ʼn Lykswa en ʼn kis was Maandag die fokuspunte van ʼn optog in Durban se middestad waar betogers geëis het dat hoë petrolpryse moet “sterf”.
ʼn Klein maar luidrugtige groep betogers het aan die optog deelgeneem wat gereël is deur die People Against Petrol and Paraffin Price Increases (Papppi). Hulle het na die Durban-stadsaal opgeruk.
Visvin Reddy, nasionale koördineerder van Papppi, het gesê die tyd het aangebreek om vir die regering te sê “genoeg is genoeg”. “Daar mag nie verdere verhogings wees nie. Die tyd het aangebreek dat petrolpryse in die land moet daal. Ons doen ʼn beroep op die president om ʼn moratorium uit te reik dat daar nie enige verdere verhogings sal wees nie.”
Hy het gesê die verhogings in petrol, BTW en onlangs ook brood, veroorsaak lyding, veral onder behoeftiges. “Ons kan nie meer hierdie hoë pryse aanvaar nie. Ons sal saamstaan, elke Suid-Afrikaner, en teen hierdie hoë petrolpryse verenig. As ons nie iets doen nie, gaan die pryse aanhou bly styg.”
Verbruikers sukkel steeds om aan te pas ná ʼn verhoging in BTW en verskeie petrolprysverhogings – en die impak word oral gevoel, het Reddy bygevoeg. Motoriste betaal tans R15.43 per liter in kusgebiede en R16.02 in die binneland.
Ek het ‘n moe#$3 surprise vir julle vir volgende maand! Die ZAR is in sy kanon in!
Stoot maar daai lang wa …
En daar is alreeds sprake van ‘n verhoging in September…eina!
Werklik ‘n skande om jou laaste rit teen daardie petrolprys te moet voltooi. Jy kan nie eers duim- of fietsry . . .
Maak hom R80/liter…..dan sal nie elke 2de Jan Rap en sy maat op ons paaie rondkruie in ‘n negentien-voertsek jaloppie teen 20km/uur nie. Ons sal terug gaan na perdekarre en fietse toe, ongelukke sal drasties afneem, padongelukke fonds sal sterk wees, spietkops sal onnodig word, en mense sal fiks wees. Teveel mense in SA wat agter ‘n kruiwa hoort is agter die stuur van miljoen Rand karre…..
Taxi bedryf sal oorwin! Ons sal almal inn skommel skommel moet pendel !!! Ons kry swaar maar die taxi’s floreer opi pad