Ingenieur by water-aanleg vermoor

Die toneel in Ottawa by Durban, waar die ingenieur vermoor is.

Die eThekwini-munisipaliteit het “met die minagting wat dit verdien” die moord op een van sy ingenieurs Woensdag verwerp.

Msakwakhe Mayisela, munisipale woordvoerder, het gesê die stad het ʼn beroep op wetstoepassers gedoen om geen steen onaangeroer te laat in die soektog na die aanvaller wat “die stad en ons land van ʼn broodnodige ingenieur ontneem” het nie.

Die man is Woensdag omstreeks 16:00 by die afvalwaterverwerkingsaanleg in Ottawa vermoor. Hy is glo ʼn enkele keer in die kop geskiet.

Kol. Thembeka Mbhele, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar kon nie dadelik verdere besonderhede verskaf nie.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (RUSA), het gesê volgens die man se kollegas was daar tussen 10 en 15 mense in die gebou toe die skietery plaasgevind het. Die slagoffer was glo in ʼn kantoor saam met ʼn vrouekollega, toe twee mans hulle genader het.

“Een van die verdagtes het aan haar deur geklop, wat die slagoffer oopgemaak het. Die aanvallers het op sy naam na hom gevra, voordat hy geskiet is. Die verdagtes het daarna deur ʼn stukkende sementheining na ʼn spoorlyn aan die agterkant van die eiendom gevlug. Beamptes van RUSA het ʼn soektog na hulle van stapel gestuur,” het Balram gesê.

Mayisela het gesê die stad het sy medelye met die man se gesin betuig en sal verseker dat sy betrokke kollegas berading ontvang.

Die aanvallers is nog soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Magda ·

Dit voel en lyk of Suid Afrika soos Colombia geword het – As ek jou nie like nie – of jy krap in my slaai – of jy is n n pos wat iemand anders verdien – Raak ons net eenvoudig van jou ontslae. Colombia is dit nou net die Drug lords wat dit doen maar hier in die korrupte SA – alle man – Bring die DOOD STRAF TERUG – Genoeg is genoeg,

Sic? ·

Magda ! Die doodstraf is al terug vir 25 jaar . Die God vab die Bybel straf Sy volk omdat hulle ongehoorsaam is . Die pes , die swaard , hongersnood . As Hy so gedoen het toe’ – wat maak ons so spesiaal dat hy ons ongestraf laat bly?ll Korinthiers 10:6 .

Sic? ·

Magda . Die doodstraf is al vir 25 jaar terug . As die God van die Bybel Sy volk gestraf het deur die swaard , hongerdnood , pes en wilde diere . Wat maak ons so spesiaal dat Hy ons sondes ongestraf sal laat ? ll Korinthiers 10:6

Neels ·

Magda , jy het dit bietjie verkeerd gestel . Dit is nie dalk n pos wat iemand anders VERDIEN , maar iemand anders wat in daardie pos moet wees .

Cherokee ·

Ek het die verkeerde woordgebruik van Magda ook opgemerk Neels, maar jy stel dit toe ook verkeerd. – ‘… iemand anders wat in daardie pos wil wees’.

marous ·

Beradering en pleisters plak . Dis al wat die mense kan doen .

Strooi ·

Veral glo as dit n pos is wat deur n blanke gevul word en hulle voel dit moet deur n meerderheidskandidaat gevul word.

Trol ·

Die feit dat hulle na die vroue kollega se kantoor gegaan het en by naam na hom gevra het, stel dit duidelik iemand in daardie gebou het hulle van inligting voorsien, reg voor die daad, voorsien.

wonder ·

As daar na sy naam gevra was voor hulle geskiet het ,was dit n beplande moord aanval wat ek glo die straf van die moordenaars swaarder moet maak. life in prison without parole as julle my vra.

Versigtig ·

Ek sit ook deesdae op ‘n stoeltjie waar ek baie om my moet kyk. Dit maak jou werksomstandighede glad nie aangenaam nie. Jou stresvlak is nie wat dit moet wees nie en daar word niks daaromtrent gedoen nie.

Sic ·

Magda! Die doodstraf is al terug vir 25 jaar. Die God van die Bybel straf Sy volk omdat hulle ongehoorsaam is. Die pes, die hongesnood en die sward en die wilde dier….As Hy so gedoen het toe – wat maak ons so spesiaal dat Hy ons ongestraf laat bly? 2 Kor 10:6

Stella ·

Die wat bekwaam is om iets wat stukkend is,of om dalk te red wat te redde is reg te maak,MOET van ontslae geraak word,WANT die land moet stukkend bly en agter uit gaan.verstaan dit tog so?

Kiepie ·

Hoe verwerp ‘n mens die moord op iemand? Die woordkeuse is maar effe snaaks. Die moordenaars moet met die nodige minagting behandel word as hulle ooit gevang word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.