Hoërskoolseuns verkrag glo meisie (14) op video

Argieffoto

Drie minderjarige seuns van ʼn hoërskool in Bloemfontein sal Maandag in die kinderhof in die stad verskyn nadat twee van hulle na bewering ʼn 14-jarige meisie verkrag terwyl die derde seun glo ʼn video daarvan gemaak het.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het na bewering op 7 Junie gebeur, maar is eers op 13 Junie by die polisie aangemeld.

Volgens Mbambo het die meisie en haar vriendinne ekstra klasse by die Hoër Tegniese Skool (HTS) Louis Botha bygewoon. Die meisies het glo alkohol gekoop en dit op die skoolterrein gedrink. Die slagoffer het weens die alkohol haar bewussyn verloor en haar vriendinne het haar daar op die skoolterrein agtergelaat.

Volgens Mbambo het die seuns vermoedelik op haar afgekom waarna twee van hulle haar na bewering met hul vingers verkrag het. ʼn Derde seun het na bewering ʼn video van die voorval gemaak en dit op sosiale media versprei. “Die meisie was nie bewus van wat gebeur het nie, omdat sy bewusteloos was. Sy het egter later die video op sosiale media gesien en dit by die polisie aangemeld,” het Mbambo gesê.

Mbambo kon nie die presiese ouderdomme van die seuns bevestig nie, maar het gesê hulle is al drie minderjarig. Sy het gesê die seuns is nie Donderdag in hegtenis geneem nie aangesien hulle volgens die Kinderwet nie langer as 48 uur in polisieaanhouding mag wees nie, maar waarskuwingsverklarings is by hulle afgeneem. Twee van hulle sal op ʼn aanklag van verkragting tereg staan, terwyl die derde seun vir die vervaardiging en verspreiding van pornografie aangekla sal word.

Tate Makgoe, die Vrystaatse LUR vir onderwys, het in ʼn verklaring gesê hy is “geskok, teleurgesteld en woedend” oor die seuns se gedrag. Makgoe het die hoof van die departement opdrag gegee om die seuns onmiddellik te skors.

“Die departement sal saam met die polisie werk om seker te maak dat regstappe teen die skuldiges, wat baie duidelik op die video sigbaar is, gedoen word. Die departement sal ook in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling berading aan die geaffekteerde leerders beskikbaar stel,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

81 Kommentare

jongste oudste gewildste
petro

Waar koop die kinders drank op daardie ouderdom hulle soek mos vir moeilikheid

Kowa

En die dogtertjies wat die drank gekoop en gedrink het asook die een wat dit aan hulle verkoop het kom skotvry daarvan af. Die meisies wat haar daar gelos het behoort ook gestraf te word vir hulle aandeel.

E.K.

Die hele storie is siek verby! Van minderjarige kinders wat KON alkohol koop, “maats” wat hul vriendin wat dronk is agterlaat, seuns wat haar misbruik terwyl sy nie by is nie, tot by dit op sosiale media sit! SIEK!

Vriendin se gat!!

Daardie vriendinne kan nie vriendin genoem word nie!!!!! Shame on you!!! My vriendin sou als in haar vermoe gedoen het om my veilig by huis te kry,ONGEAG DIE MOEILIKHEID WAARIN HULLE WAS. Hoop daardie vriendinne leer iets hieruit en dat die meisie wat verkrag is, n ander vriendin,wat meer betroubaar is,sal vind. Sterkte

E.K. - ek sê net!(alweer!)

Ek dink as kinders so tyd het om vir kwaadgeld rond te dwaal moet daar plan gemaak word. Wat van lekker HARDE hande arbeid vir ‘n jaar lank? Maar soos in hout kap, ‘n hele nuwe landery oopskoffel…dan DOEN hul iets nuttigs. Die meisies kan vloere skrop op hul knieë en al sulke naarhede – dit sal hul wraggies twee keer laat dink as hul rue saans af is, hul hande seer is en so aan. Hierdie nonsens van gaan vir tipe terapie of iets waar hul mooitjies vertel word sies dis lelik en mens doen dit nie, werk obviously… Lees meer »