
Die gedeelte van die plaas Steenekoppies buite Krugersdorp wat glo in ‘n informele nedersetting omskep moet word. (Foto: Verskaf)
Die Mogale City- plaaslike munisipaliteit wat Krugersdorp, Magaliesburg en Muldersdrift insluit, het glo sonder enige openbare deelnameproses stootskrapers ingestoot ter voorbereiding van ’n informele nedersetting op ’n gedeelte van die plaas Steenekoppies buite Krugersdorp.
Die VF Plus sê die boeregemeenskap van Steenekoppies is ontstoke oor die munisipaliteit se planne met dié stuk waterryke landbougrond langs die R400. Dit is boonop slegs ’n klipgooi van die Maropeng-sentrum, die amptelike besoekersentrum vir die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisgebied.
Die party het nou ’n dringende skrywe aan Francis Makgatho, die burgemeester van Mogale City, gerig waarin daar versoek word dat alle werksaamhede summier gestaak word en die munisipaliteit eers verseker dat alle munisipale regulasies asook die nodige openbare deelnameprosesse gevolg word.
Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid by die munisipaliteit, sê in ’n verklaring die inwoners van die beplande nuwe informele nedersetting in Steenekoppies is óók nie gelukkig om op grond meer as 20 km buite die dorp gehuisves te word nie, aangesien daar geen werksgeleenthede is nie en dit ver van hul huidige werksplekke is.
Dié inwoners is afkomstig van ’n informele nedersetting in West Village buite Krugersdorp wat deur die munisipaliteit ontruim en platgestoot is. Gesinne word nou in verskeie munisipale geboue in Krugersdorp gehuisves.
Om sake te vererger, kon die VF Plus reeds vasstel dat geen omgewingsimpakstudies vir voornemende dorpstigting gedoen is nie en dat die beplande nedersetting nié deel vorm van die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) nie.
“Tydens ’n driftige openbare vergadering verlede Saterdag was gemeenskapslede, wat reeds op die grond woon en glo eienaarskap belowe is, asook omliggende boere, dit eens dat hulle deur die munisipaliteit geboelie word. Mogale City se burgemeesterskomiteelid vir behuising, Bongani Nkosi, wat die vergadering gelei het, moes die vergadering verdaag en het aangebied om vrae skriftelik te beantwoord,” vertel Steenkamp.
Die VF Plus meen die besluit van Mogale City is ondeurdag aangesien daar 2 km verder reeds ’n informele nedersetting gevestig is. Dié nedersetting in Oriënt Hills het egter geen basiese dienste nie en inwoners is gereeld in opstand en versper die pad na Maropeng en die Golden Harvest-tehuis vir bejaardes met klippe.
Die party sê hy gaan die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, versoek om in te gryp en die situasie te beredder.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Wat de hel …hulle sal seker die grond eet….
Eish…
Gaan kraam sale bou.
As iemamd ooit gewonder het of die ANC massa besettings gebruik om onstabiliteit te bewerk…al vir jare! Kyk hoe lyk die Kaap. Selfde strategie orals waar hulle massas ongeskoolde onekonomiese hordes kan “dump”.
Hulle sal maak soos hulle wil .
Dit is iets wat ons meer en meer gaan sien. Die MENSE verstaan nie v impakstudies ens, nie. Ou Malema het nie verniet gaan tee drink nie. Daar is groot planne vir SA.