Honderde behaal kwalifikasies by Akademia

ʼn Rekordgetal van 384 kwalifikasies is Dinsdag aan studente van Akademia toegeken. (Foto: Lelanie de Beer / Akademia)

ʼn Rekordgetal van 384 kwalifikasies oor 11 programme, wat grade, sertifikate en diplomas insluit, is Dinsdag aan studente van Akademia toegeken. Dié kwalifikasieplegtigheid het by die Choose Life-kerk in Pretoria plaasgevind.

Die programme waarin kwalifikasies toegeken is, is ʼn nagraadse onderwyssertifikaat, nagraadse diploma in belasting, gevorderde diploma in projekbestuur, nagraadse diploma in bestuursrekeningkunde, ʼn hoër sertifikaat in kantooradministrasie, hoër sertifikaat in rekeningkunde en grade in BCom (ondernemingsbestuur), Bcom (ekonomie en regte), BCom (bestuursrekeningkunde), Bcom (finansiële beplanning) en BSocSci (politiek, filosofie en ekonomie).

Liana van Rooy, registrateur by Akademia, sê die kwalifikasieplegtigheid is ʼn belangrike hoogtepunt op die instelling se jaarlikse kalender.

“Hierdie geleentheid is die afsluiting van jare lange harde werk en toewyding deur personeel, maar ook in die besonder deur die studente wat die kwalifikasies ontvang.

“Op hierdie spesiale dag word Akademia se toewyding as akademiese tuiste tentoongestel en ons studente se akademiese prestasies word hier gevier. Die kwalifikasieplegtigheid is die begin van ʼn nuwe hoofstuk in baie van ons studente se lewe wat vir die eerste keer die werksmag toetree. Vir ander is dit die sleutel tot ʼn volgende hoofstuk van bevordering of ʼn nuwe beroep.”

ʼn Rekordgetal van 384 kwalifikasies is Dinsdag aan studente van Akademia toegeken. (Foto: Lelanie de Beer / Akademia)

Dinsdag se verrigtinge is afgesluit met Akademia se universiteitslied wat vir die eerste keer tydens ʼn kwalifikasieplegtigheid gesing is.

Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, is die sing van die universiteitslied by die kwalifikasieplegtigheid ʼn belangrike nuwe tradisie.

“Die universiteitslied verteenwoordig Akademia se tradisie, geskiedenis, waardes en sy mense. Dit skep ʼn gevoel van samesyn, trots en gemeenskap vir ons studente en personeel.”

Van Rooy sê die voltooiing van ʼn kwalifikasie is ʼn groot prestasie en dat elke alumnus trots kan wees op al die harde werk wat hulle tot hier gebring het.

“Elkeen moes veerkragtigheid en vasberadenheid tydens hul studie toon, terwyl hulle uitdagings van hul eie beleef het wat soms hierdie reis moeiliker gemaak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Charlotte ·

Ek sien uit om oor 15+ jaar by my kinders se funksies te sit – versprei oor verskeie dae want die studente en familie van Akademia is te veel vir een lokaal. Dankie dat julle hoop skep!

Carl ·

Ja verskeer is daar die mense wat sal vlug. Maar ons wat hier is en hier blky sal die land weer opbou soos in die verlede,
Ek het my kinders geleer daar is baie werk, jy moet dit self skep. En hulle doen dit en geniet hulle werk en maak geld ook daarby.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jammer Carl, die land sal nie weer opgebou kan word soos in die verlede nie. Daai glorie dae is finaal verby. Terloops emigrante “vlug” nie. Hulle benut geleenthede om weg te kom van die regime. Ek beny emigrante wat suksesvol is.

Johann ·

Bloot ‘n vraag…wat doen jy met ‘n Afrikaanse kwalifikasie?

Johan ·

Studeer net in Afrikaans. Internasionale erkenbare kwalifikasies van goeie gehalte onderrig.

Werner ·

Dieselfde as ‘n Duitse of Engelse kwalifikasie. Ek gebruik my Afrikaanse kwalifikasie om vir ‘n multinasionale organisasie, gebaseer in Australië, te werk. Vanuit Suid-Afrika natuurlik. Ander lande sien nie neer op Afrikaans (soos baie Afrikaners maak) nie.

Joe Olivier ·

Bloot ‘n antwoord……. Jy gebruik dit om jouself te verbeter. In ‘n beroep te gaan staan en moontlik ‘n werkgewer te word.

