Hond van US-gebou se dak gered

Brandbestryders het ʼn hond van die dak van ʼn gebou by die Universiteit Stellenbosch gered. (Foto: Twitter / @StellMun)

Brandbestryders het Maandag ʼn hond van die dak van ʼn gebou by die Universiteit Stellenbosch gered.

Dit is onduidelik hoe lank die brakkie op die dak van die fakulteit vir ingenieurswese vasgekeer was, óf hoe sy daar beland het. Die gebou is vier verdiepings hoog.

Die Stellenbosch-munisipaliteit het foto’s van voorval op Twitter geplaas en gesê dat die hond “stabiel” en tans in “veilige pleegsorg” is.

“Dit is steeds onduidelik hoe die hond toegang tot die dak verkry het, of hoe lank sy daar bo was. Dit is egter duidelik dat sy geruime tyd op die dak vasgevang was.”

Prof. Wikus van Niekerk, dekaan van die fakulteit, het in reaksie op die munisipaliteit se twiets gesê die fakulteit sal die hond se kos vir ʼn jaar lank borg.

Die munisipaliteit het die Stellenbosch-brandweerdiens en vrywilligers vir hul betrokkenheid by die hond se redding bedank.

Die hond wat gered is. (Foto: Twitter / @StellMun)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Perdeby ·

Sjoe sy is pragtig, maar hoe in de lewe het sy daar gekom. Het hulle dalk toegang tot die dak?

Misky ·

Shame, sy lyk vreeslik maer. Bly sy is nou gered en veilig

4ntj13 ·

Mens dink iemand moes haar daarheen gevat het! Dankie dat Prof haar kos so mooi borg. Ek hoop sy kan gesteriliseer en ingeënt ook word. Mense (wreed!) raak moedeloos as tewe op hitte kom en hulle kon dit nie voorkom nie. Dit gaan egter ʼn tydjie neem voordat haar kondisie goed genoeg is vir sterilisasie.

Mag sy verder ʼn lang, koninklike lewe lei!!

Willem ·

Sy het die dak inspekteer. Seker gemaak die ingenieurs het hul werk ordentlik gedoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.