Hommeltuig-winkel helder oordag in Kaapstad beroof

Woodstock se gewilde Old Biscuit Mill-winkelsentrum waar gewapende rowers op 10 Junie 2019 toegeslaan het (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Gewapende rowers het Maandagoggend ʼn nuwe winkel by Woodstock in Kaapstad se gewilde Old Biscuit Mill-winkelsentrum toegeslaan.

Volgens die omliggende ondernemings het die rowers die DJI-winkel geteiken, wat in hommeltuigtegnologie spesialiseer, en slegs ʼn week en ʼn half gelede sy deure oopgemaak het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het Dinsdag gesê vier mans, van wie twee gewapen was, het die winkel omstreeks 11:30 betree en die personeel aangesê om op die vloer te lê. “Hulle het verskeie items uit die winkel gevat en in ʼn rooi Golf GTI van die toneel gevlug. Geen skote is afgevuur nie. Geen beserings is aangemeld nie,” het hy gesê.

ʼn Assistent in ʼn nabygeleë klerewinkel het gesê die rowers het nie maskers gedra nie. Volgens haar het die vermeende rowers ʼn ander motor gestamp toe hulle verby die veiligheidshek gejaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Seker net geld gesoek, kan nie eens bestuur nie, wat nog van hommeltuig vlieg, klomp skelms.

Gert van Wierdapark ·

Skurke is soos Hommel-bye – byna altyd daar om iemand by te kom! Misdaad is nou seker een van die “beroepe” in SA met die meeste lede. Miskien moet ons ‘n Vak-Bond vir diewe, kapers, stastskappers, moordenaars ens begin, dan sal misdaad dalk afneem want om te STAAK is mos n gewilde tyd-verdryf in die land!!!

Diefie ·

Misdaad word nou ‘n profesionele “sport” in ons mooi Suid Afrika. Die hommeltuie gaan seker gebruik word om misdaad te bevorder. Eish.

Donderstorm ·

Op die internet is daar jys n video waar n man beroof word deur n drone of hommeltuig met n luidspreker en n handwapen op met n sakkie dan moet die persoon wat beroof word sy beurs in die sak sit dan vlieg die drone weg terwyl hy die persoon koggel .

Hansie Slim ·

My vrou sê ek was seker betrokke…..????????
Lekker speelgoed wat hulle nou seker gaan inspan vir verkenning en roof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.