Huldeblyke ná Blikkies van ‘Trompie’-reeks sterf

Van links is Riaan Winter, Petrus Jooste, Ivan Snyman en Sean du Preez. (Foto: Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum/Facebook)

Huldeblyke stroom in vir Sean du Preez, wat die rol van Blikkies in die TV-reeks Trompie en die Boksombende vertolk het, nadat hy in die ouderdom van 57 oorlede is.

Volgens Petrus Jooste, wat die rol van Dawie in die bekende TV-reeks vertolk het, is Du Preez Vrydag oorlede ná ʼn stryd met emfiseem.

“Ons medelye gaan uit na sy familie en geliefdes. ʼn Groot man het totsiens gesê. Tot ons weer ontmoet. Rus sag, Blikkies,” het Jooste gesê.

Ivan Snyman, wat die rol van Rooies vertolk het, het ook hulde gebring aan Du Preez. “Rus sag, my ou maat,” het Snyman op Facebook geskryf.

Anton Goosen, wat die kenwysie vir die reeks Trompie geskryf het, het ʼn foto van Du Preez, Jooste, Snyman en Riaan Winter, wat Trompie vertolk het, op Facebook gedeel met die woorde: Rus in vrede.

Op die Facebook-groep “Trompie en die Boksombende” het huldeblyke ook ingestroom vir Du Preez.

Die TV-reeks Trompie en die Boksombende is in die 1980’s uitgesaai en het oud en jonk vasgenael voor die kassie gehou. Dit is gegrond op die reeks boeke deur Topsy Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.