Herstelwerk aan parlementskompleks op dreef

(Foto: RODGER BOSCH/AFP)

Die departement van openbare werke het Maandag verskeie geboue wat in verlede jaar se brand by die parlamentêre kompleks verwoes is, aan die parlement toevertrou sodat daar uiteindelik met herstelwerk begin kan word.

Die departement het ook ʼn omvattende verslag verskaf oor die toestand van die parlement se beskadigde geboue. Dit sluit in die sonering van verskeie gebiede as veilig, matig veilig en gevaarlik, om te toe te sien dat die projek in fases aangepak word.

Xolile George, parlementêre sekretaris, het die geboue en die verslag Maandag tydens ’n vergadering namens die parlement in ontvangs geneem en Simon Mashigo, nuutaangestelde projekbestuurder, aan die publiek voorgestel.

Mashigo het sy opdrag vandag aanvaar en sal die parlement deurgaans bystaan om die herstelprojek te bestuur.

Maroela Media het vroeër berig daar word beoog om die projek binne die volgende twee jaar af te handel.

George glo die verwoestende brand van Januarie 2022 het die geleetheid geskep om “die ryk erfenis van die mense se parlement te herverbeel met die ʼn eietydse aanpak wat die hedendaagse parlement nodig het”.

“Ons moet verseker dat ʼn eietydse aanslag en erfenis perfek versmelt, ʼn uitdaging wat ons op die tafel van die argitekspan plaas wat na verwagting die parlement sal help om hierdie nuwe doelwitte te bereik. Die doelwitte sluit in verbeterde funksionaliteit met lede van die Nasionale Raad van Provinsies tydens gesamentlike sittings en meer as 1 000 lede van die publiek en belanghebbendes wat gretig is om sinvol aan parlementêre aktiwiteite en prosesse deel te neem,

Die brand het op 2 Januarie verlede jaar uitgebreek en drie dae lank gewoed. Die gebou wat die Nasionale Vergadering huisves is verwoes, asook verskeie vergadersale, komiteevertrekke en byna 500 kantore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat gaan die spul se finale kostes wees? Gaan koop eerder Sun City of Steyn City.

Piet 6 ·

Ek het al voorheen gesê indien dit ń privaat gebou was in gebruik van ń privaatmaatskappy was die werk lankal voltooi teen 10% van die koste.

annie ·

Dae was nodig om soveel van die eerstewêreld-kultuur te verswelg: Human rights with cost. Waardevolle meublement, kuns, parlementêre geskrifte en antieke werke het glo verdamp. Duursame kwaliteit maak moontlik, in lyn met ‘n Afrika-identiteit, plek vir futuristiese kleur en klank en grand statements. ‘n Mega-skoutent-effek vir duisend-plus klink moontlik. Sal die beswaarde branstiger ‘begenadig’ word en ook na die opening genooi word? Dis moontlik.

Suzette ·

Die plek gaan weer brand, net ‘n kwessie van tyd. As our people nie hulle sin kry nie is dit wat hulle doen…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.