Hoës in hof oor bedrog by Tongaat Hulett

Peter Staude, Murray Hector Munro, Michael Edward Deighton, Rory Edward Wilkinson, Kamasagrie Singh, Samantha Shukla en Gavin Dykes Kruger in die hof. (Foto: Verskaf)

Die voormalige uitvoerende hoof van Tongaat Hulett, Peter Staude, en ses ander, onder wie voormalige direkteure by dié suikervervaardiger, is Donderdag borgtog van R30 000 elk toegestaan.

Staude word saam met Murray Hector Munro, Michael Edward Deighton, Rory Edward Wilkinson, Kamasagrie Singh, Samantha Shukla en Gavin Dykes Kruger daarvan beskuldig dat hulle Tongaat Hulett uit R3,5 miljard bedrieg het.

Dít volg nadat grondverkope tussen 2015 en 2018 vroeër gedateer is en bestuurders in die proses munt daaruit geslaan het.

Die beskuldigdes het almal vroeër vandag in die gespesialiseerde handelshof in Durban verskyn voordat hulle op borgtog vrygelaat is.

Hulle staan almal tereg op aanklagte van bedrog, die oortreding van die Wet op Finansiële Markte, die Maatskappywet en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.

Kruger, voorheen ʼn geregistreerde ouditeur by Deloitte en Touche, word ook van die oortreding van die Wet op die Ouditberoep aangekla.

Natasha Ramkisson-Kara, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Tongaat Hulett het verskeie filiale, waarvan een Tongaat Hulett Developments is.

“Daar word beweer dat die beskuldigdes tussen Maart 2015 en September 2018 saamgewerk het om die [maatskappy], sy werknemers, krediteure en aandeelhouers onder ʼn wanindruk te bring dat die inkomste wat uit grondverkope verkry is die korrekte waarde is en korrek weerspieël is in die finansiële verslae. Dít terwyl hulle in werklikheid in besit was van vroeër gedateerde verkoopsooreenkomste.

“Dit het daartoe gelei dat winste foutiewelik verklaar is en die bestuurders groot bonusse ontvang het.”

Die beskuldigdes sal na verwagting weer op 11 April in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Di ·

Nou toe nou, skelms sit almal saam in die hof. Lyk my mense leer vinnig skelm streke aan in hierdie land by ons ANC kaders

AW ·

Vir my is dit n vernedering om my eie ras, te sien hulleself skuldig te maak aan misdaad !!!!

Jannie van Niekerk ·

Korrupsie ken nie ras nie. Gieriigeheid het nie ‘n gewete nie.

Marianne ·

“Die” varke moet agter tralies wees vir ‘n lang tyd!

Pieter ·

Gee vir hulle ook borg van vyf honderd rand die land se regstelsel is een grap nes die anc.

Mammie ·

Hul is nou gevang en word vervolg. Wat van die korrupte anc span wat kan maak en breek nes hul wil?

SomeOne ·

wat is r180 000 teenoor r3,5 miljard, deel dir deur 6, so elkeen het nog met ongeveer r584miljoen wanneer hul uit die tronk kom, lekker monopoly spelletjie is die sirkus

Jannie van Niekerk ·

Dis vir my onverstaanbaar dat mense skelm kan wees. Jy GAAN uitgevamng words . Beslis.

Nico ·

Waar gaan die beskuldigdes die geld kry om dit terug te betaal, verkoop al hulle besittings, eiendomme en motors en laat hulle op straat sit.

Louise ·

Kan nie glo mense dink nog dat hulle weg kan kom met hierdie soort bedrog nie.
Ek wonder net, word hulle rekeninge en bates gevries terwyl hulle op borgtog is of kan hulle mooi netjies reelings tref met als voordat daar beslag opgele word!

Pampoen ·

Sewe mense kry 3500 miljoen rand aan bonusse! En dan kibbel ons oor die minimum loon vir arbeiders? Iets is uit proporsie uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.