Hoof van hospitaalgroep bedank, emigreer

Dr. Shrey Viranna (Foto: Life Healthcare/Twitter)

Dr. Shrey Viranna, die uitvoerende hoof van Life Healthcare, het Vrydag sy bedanking met onmiddellike inwerkingtreding aangekondig.

“Dr. Viranna gaan binnekort na Australië emigreer om persoonlike redes,” het die hospitaalgroep in ʼn verklaring gesê. Viranna het hom in 2018 by Life Healthcare aangesluit.

Viranna sê hy neem nié sy bedanking ligtelik op nie. “My vertrek is ʼn moeilike maar baie persoonlike besluit en ek verlaat die maatskappy met groot hartseer.”

Pieter van der Westhuizen, die groep se huidige finansiële hoof, is nou as waarnemende uitvoerende hoof van die groep aangestel. Viranna sal egter tot 29 Februarie aanbly as spesiale raadgewer by die maatskappy om ʼn gladde oorgang te verseker.

Luidens die verklaring is Van der Westhuizen reeds 20 jaar by die groep waarvan hy die afgelope vyf jaar as finansiële hoof opgetree het.

“Van der Westhuizen het uitgebreide ondervinding in die bedryf asook by Life Healthcare en het reeds voorheen as uitvoerende hoof opgetree. Hy bied onmiddellike strategiese, bedryfs- en leierskapkontinuïteit vir die onderneming met die aanvang van die nuwe jaar,” sê Mustaq Brey, voorsitter van die hospitaalgroep se raad.

“Dr. Viranna het tydens sy ampstermyn onberispelike leierskap vertoon. Ons besef dat hy ʼn baie persoonlike gesinsbesluit geneem het en ons respekteer dit,” lui die verklaring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

jaco ·

Sy velkleur is “reg” dat hy kan bly en sal heelbo uitkom. Dis baie vreemd dat hy emigreer.

J ·

@Jaco, julle lot wat “velkleur” orals inbring raak net so afgesaag soos apartheid.

Gesondheid ·

Hy weet beslis meer van die NHI……

ESKOM
PRASA
SAA

wie het nog spaargeld wat die ANC
regering kan stroop?

jennefer ·

Die woord ” onberispelik” vertel mens, hoe soort mens hy is. Hy en sekerlik meer gekleurde mense kan ook nie met die korrupsie saamleef nie.

Neels ·

Ek stem saam Petrus. Die regeerders is deesdae meer behep met velkleur as wat wittes is.

Realis Thailand ·

Jaco
Jy is totaal verkeerd
Sy velkleur is nie reg nie en sy IK te hoog vir die anc dus is hy n gevaar vir hulle
Hy is n Indier en die word ook as Kolonialiste beskou Ek dink jy moet meer lees hoe word die bruinmense en die Indiërs deur die anc vertrap en gehaat en hulle (anc) voel minderwaardig en dit is die rede
Daar is min rasse wat sulke goeie Dokters lewer as die Indiers so hou op om velkleur te gebruik
Ek woon in n land waar al die mense bruin van vel is en gemeng van Chinees, Thai, Indier en Europeer en hier is geen rassisme nie

Melanie ·

Sover my kennis strek word daar verwag dat die nuwe gesondheids wet teen 2026 in werking sal tree. Teen die spoed wat ons land homself huidiglik op die afdraende pad bevind, wonder ek of dié nuwe wet ooit aan die gang sal kom. Daar gaan nog baie water onder die brug loop voor 2026.

Marcus ·

Die nuwe gesondheidswet, NHI tree in Maart/April 2020 in werking mense! Dit is nou. Dit word egter stelselmatig ingestel tussen nou tot 2026 wanneer dit volledig geïmplementeer sal wees. Ek weet nie hoe ons dit kan veg op ons eie nie en is baie dankbaar vir organisasies soos die IRR wat kundiges het om dit te beveg. Ek sien nog n hofsaak kom want die regering gaan ons gesondheidsorg vernietig. Ek hoop regtig baie mense Afrikaans en Engels sluit by die IRR aan hiervoor.

Lou ·

Dit is die gevolge wat misdaad en korrupsie het. Opgevoede mense is keelvol vir die land en sy patetiese verskoning vir ‘n regering. Hulle gaan soek hulle heil elders. Afgesien van velkleur en status.

Henk ·

die land is in chaos, all die leiders in SA soos die ANC en EFF se haat spraak teen wittes se als, Hoe kan jy eenige iemand blameer as hy kan uitkom. Hulle maak die besluit vir jou baie maklik, geweld is bobaas in SA, like it or not.

JohanR ·

Die ou het NGV sien aankom, en die mediese woestyn in vyf jaar!

Johann cb ·

Dit is kommerwekkend dat ons land soveel professionele/vaardige persone teen só ‘n vinnige tempo verloor!

Gerrie ·

Velkleur is nie meer n “issue” nie. Oorleweing is al wat nou saak maak. As jy kan vat die pad. Die res van ons sal bid dat die Here ons pad maak

SjN ·

n betroubare bron het aan my genoem dat indien hul fondse gaan kry vir hul praktyk en toerusting hul gaan ophou praktiseer agv nasionale gesondheids wetgewing, die reeds bestaande strukture kan nie eers in stand gehou word nie.

