Hond se peuselhappie lei tot gru-vonds naby plaas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hond wat aan ʼn menslike liggaamsdeel gekou het, het die Oos-Kaapse polisie Maandag na ʼn gru-vonds gelei.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn inwoner van Booysenspark in Bethelsdorp het op sy hond afgekom terwyl die hond besig was om aan ʼn mens se hand te kou.

“Die inwoner het die polisie ontbied en met verdere ondersoek is die erg ontbinde liggaam van ʼn vrou omstreeks 11:00 in ʼn digbebosde gebied naby ʼn plaas gevind,” het Naidu gesê.

Die vrou se identiteit is onbekend. Sy het ʼn swart denimbroek aangehad. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om te bepaal hoe en wanneer die vrou dood is.

Naidu het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Hoewel die oorsaak van die vrou se dood nog nie vasgestel kan word, is daar inligting op die toneel wat aandui dat vuilspel betrokke is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liewe heksie ·

Natuurlik is vuilspel betrokke dit is Suid Africa Helloooo

Mossie ·

Arme hond gaan hy aangekla word vir rassisme of gaan apartheid die skuld kty

Karma ·

Ai, Benna, LAG tog net ‘n slag. Mossie het dit sekerlik tong-in-die-kies bedoel, aangesien daar nêrens in die artikel melding gemaak word van of die vroulike slagoffer pienk, geel, blou of groen was nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.