Hofoorwinning oor Tshwane-varsproduktemark

(Argieffoto: pixabay)

Die Tshwane-metroraad moet ingevolge ʼn hofbevel R18 miljoen belê vir die inwerkingstelling van ʼn plan om die Tshwane-varsproduktemark behoorlik in stand te hou.

Die metroraad is hof toe gesleep om hom te dwing om die “kritiek wanfunksionele toestand” van ʼn mark – wat toegang tot vars produkte vir sowat 6,5 miljoen Suid-Afrikaners lewer – reg te ruk.

Die mark is die land se naasgrootste en duisende handelaars kom daagliks daar byeen om te verseker dat miljoene mense toegang tot bekostigbare vars produkte het. Met die omset van R3,5 miljard per jaar, is dit ook ʼn belangrike ekonomiese sentrum.

“Dit maak dit moeilik om te begryp waarom die Tshwane-metroraad dit sou toelaat om te versleg tot die omvang wat dit reeds gedoen het,” lui ʼn gesamentlike verklaring van die Instituut vir Markagente van Suid-Afrika (Imasa) en Agri SA.

Ná jare lange onsuksesvolle gesprekke met die metro was die enigste opsie ʼn mandamus-proses. Ingevolge die proses word ʼn instelling, soos die metro, met ʼn hofbevel gedwing om die plig wat hy wetlik verplig is om na te kom, inderdaad na te kom.

Die organisasies sê dié bevel teen die stad is ʼn aanklag teen Tshwane oor die verwaarlosing van die mark.

Waarnemende regter Shereen Meersingh het beveel dat die stad ʼn gebiedsplan voorlê waarin die beroepsgesondheid en veiligheidsbestuur van die mark, die finansiële bestuur, gehaltebestuur en besonderhede oor die inwerkingstelling daarvan uitgestippel word.

Die munisipaliteit moet die R18 miljoen vir kapitale besteding (R10 miljoen) en bedryfsuitgawes (R8 miljoen) gebruik. Die metro moet ook Imasa se regskoste vir die aansoek betaal.

Agri SA het intussen aan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling geskryf oor die toestand van die Johannesburgse varsproduktemark.

“In die lig van die uitspraak hoop ons dat stappe gedoen word om toestande by die mark te verbeter sonder dat regstappe nodig is.”

Die organisasies sê markte speel ʼn belangrike rol om bekostigbare toegang tot vars produkte vir miljoene Suid-Afrikaners te verseker en dat plaaslike regerings dit as sodanig moet erken.

“Die onwaardige en onveilige toestande by ons markte dui duidelik op ʼn gebrek aan waardering vir die sentrale rol wat varsproduktemarkte in die land se voedselsekerheid speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Joggie ·

Lyk my ‘n DA stadraad is geensins beter as ‘n ANC beheerde een nie…

Johann ·

Onthou, daar is ‘n verskil tussen die politieke leiesrkap van die Stadsraad, en die oorgrote meerderheid amptenare. Laasgenoemde is almal kaderaanstellings, en werk aktief teen enige beleid wat deur die nuwe “regime” deurgevoer word.

Koos 100 ·

Johann, daai verskoning is ook nou al holrug gery. Die DA moes al lankal teen die werkers wat nie wil werk nie moes optree, maar nee, so lank as wat ons die verskonings gebruik en die mense in Tshwane vreet dit op, is dit goed so! Klink soos Eskom se verskonings!

Rocco ·

Skokkend. DA in beheer. Dinge loop nie lekker in Tshwane nie

Elize ·

Ek woon hier in Tshwane en ja dinge loop nie lekker nie. Hierdie land werk nie met koalisies nie. As hulle iets wil doen dan sing en toi toi die EFF en kry hulle niks gedoen alles word teengestaan. Hoop met die volgende verkiesing lig almal hulle boude en gaan stem. Net ‘n behoorlike meerderheid vir die DA sal sukses verseker.

Harley Davidson ·

Vandat daar verwys word na tshwane wanneer het Pretoria verander na tshwane die metro is tshwane soos Brits munisipaliteit bekend staan as madibeng maar Brits is nog die dorp se naam.

tierwyfie ·

Daar is nie ‘n plek wat nie wanbestuur is nie. Hierdie land gaan nou heeltemal ten gronde vandat die ANC oorgeneem het.

Kokerboom ·

Dki Imasa en Agri-SA! Hoekom moet reg van burgery onder politieke bestel altyd met hofsake afgedwing word!!! Verwyder die politieke gemors en laat man in straat sy lewe en instellings bestuur en beheer!

domheks ·

Viva cANCer! Julle doen goed – niks in die land kan behoue bly sonder ONDERHOUD nie!

Harley Davidson ·

Die Pretoria Mark is regtig soos alles in Suid-Afrika besig om agteruit te gaan en die groente kom van daar stel net die regte mense aan en ruk die plek reg hoe moeilik kan dit nou wees .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.