Barend van der Merwe ·

Jy arbei op enige plek op aarde. Die gemiddelde mens van gemiddelde intelligensie, leer op die mees effektiefste manier in hulle eie taal. Slegs ‘n klein groepie uiters begaafde mense presteer maklik in ‘n tweede of derde taal. Afrikaanse skole is gereeld toppresterende skole in Suid-Afrika. Een rede hoekom Suid-Afrikaanse skole oor die algemeen so sukkel, is juis weens ons land se minagting van moedertale. Franse leer in Frans. Engelse leer in Engels. Duitsers in Duits. En so meer.

Reinier ·

Hi Johann,

So om vir jou bloot ‘n antwoord te gee,

Met my Afrikaanse graad is ek besig met my SAICA klerkskap.
Ek kan SAIPA/CIMA gaan doen het.
Verskeie ander werke was ook in die stroom.

Jou taal keer jou nie om te presteer nie, die graad rig jou toe vir die wêreld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie sal jy aanstel: Iemand met ‘n kwaliteit graad verwerf in Afrikaans of ‘n nuttelose substandaard graad verwerf in Engels?

Carl ·

Maklik, jy werk vir jouself. Daar is baie werk. Skep dit net.

Hendrik ·

My seuns studeer tans daar. Die BCom kandidaat se handboeke is alles in Engels en die terme en definisies is in Engels. Die meeste handboeke is ook CIMA (Chartered Institute of Management Accountants) handboeke, so dis ‘n internasionale erkende leerplan. Klas is in Afrikaans, maar soos ons Afrikaanspekendes is, slaan hulle sonder drama oor Engels toe as die situasie dit dikteer.

Werner ·

Baie geluk aan elkeen! Elke kwalifikasie is n stappie nader aan Afrikaner vryheid.

Harley Davidson ·

Dit is great hoe meer die regime teen jou diskrimineer hoe beter doen jy.

Jaco ·

Hoe kom Akademia verby regstellende aksie en BEE? Wetgewing sê as ‘n besigheid se aantal personeel ‘n sekere getal oorskry en as die finansiële omset ‘n sekere bedrag oorskry, móét regstellende aksie toegepas word. Alles goed en wel vir Akademia nou, maar wat van oor 5 of 10 jaar?

Republikein in die Wes Kaap ·

Plekke van onderrig, welsyn, en burgerregte, en politieke partye, klubs en kerke word seker hanteer as belangegroepe eerder as suiwer sakeondernemings

Linda ·

Jy kan steeds Engels gebruik al is Kwalifikasie Afrikaans, opvoeding in Huis taal deur navorsing gestaaf.

Di ·

Glo my , SEKERES sal wel weer in opstand kom omdat hulle nie HIER kan studeer nie! ALLES is mos altyd “apartheid”

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai sekeres weet dat indien hulle hier studeer is daar geen studente toelaes nie. Net soos by ander private instansies. Nou sak hulle maar toe op openbare universiteite.

Jaco ·

Laai die studentegetalle dan met Afrikaanssprekende kleurlinge. Daars BAIE kleurlinge wat Afrikaans praat en kleurlinge was tog ook slagoffers van apartheid.

Jaco ·

waar gaan al Akademia se Afrikaanssprekende, meestal wit, gegradueerdes eendag werk kry? Weet hulle van die harde werklikhede van regstellende aksie en BEE?
En asseblief, die oplossing vir meeste van hulle is nie “gaan werk in die buiteland” nie. Verhuis na Europa, Amerika en Australië is DUUR en dis ook duur om in daardie lande in te kom en werkspermitte te kry.
Eie besigheid begin is ook nie so maklik nie. Wat van koste op advertensies, regstellende aksie as jy personeel moet aanstel en en en? 20 handyman besighede gaan ook nie veel regkry nie. Elke 2de wit man deesdae is klaar ‘n handyman.

JohanR ·

As ek ‘n werkgewer was sou ek die studente in diens neem.

Jaco ·

Hou jou besigheid se omset net klein. Sodra die finansiële omset ‘n sekere bedrag oorskry en sodra die aantal personeel ‘n sekere hoeveelheid oorskry, MOET jy regstellende aksie toepas. Daars boetes as jy dit nie doen nie EN die nuwe wet oor dit wat ramaphosa onlangs geteken het, is BAIE strenger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.