HTS Witbank: Premier gryp in; skool veroordeel gebeure

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane (links) tydens haar besoek aan die HTS Witbank.

Bewerings van rassisme by die Hoër Tegniese Skool Witbank moet ondersoek word sowel as die hersiening van toelatingskriteria en -beleide by die skool.

Só het Refilwe Mtshweni-Tsipane, premier van Mpumalanga, gesê na afloop van ’n besoek aan die skool vroeër die week waar groot spanning die afgelope ruk heers.

Ouers en inwoners het Maandag buite die skool handgemeen met mekaar geraak en die polisie is ontbied toe die gemoedere van mense, sommige van hulle met sambokke gewapen, begin oorkook het.

Die oproer was glo die gevolg van ʼn video wat wys hoe verskeie van die skool se leerders in ʼn geveg betrokke raak. Die voorval het op 8 Junie plaasgevind en ʼn video is wyd op sosialemediaplatforms versprei.

Die skool is ná Maandag se oproer in opdrag van die departement van onderwys in die provinsie ʼn week lank gesluit.

‘n Skermskoot uit die video van verlede week se bakleiery.

Mtshweni-Tsipane is deur Bonakele Majuba, LUR vir onderwys, en Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, vergesel tydens haar besoek aan die skool. “Daar mag nie in die skool of enige ander skool gediskrimineer word nie.”

Volgens die premier is daar tydens ’n vergadering met die rolspelers by die skool op sekere resolusies besluit. Buiten die ondersoek na beweerde rassisme by die skool, moet ook op korrektiewe maatreëls besluit word teen die aanstigters van die bakleiery en berading verskaf word aan alle leerders wat hierdeur geraak is.

Die skool se beheerliggaam het ook Maandag se gebeure buite die skool ten sterkste veroordeel. “Daar is maniere om kwessies op te los, maar geweld sal nooit deel van die proses wees nie. Die beheerliggaam sal nie toelaat dat die skool se goeie reputasie deur leerders, lede van die skoolgemeenskap of buitestanders skade aangedoen word nie,” het Tius Cronjé, voorsitter van die beheerliggaam, gesê.

Ouers en lede van die gemeenskap het Maandagoggend voor die skool saamgedrom (Foto: Skermskoot)

Cronjé het gesê die bakleiery waarby drie leerders betrokke was, word ondersoek ingevolge die skool se interne prosesse. “Ons versoek genoeg tyd sodat almal wat betrokke is by hierdie ondersoek hul werk deeglik kan doen. Afhangend van die uitkoms van die ondersoek, kan stappe oorweeg word teen van die leerders of al die leerders wat betrokke was. Dit bly egter ’n interne skoolkwessie.”

Die skool sal na verwagting Maandag weer leerders terugverwelkom. “Ons het geen ander keuse gehad as om die skool te sluit na ’n gesprek met die departement nie. Leerders kan nie onder die omstandighede eksamen skryf nie en dit bly ons plig om te verseker dat leerders se veiligheid gewaarborg word.”

Cronjé het gesê inklusiwiteit is die fondament waarop die toekoms van Suid-Afrika gebou is. “ As ouers en onderwysers, as volwassenes, as rolmodelle, is dit ons plig om te verseker dat ons kinders se skoolopvoeding in ’n omgewing plaasvind waar hulle voorbeelde van goeie burgerskap op ’n daaglikse basis sien. Die beheerliggaam van die HTS Witbank sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat die skool se leerders toegang tot só ’n omgewing het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

So die wittes moet maar daaglikse diskriminasie verduur? Alles in werkplekke nou mos BEE en nou wil Lesufi nog in skole ook gaan krap waar sake met bestuur goed verloop. Wat noem mens dit?

Sobymykoolkop ·

Sal nie ophou totdat alle sogenaamde witskole vernietig is nie net om weer die wittes te beskuldig dat dit hulle skuld is.

twaalfboor ·

Al wat ek wil weet is………. Wie het die fight gewen?

Johan D ·

Genade tog, drie kinders was by die bakleiery betrokke en nou word die skool betrek! Die owerhede weet presies wat die redes vir wrywing by skole is en dit sal nooit uitgeroei of gestop kan word nie! Hulle sal egter nie die regte ding doen nie want dit wat by die skole gebeur pas die owerhede soos ʼn handskoen!

Heinrich ·

Twyfel sterk of dit gebalanseerd gedoen sal word, kan nou al voorspel blankes gaan skuldig wees en ander totaal en van hulle menslikheid ontneem, dis mos maar die ANC naratief.

Kobus ·

Vreemd dat die swart leerlinge altyd die “slagoffers” is ?

James ·

Glad nie vreemd nie. Jy kan ‘n biljoener wees – solank jy swart is, is jy ‘n slagoffer. Amerika leer dit ook nou..

James ·

“Inklusiwiteit” is juis NIE die grondslag waarop ons sal oorleef nie. Grense, met goeie buurmansskap.

Sobymykoolkop ·

Skiet maar ń skoolhoof op die skoolterrein, heel waarskynlik in die teenwoordigheid van leerlinge moet net nie ” rassisme” pleeg nie. Kotsdik vir hierdie komediante van die absurde.

Werner ·

Met ander woorde die swartetjies moet nou weer gelek en pamperlang word al is hulle die skuldiges in die verhaal.

LOUIS ·

WAAR IS MNR T DU TOIT EN MNR L HANSEN. HULLE GATTE SAL VIRSEKER GEBRAND HET. MAAR WAAR IS WET EN ORDE, IS MOS NOU AF. EK WAS SELF IN HTS (79 – 83) EN WAS DIE BESTE SKOOL IN WITBANK.BAIE JAMMER OOR DIE GEMORS.

Gert ·

Die kinders is lankal weer vriende maar die nonsens word uitgerek los kinders dat hulle hulle eie probleme uitsorteer met n paar goeie blou oë en bloedneuse.

Willem ·

Die people moet begin oor hulleself kom.As hul nie hulsin kry nie hardloop hulle mrk toe wat net so rassiaties is.Oor alles gooi hulle tantrums!!!Soooooooo pateties!!!!!!

Willem ·

Dit is die beste bewys dat verskillende rasse met verskillende tale en kulture nie saam hoort nie!!!!Laat elke ras oor homself regeer en sy eie ding doen,dan sal daar nie rassisme wees nie.Gun elke ras sy vryheid om saam sy eie mense en soort hul eie waardes na te streef en kultuur te beoefen.Regoor die wêreld het jy probleme as jy rasse vermeng en dis n feit!!!!!

Willem ·

Waar kan mens die video in die hande kry? Sal ook graag wil weet wat gelei het tot die bakleiery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.