Jessica ·

Hy emigrate as in right now, gaan seker die vlame dood slaan daar.

Jessica ·

How much money did he send out to Australia, run, run, run!!!

John ·

Ai Jessica polmed is die sapd se mediesefonds. Gaan soek n pil asb

John ·

Die geagte migrant verkies smeulende bome bo ‘n smeulende gesondheidsbedryf. Eerstehandse kennis oor wat beoog word, sal ‘n man aan ‘n goeie rede laat dink om ‘n reddingsbootjie aan te skaf.

Theresa ·

Persoonlike redes – my toon man! Dis baie gerieflik om so pad te gee.

Piet left the Building ·

Om weer van vooraf te begin in die buiteland is nie gerieflik nie. Dis harde werk.

Realis Thailand ·

Theresa weet nie waarvan sy praat nie Mag dit dalk suur druiwe wees
Ek weet hoe moeilik dit is om in n vreemde land oor te begin op 70 Jarige ouderdom.Dit het my drie jaar geneem om net die land se gewoontes gewoond te raak en ek het nie vir die gerief padgegee nie maar om van die misdaad weg te kom en ek moet erken ook van die arrogansie van sekere mense as hulle jou bedien by die winkels en met sulke suur gesigte aankyk.
Ek het ook nou n agterdeur oop vir my kinders en kleinkinders, een wie ek reeds gehelp het om na Sjina te emigreer

Cherokee ·

Weet ne waarom hy dit uitwys dat dit persoonlike redes is nie, want emigrasie is immers àltyd om persoonlike redes van aard tensy iemand verban word.

marous ·

Het hy nie ook wyd en suid verkondig dat almal moet bly en bou aan die pragtige land nie ? Wat het nou ewe skielik gebeur dat die land wat uitgekryt is as rassiste omrede hulle uitgesproke was oor plaas moorde nou gesien word as Eutopia ?

Feite ·

Die wat van die sinkende skip kan ontsnap moet dit doen. Van nou af vorentoe is die beste tyd om te emigreer, hoe gouer, hoe beter! Om te reken dat jy n privaatsakeryk in SA gaan bou en dit vorentoe gaan behou is nie baie slim nie. Alle privaatsakeryke, gevestig of in wording is n teiken, inteendeel daar waar daar nog geld is, daar gaan die regerende party, hetsy deur beleid, wetgewing, diefstal of anargie, dit vat. Kyk wat het die regerende party reeds met hulle staatskaping gevat en wat is hulle besig om te vat met die herstel van staatskaping en om nie eers te praat van hulle sogenaamde mislukkings (rewolusionere suksesse) op alle ander fronte. Opposisiepartye en burgerregte organisasies is vinnig om te se dat mense nie moet emigreer nie, want ons bou, wel jy kan op jou eie bou soveel jy wil, maar sonder leierskap wat eenheid onder alle teen rewolusionere opposisiepartye kan bewerkstellig vir daadwerklike weerstand en opstand, gaan jy ook uiteindelik spring, maar dan natuurlik sonder jou huidige ondersteuners en volgelinge!

Dr ·

Goeie besluit Dr. Gaan en geniet die res van jou lewe tussen beskaafde mense. Wens jou alle voorspoed toe. Sterkte aan Pieter van der Westhuizen wat gaan waarneem.

Leon ·

So jaag die regering die kennis en ondervinding weg met sy sogenaamde mediese versekering.

Jannie van Niekerk ·

@ J. Hoekom is jy skaam vir jou regte naam? Ek kritsieer openlik die onbekwame SA regering onder my eie naam. Jaco praat absoluut die waarheid, en dit is nie hy wat “velkleur” inbring nie, dis jou regering wat jy so onvoorwaardelik ondersteun wat eerste daarmee begin het.

Thea ·

Dr Shrey Viranna het in die tyd wat hy by LHC merkwaardige werk gedoen hy is n mense mens wat almal wat vir die LHC groep werk respek betoon. Dr Viranna is n jong en dinamiese mens en ons gaan hom geweldig mis. Sterke vir jou pad vorentoe Dr Shrey.

Realis Thailand ·

Ek het al vier gekleurdes help werk kry hier in Thailand en alvier se vir my hulle sal nie terugkeer na SA nie want daar is geen toekoms vir hulle nie.
Ek is nie verbaas die dr het besluit om te emigreer nie
Ek is volgende week weer in sa en gaan weer mense soek om hier te kom werk en die ras het niks daarmee te doen nie. Ek weet nie waarom daar kommentaar oor ras is nie
SA gaan ten gronde agv die anc te korrupte spul kaders net soos die res van afrika ten gronde gegaan het en enige mens kan dit sien
Jou beste dokters in die wereld is Indiers, kyk maar orals hoe hulle op TV verskyn

Gert Retire@Midstream ·

Nog ‘n bekwame persoon wat “call it a day” in RSA verlaat. Al die gemors waarin die land verkeer sal met uiterste pogings nie maklik reggestel word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.