Honde help vermeende perlemoenstropers uitsnuffel

Overstrand se honde-eenheid. (Foto: Overstrand Municipality/Facebook)

Die honde-eenheid in Overstrand in die Wes-Kaap het die afgelope naweek vier mense wat glo by perlemoensmokkelary betrokke is, in hul spore gestuit.

Die eenheid, bestaande uit ses honde en hul hanteerders, het Vrydag leidrade opgevolg dat ʼn  besending perlemoen onwettig vervoer word. Die eenheid het die betrokke voertuig op die N2-snelweg gewaar en die verdagtes agternagesit. Die mans is eindelik naby Grabouw in hegtenis geneem.

Daar is op altesame 1 563 eenhede perlemoen beslag gelê, met ʼn geraamde straatwaarde van nagenoeg R350 000.

Die polisie het ook op sewe selfone en twee voertuie, ter waarde van R270 000, beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

“Hierdie suksesse is deel van die rede waarom ons, as die Wes-Kaapse regering, voortgaan om in die honde-eenheid te belê,” sê Reagen Allen, LUR vir gemeenskapsveiligheid.

“Ons moet volhard in ons stryd teen hierdie misdadigheid, want dit sal help om veiliger omgewings te skep waar mense en die seelewe veilig is.”

Volgens Allen is die honde-eenheid se hooffokus om die polisie te help in sy pogings om misdaad in die provinsie te bekamp. Die opgeleide honde doen dit deur gesmokkelde goedere, soos dwelms, vuurwapens en ammunisie, op te spoor, maar ook die departement van bosbou, visserye en omgewingsake te help om die onwettige handel in perlemoen, kreef en ander mariene produkte hok te slaan.

“Daar is ʼn groot behoefte aan die uitbreiding van die honde-eenheid, veral omdat die polisie se honde-eenheid in die Wes-Kaap uitgeput is,” sê hy.

“As die provinsiale regering wil ons strategies meer honde-eenhede in kritieke gebiede laat ontplooi, wat goed toegerus is en doeltreffend aangewend kan word.”

Allen sê die Wes-Kaapse regering gaan voort om goue bande met ander rolspeler te bou om veiliger paaie, kuslyne en gemeenskappe te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tredoux ·

Geen Pit Bull kan dit behartig nie. Nie een van hulle was reg grootgemaak nie.

Harley Davidson ·

Die perlemoen eenheid sit met die meeste hulpbronne duidelik prioritiseer die “polisie” dit ernstiger as die bendes en dwelm smokkelary te wees.

Andre ·

Dit is klaar te laat om nou eers op te tree. Skade al lankal aangerig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.