Hoofregter-kantoor ontken ‘opsetlike vertragings’ in Zuma-sake

Regter Mandisa Maya (Foto: RSAJudiciary/Twitter)

Die kantoor van die hoofregter het beskuldigings dat regter Mandisa Maya, president van die appèlhof, doelbewus twee hofaansoeke deur oudpres. Jacob Zuma vertraag het, ten sterkste ontken.

In die een saak het Zuma ’n hersieningsaansoek gebring rakende sy versoek dat adv. Billy Downer SC, die hoofaanklaer in sy korrupsieverhoor, verwyder moet word.

Regter Piet Koen het in Februarie dié aansoek van die hand gewys waarna Zuma die appèlhof genader het en die aansoek met koste van die hand gewys is en bevind is daar is geen “redelike vooruitsig” dat sy appèlaansoek kan slaag nie.

Zuma het hierna ’n aansoek vir hersiening gebring. Die kantoor van die hoofregter het bevestig dié aansoek is ook nou deur Maya van die hand gewys. Berigte dat Maya reeds in Maart dié aansoek ontvang het, is volgens die hoofregter se kantoor nie korrek nie. Sy het dit volgens die hoofregter se kantoor eers op 17 Mei ontvang en reeds op 20 Mei haar beslissing gemaak.

Die ander aansoek deur Zuma hou verband met sy parool. Zuma het ʼn appèlaansoek gebring teen ʼn hooggeregshofbesluit dat hy moet terugkeer tronk toe om sy straf vir minagting van die hof uit te dien.

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: PHILL MAGAKOE/AFP)

“Met betrekking tot die appèlaansoek het Maya, nadat sy die aansoek vir ’n versnelde datum van aanhoor van die appèl oorweeg het, op 11 Februarie 2022 ’n e-pos aan die voormalige registrateur van die appèlhof, Paul Myburgh, gestuur waarin sy hom versoek het om die partye in te lig dat sy bereid was om die aansoek in Mei 2022 aan te hoor.

“Die voormalige registrateur is ook versoek om by die partye navraag te doen oor wanneer hulle gereed sou wees om die appèlrekord en hul onderskeie betooghoofde in te dien om haar in staat te stel om die nodige riglyne uit te reik. Die voormalige registrateur het eerder aan die partye geskryf dat die appèl ‘nie geakkommodeer kan word nie’.”

Volgens die hoofregter se kantoor is dit jammer dat die vertragings rakende hierdie twee sake direk aan Maya toegeskryf word. Sommige berigte het geïnsinueer dat die vertragings ’n opsetlike daad van haar kant af was.

“Die feite in hierdie verband ondersteun nie die bewerings nie. Die vertragings was weens administratiewe uitdagings in die kantoor van die appèlhof.”

Zuma se appèlaansoek rakende sy parool sal nou in Augustus in die appèlhof aangehoor word. Sy korrupsieverhoor is ook vroeër tot Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cherokee ·

Dit klink nie so wanneer hulle teen mekaar baklei, nie. Moet nie dat struwelinge tussen hulle jou pla nie.

Nie Verbaas ·

Al so siek vir die Zuma klug. Sluit hom toe en kry klaar.

JohanR ·

Ok as sy nou nie die sake vertraag nie kan ons sien of sy voor 2065 daarmee kan klaar speel? Wie kan jy glo in die land onder die ANC, Regters nie korrup – ha ha ha ha ha ha ha ha ha!

Harley Davidson ·

Net die wat aan die tande muis glo sal hierdie glo.

Witbaard ·

Alles deel van die plan dat hy nooit in die hof sal verskyn. Appel aansoek nou eers in Augustus, dan sal dit weer na ‘n hoër hof verwys word, ens ens………maar dis goed so, hou hom aan die hardloop op sy oudag . In die tronk gaan hy dalk te rustig wees.

marius ·

Die opdrag kom direk va bo af . Glo dit maar . Hierdie spul weet dat die land sal brand as hy gaan sit en hulle sal nie ‘n vinger verroer nie .

Kobus ·

Wat maak dit saak? Zuma en Mpofu het verseker reeds paar ander inplek om die proses uit te rek

Pablo ·

Ek wonder wie in die ANC betaal vir sy regskostes. Daar gaan niks van al die verhore kom nie. Hy is van Teflon gemaak.

Pietertjie ·

Zuma se volgende appèl gaan seker wees omdat die Regter te lank gevat het om te sê dat hy nie te lank gevat het nie.

MAGRIETHA ·

Hy gaan niks ma niks oorkom nie da al soveel geld op hom spandeer , hy al soveel keer deur regs prosesse dat hy al di ins en outs ken hy staan seke n kans om op di regbak te dien

Hettie ·

Zuma speel woer woer met die regstelsel ( met hulle toestemming) en die anc regering beskerm hom !

Kokkie ·

Ek kry ook die idee dat Piet Koen te lig is vir hierdie saak.

JohanR ·

Mag ek R1000 wed dat in Augustus sal al twee sake tot November uit gestel word? Na 28 jaar behoort ons te weet hoe dinge in SA loop!

melW ·

Die saak sal nooit ń einde kry nie. Teen die tyd wat hy eendag “verhoor” sal word is hy al weens “ń hoë ouderdom” al 6 voet onder.

Estelle ·

Hy sal dit uitrek tot hy dood. As hy onskuldig is, sal hy mos nie aanhou om die sake te laat uitstel nie.????

Johann ·

Ons is nou al moeg om te hoor van Zuma en sy hofsake En sal eede wil hoor wie betaal die regskostes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.