Hof hoor versagtende faktore vir Coligny-beskuldigde

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die Noordwes-hooggeregshof het Donderdag gehoor dat Pieter Doorewaard, een van die Coligny-beskuldigdes, in ʼn Christelike huis grootgeword het asook ʼn eerste oortreder is.

“Die beskuldigde is op 17 Julie 1990 gebore, hy was 26 jaar oud tydens die oortreding en is nou 28 jaar oud. Hy is nié net ’n jeugdige oortreder nie, maar ook ’n eerste oortreder,” het adv. Celice Zwiegelaar gesê.

Zwiegelaar, vir die beskuldigde, het Donderdag versagtende faktore namens Doorewaard voorgelê voor sy vonnisoplegging.

Sy het aan die hof verduidelik dat Doorewaard in ʼn Christelike huis grootgeword en ’n aktiewe lid van die NG Kerk in Coligny was.

“My heer, beskuldigde een het tot en met sy aanklagte gereeld kerkdienste bygewoon en aan uitreikprogramme deelgeneem, nes hy gedoen het terwyl hy nog ’n leerder aan Potchefstroom Gimnasium was, soos bevestig deur die skoolhoof in die getuienis,” het Zwiegelaar gesê.

Volgens Zwiegelaar het Doorewaard ook sy ouma (86) in Coligny versorg ná die dood van sy oupa in 2015. Hy het ook die familieboerdery na die dood van sy oom oorgeneem.

“Beskuldigde een het in ’n warm, liefdevolle en omgee-omgewing grootgeword waarin Christelike waardes, soos respek vir ander, in hom ingebeitel is.”

Sy het bygevoeg dat Doorewaard as adjunk-selkaptein by die Rooigrond-gevangenis aangestel is waar hy tans in aanhouding bly.

Doorewaard en Schutte is skuldig bevind aan die moord op Matlhomola Mosweu (16) van die Scotland- informele nedersetting naby Coligny op 20 April 2017 nadat daar getuig is hulle het hom van ʼn bewegende bakkie afgegooi.

Dít het gevolg nadat die twee Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe gesteel het op Rietvlei, die plaas van hul werkgewer en Doorewaard se oom, Pieter Karsten.

Vonnisverrigtinge duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Chris ·

As as mens vandag in die nuwe SA in hegtenis geneem word vir ‘n beweerde ras oortreding en jy word van moord aangekla, skuldig of onskuldig, al was daar maankraters in die enigste ooggetuie se getuienis wat die regter “misgekyk” het, kan mens vergeet dat jou en bes moontlik jou familie se lewe ooit weer na normaal sal terugkeer.

christa ·

wat nou van die liegbek? sy stories wat hy uit sy duim gesuig het moet mos nou in aanmerking kom. Word hy nou nie ook aangekla nie?

Posduif ·

Verstaan ek reg, hulle is bo enige redelike twyfel skuldig bevind? Hulle het dus gelieg?

geregtigheid ·

geregtigheid sal deur die wil van ons Heregeskied. ons moet net met geloof bid

Ag ASSEBLIEF! ·

Sulke kommentaar is niks beter as om jou kop onder die sand in te druk nie…..what you don’t know, won’t hurt you.

PJC ·

Gelukkig gaan advokaat Barry Roux en kie blykbaar betrokke raak na vonnisoplegging. Hierdie regter het ń bevinding( onverstaanbaar) gemaak en het nou nie ń keuse as om end uit daarby te hou nie en daarom gaan dit interressant wees om te sien wat sy besluit omtrent vonnisoplegging gaan wees.

Werner ·

Geregtigheid bid alleen gaan nie help nie ons moet ou Gerrie hulle maar ondersteun in die apelsaak Jacobus 2 geloof sonder dade beteken niks

Geregtigheid ·

HULLE IS OP GROND VAN DIE LIEGBEK SKULDIG BEVIND. RASSISME EN POLITIEKE DRUK SPEEL GROOT ROL. WANNEER N BLANKE IN DIE HOF KOM TEENOOR N ANDER KLEUR, IS HY SKULDIG OMDAT HY WIT IS

Minora ·

So die feit dat die ENIGSTE ooggetuie GELIEG HET het niks met die saak te maak nie?

Neels ·

Regter Ronnie Hendricks, google hom gerus, jy sal verbaas wees.

bos ·

Die regter moet uiteindelik uitgeskop word uit sy beroep. Hy was
moedswillig/rasisties toe hy uitspraak gelewer het. Vat hom flaffie en skud hom uit.

Cherokee ·

Toe die advokaat sê dat hy nie net ‘n jeugdige oortreder is nie maar ook ‘n eerste oortreder het sy namens hom skuld erken.

Paul ·

En die hartseer van die snot en trane wat oor my wange stroom oor wat in ons land se regstel verkeerd geloop het sal daar dalk eendag oor berig word. Dit laat my terug in die geskiedenis dink, so 2 000 jaar gelede:Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! … Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie?”

Dries du Toit ·

Neels wragtig. Die regter ook al betrokke by korrupsie.. Waar gaan ons uitkom

Ben ·

Ons sal seker nooit presies weet of hoor wat gebeur het nie, maar ek sal nooit daar aan dink om n kind of iemand, wit of swart, van n bewegende bakkie af te gooi nie.

Johan ·

Die regter sal die twee manne straf met die maksimum straf omdat hulle skuldig bevind is voordat ons geweet het van Liegbek. Dan sal daar aansoek gedoen word vir appèl. As dit appèl aansoek goedgekeur word, sal dit seker maande duur voordat dit op die hoofrol geplaas word. Wat in so ‘n appèl hofsaak sal gebeur, weet nugter alleen. Gaan billikheid of politiek wen?

Elvira ·

n Toe bek is n heel bek. Ek se nou liewer niks. Liegbekke kan maar lieg en ander mense se lewens verwoes. Hoop die Regter kan in die nag slaap.

Annamarie Olivier ·

Hoe stamp jy iemand van ‘n bewegende bakkie sonder om self ook jou balans te verloor en af te val?

Magda ·

Wat het nou geword van die ou wat glo ‘n huis belowe is as hy lieg en getuig? Of verstaan ek die hele ding verkeerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.