Hoogswanger onderwyseres se moordenaar sit lank  

(Foto: Unsplash)

ʼn Man wat betrokke was by die wrede moord op ʼn hoogswanger onderwyseres, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hlengiwe Ndaba (35) wat agt maande swanger was, is in Julie vanjaar vermoor. Haar verkoolde liggaam is naby Bergville in KwaZulu-Natal in haar uitgebrande motor gevind.

Nkosingiphile Morris Ngubane (39) is intussen skuldig bevind en gevonnis in verband met die moord op Ndaba terwyl die verhoor van twee ander beskuldigdes in die saak steeds voortgaan.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, is DNS-toetse gedoen op die oorskot wat in die motor gevind is en is dit bevestig dat dit die liggaam van Ndaba, ʼn onderwyseres in Amangwe, was. Daar was ook verskeie koeëlgate in die motor.

ʼn Ondersoekspan van die Winterton-polisie het alle leidrade opgevolg en Nokubonga Fortunate Dubazane (35) is op 1 September in Estcourt in hegtenis geneem. Die verdagte was ʼn onderwyser by dieselfde skool as dié van Ndaba. Die 46-jarige Mqapheli Miya is ook kort daarna in verband met die moord in hegtenis geneem terwyl Ngubane op 26 September in Tembisa, Gauteng, vasgetrek is.

Ngubane het skuldig gepleit en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Dubazane en Miya se verhoor is steeds aan die gang en hulle moet weer op 29 Oktober in die Colenso-landdroshof verskyn.

“Ek is verheug oor die vonnis en ons hoop dat hierdie vonnis ʼn mate van vertroosting aan die familie sal bied,” het lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Delia ·

N mate van vertroosting. Hy het n dubbele moord gepleeg. N ma en haar kind is weggevat voor hulle tyd

Yvonne ·

Delia….ek stem saam. Hoe kan dit ooit vertroosting bring…wreedaards het geen gevoel nie….ondenkbaar dat n mens so verrot kan wees

Debbie ·

Daar is net een straf vir iemand wat so n moord pleeg en dit is die doodstraf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.