langtermyn-huurkoste nog bepaal moet word. Die stadsaal kan 600 mense op sitplekke akkommodeer, nog 264 in die galery en 64 in afskortings. Die gebou kan dus vir groot geleenthede gebruik word tot daar op ʼn alternatief besluit kan word.

Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur, sê die party waarsku al sedert 2019 oor die staat se swak bestuur van geboue en geboue wat leeg staan en dat dit die land se belastingbetalers jaarliks miljoene rande kos.

“Die parlementsgeboue self is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Die brand kon nie in bedwang gebring word nie en daar is hieroor bevind dat die parlement nie aan vereiste brandregulasies voldoen het nie,” sê Van Staden.

“In 2020 is al bevind dat die parlement se brandbestryding- en ventilasiestelsel nie na behore in stand gehou word nie.”

Van Staden sê volgens ʼn verslag van Infrastruktuur Suid-Afrika word 62,6% van die staat se geboue as gangbaar tot sleg en uiters sleg beskou. Naastenby 2 000 staatsgeboue staan leeg en 1 042 word onwettig beset. Volgens die organisasie is die departement van openbare werke in infrastruktuur se begroting boonop onvoldoende om die agterstand met instandhouding uit te wis.

“Die VF Plus herhaal sy waarskuwing dat die staat beter na sy bates moet omsien om dit van verval te red. Dit is ʼn belegging waarop hy moet kapitaliseer en die onus rus op die departement van openbare werke en infrastruktuur om die instandhouding te doen.

“Deur na te laat om dit te doen, veroorsaak ʼn drastiese waardevermindering van die bates en die staat sal onvermydelik groot verliese ly met die verkoop daarvan. Eindelik is dit die belastingbetaler wat hiervoor moet opdok.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

marius ·

Sloop die plek en sit ‘n paar markies tente op ….met beddens sodat hulle rustig verder kan snork .

Waarnemer ·

3 miljard. Ya sure….en SAID gaan daarvoir betaal…met ons geld.

Kobus ·

Sloop die plek en vestig parlement in Pretoria. Sentiment aan ou parlementsgebou is laaaaankal vernietig

Barend ·

Dis net snaaks dat ou geboue oral deur die land so sonder rede begin brand.

Hedda ·

Die Parlement was nie “sonder rede” nie, dit was blatante brandstigting.

Wondermaarnet ·

Regtig??? Wie is die wenner van die tender? Kry ‘n geen BEEE maatskappy en die bedrag is meer as die helfte minder.

Nommer 7 ·

Kry Sol-Tech se bouers, dan sal dit net ‘n paar miljoen kos.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou kan die staat ‘n groter gebou oprig. In Afrika styl met koepelvormige hutte, en natuurlik ‘n kraal vir belangrike seremonies.

Pannies ·

Die laaste sin som dit op. Dis net die belastingbetaler wat betaal vir hul onbevoegdheid.
Verkoop die geboue en maak die staatsdiens kleiner.
Hulle is nie bevoeg om dit na wense te bestuur nie.

Elma ·

Wonder hoeveel “help n pel” tenders is toegeken. My oom se tannie se boetie se swaer.

Catherina ·

Here we go again….more corruption with our tax money. Brand maar af…… belastingbetalers sal betaal….not a problem

Pietertjie ·

En dan gaan dit seker twintig jaar neem om die werk halfpad te doen teen ‘n koste van R30 miljard. Baie hande moet nog eers gebotter word.

Andries ·

Dis belaglik baie geld. Wie doen die vreeslike somme? Die kosteberaming sluit seker salarisse in vir so 5 jaar nadat die projek voltooi is?

Anel ·

Kry al die misdadigers wst so lekke in die tronke vakansie hou, onder ander die ou wat die plek aan die brand gesteek het om te help herstel. Sonder betaling. Hulle kry reeds huisvesting en kos verniet. Laat hulle bietjie werk daarvoor. Maar nou ja, dit sal nooit gebeur nie wat daar moet mos teen onbekostigbare bedra werk geskep word !!!

yahneh ·

Yahneh…

Wil nie my moeder teleurstel deur te skryf wat ek dink nie, sy het my goed groot gemaak.

Francois ·

Ok, so dit gaan R9miljard kos, en oor 10 jaar van nou nog nie klaar wees nie. Daar sal ook ‘n kommissie nodig wees om al die bedrog te ondersoek.

Peter ·

En dit alles te danke aan ‘n moroon wat “onskuldig” pleit, bloody joke

Maritza ·

Wonder hoeveel van daai geld gaan weer onder die tafel deur

efjy ·

Dis ‘n ander manier van werkskepping, en belastingbetaler trek aan kortste end. Werk sal nooit in drie jaar voltooi word nie. Die kommissies van ondersoek wat daarna sal volg, asook hofsittings vir ‘n verdere 20 jaar sal die belastingbetaler nog ‘n paar miljard rand kos, en nog meer werk skep. Alles verkwiste uitgawes.

Nommer 7 ·

Dit is dieselfde bedrag as wat die ANC bereid is om te betaal vir ‘n “security hut” in die middel van nerens, en wat nooit in gebruik geneem sal word nie.

Jasmyn ·

Cele was seker hier ook AGTERNA op die toneel om die tragedie TE BESIGTIG… arme dooie siel.

Charl ·

HÓÉ ??? Regverdig vir my hóé kom jy by R3 miljard uit vir brandskade aan so ‘n ou gebou én dan nog boonop 3jr se werk om dit te herstel ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.