Honger inwoners vra kos buite duur provinsiale rede

Die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana. (Foto: X)

Terwyl die Vrystaatse premier Donderdag sy provinsiale rede in Qwaqwa gelewer het tydens ʼn geleentheid wat sowat R5 miljoen kos, het honger inwoners buite om gaste se toegangskaartjies gesmeek sodat hulle ʼn bord kos kon kry, vertel VF Plus-LP Armand Cloete wat die provinsiale rede vroeër vandag bygewoon het.

“Vrystaters is honger en soek werk,” sê Cloete. Premier Mxolisi Dukwana het egter nie een van dié kwessies in sy provinsiale rede van vandag hanteer nie.

“Dit was vir hom belangriker om meer as R5 miljoen op te dok om sy toespraak te kan lewer, terwyl hy geen oplossings vir werkloosheid in die provinsie bied nie.”

Cloete stel voor Dukwana moes eerder vandag deur die strate van Qwaqwa geloop het om te sien wat sy party se beleid en verkeerde prioriteite aan die provinsie doen as om ʼn handjievol ANC-elite gelukkig te hou.

VF Plus-LP Armand Cloete tydens Donderdag se provinsiale rede. (Foto: Verskaf)

“Die ANC se korrupsie, wanbestuur, kaderontplooiing en ongekwalifiseerde amptenare is die oorsaak van die verval in die Vrystaat. Al wat die premier se provinsiale rede bevestig het, is dat dit tyd is om van die ANC ontslae te raak om die Vrystaat te herstel en bou.”

Roy Jankielsohn, die DA se premierskandidaat in die Vrystaat, sê dit was duidelik in die gesigte van diegene buite die venue dat die R5 miljoen wat gebruik is om die provinsiale aan te bied, beter aangewend sou gewees het om die gemeenskap in Qwaqwa by te staan en hul lewens te verbeter.

“Die premier leef duidelik in ’n ander werklikheid as die miljoene individue wat deur die uitdagings van die alledaagse lewe gekonfronteer word. Mense van die Vrystaat verdien ’n regering wat pragmatisme bo retoriek sal kies en wat die mag van die regering gebruik om hul gemeenskappe te ontwikkel, werk te skep en geleenthede vir volhoubare sake-ontwikkeling te skep.”

Maroela Media het vroeër vandag berig die oortyd wat polisiebeamptes betaal moes word vir die Vrystaatse provinsiale rede beloop R843 000. Dit is benewens die R5 miljoen wat die geleentheid die wetgewer gekos het.

Die wetgewer sal na verwagting vir die polisiebeamptes moet betaal, hoewel daar geen diensvlakooreenkoms tussen die polisie en die wetgewer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danie ·

En tog gaan hulle weer vir die ANC stem hierdie jaar, want beloftes…

Papsak ·

Daarom pleit ek stem reg asb hulle moet uit jaag net aan voel niks nie !!!!!

Ansie ·

Toe Helen Zille die Vrystaters ‘n paar jaar gelede “gewaarsku” het om nie ANC te stem en dan later die jaar moet staak en toi-toi omdat hul probleme nie aandag kry nie, is sy geïgnoreer en het presies dít gebeur. Mense pootjie hulleself en wil dan daaroor kla. Kom stemdag, stem hulle maar weer ANC.

ronel ·

“As die gepeupel nie brood het, laat hulle koek eet” Wonder of hierdie self verklaarde koningshuis van die ANC vergeet het wat gebeur met heerser as sy volk honger ly.

Di ·

Nee wat, dis net die ANC KADERS wat hulle dik kan vreet uit die trog, die res moet maar vergaan van die ellende. Hoop hierdie mense weet waar om hulle kruisies te trek met die volgende verkiesing

Andre ·

…dis maar soos ons hulle ken!
Niks sal ooit verander nie; aanvaar dit maar .

Marina ·

Toemaar, niks wat n gratis t-hempie en klein pakkie mieliemeel nie kan regmaak nie. Dan stem die nasie weer vir die cANCer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.