Hof blameer minister vir verkrygingsverwarring

(Argieffoto: Arnaud Jaegers/Unsplash)

Die konstitusionele hof het Maandag eenparig en met koste in Sakeliga se guns bevind teen die minister van finansies. Die hof het sy bevel, wat die PPPFA-regulasies van 2017 onwettig verklaar onveranderd gehandhaaf en boonop uitgewys dat vertragings met staatsverkryging sedert die Februarie-uitspraak die minister se skuld is.

Die uitspraak vandag spruit uit die minister van finansies se poging om die konstitusionele hof te oortuig om die hof se eie uitspraak van 16 Februarie 2022 te wysig. Die minister het op grond van ʼn voetnoot in die minderheidsuitspraak aangevoer dat die deel van die uitspraak, wat handel met die opskortingstydperk van die ongeldigheid van die 2017 PPPFA Regulasies, dubbelsinnig is en verwarring veroorsaak.
Sakeliga het egter in hofstukke daarop gewys dat die nasionale tesourie self verwarring rondom die uitspraak geskep het toe hulle op 25 Februarie ʼn onwettige instruksie aan staatsorgane uitgereik het om nuwe tenders tot stilstand te laat knars, en later weer ʼn nuwe omsendbrief gesirkuleer het met teenstrydige instruksies.

Regter Madlanga het die hof se bevinding in hierdie verband as volg weergegee: “…I must mention that the minister’s direction [of 25 February] in the present application mentions that pending the outcome of this application, all government procurement must be halted. The underlying reason for that is said to be the perceived confusion that arose as a result of the [Minister’s] 3 possible interpretations of this court’s ruling in Afribusiness. I repeat: no confusion arises from this court’s order [of 16 February]. There are no 3 viable interpretations of this court’s order. It is the Minister who has misread this court’s order. So, the halting of government procurement must be laid at the Minister’s door who has misread this court’s order. It has nothing to do whatsoever with this court’s order.”

Die hof het derhalwe vandag bevind dat die minister se argumente en bede, om die uitspraak van 16 Februarie te wysig, geheel en al berus op ʼn wanopvatting. Die uitspraak is duidelik: die 2017-regulasies is onwettig, en die opskortingstydperk van ongeldigheid kan gewoonweg bereken word met verwysing na die toepaslike hofreëls.

Die konstitusionele hof se uitspraak vandag bring die kwessie van die onwettigheid van die 2017-regulasies se BEE-voorafdiskwalifikasie in tenders finaal tot ʼn einde – ’n vyf jaar lange hofproses om een van die mees skadelike BEE-maatreëls op die wetboek geskrap te kry.

Sakeliga neem intussen kennis van die uitsprake deur president Ramaphosa en andere dat die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkryging (PPPFA-wet) reeds hersien word en dat nuwe wetgewing binnekort volg, klaarblyklik met die doel om voorafdiskwalifikasie op ʼn ander manier gewettig te kry. Sakeliga sal hierdie en enige ander skadelike maatreëls, wat nie die publieke se belang in goedere en dienste teen die beste pryse en gehalte eerste stel nie, teenstaan.

Lees meer oor die agtergrond van hierdie saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter9 ·

Baie geluk; weereens bewys van ANC regering se totale onbekwaamheid…die tragedie, hulle storm voort met BEE.

Pieter ·

Die ANC as kriminele organisasie benodig BEE, SEB om finansieel te oorleef. Ek gee jou werk en jy betaal die party. Rampadda en die Swart Sakekamer se onlangse beraad is niks anders as ‘n rassistiese kriminele vergadering. En die wêreld keur dit goed.

Harley Davidson ·

Hierdie is ‘n rasistiese voorval maar die media hanteer dit nie so omrede dit nie sensasie veroorsaak nie,en die vraag moet gevra word ……HOEKOM?

annie ·

…. Bede… Ja, die nasie trek ok al daar… Ons bid om bevryding van die virus van onbevoegde kaders wat die land lamlê en uitgehol het van binne. Darem dra die oom ook nou ‘n hoed wanneer hy naasbestaandes ná die ramp besoek.

mattk ·

Net nog ñ bewys dat die kaders alles moontlik sal doen om hulself te verryk. Blyk my die kader verstaan ook nie engels so goed nie en daarom was hy deur die uitspraak verwar. Shame, net nog ñ bewys van totale onnosele onbevoegdheid wat die parlementêre banke vol sit.

Manie ·

Dit help niks wanneer jou president opnuut verkondig dat BEE bevorder moet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.