Inhegtenisnemings volg gou ná transitorooftog

(Foto: SAPD Noordwes)

Vier verdagtes is binne ure in hegtenis geneem ná ʼn transitorooftog op die R556 in Mmaditlhokwa, Noordwes.

Brig. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, sê ʼn groep verdagtes het Maandagoggend in ʼn transitovoertuig vasgejaag en dit oopgeblaas. “Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug. Twee veiligheidswagte is geskiet en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.”

Die trio-taakspan van Brits en beamptes van misdaadintelligensie het vinnig te werk gespring en hul ondersoek het hulle na die R511 gelei waar die vier verdagtes in ʼn Hyundai H1 gery het. “Daar was ʼn skietery tussen die verdagtes en die beamptes. Die vier verdagtes is in hegtenis geneem en is betrap met ʼn onbekende bedrag kontant. Hulle is tans almal onder polisiebewaking in die hospitaal.”

Die vier persone staan tereg op aanklag van poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die besit van gesteelde eiendom.

“Die polisie is op die spoor van moontlike verdagtes wat ook met die misdaad verbind kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

M ·

Dankie vir vinnige optrede en knap werk. Dankie ouens … word opreg waardeer. Sterkte vir julle.

Harley Davidson ·

As dit ook nie was vir die sekuriteit maatskappy nie het die trio experts beste in die wêreld taakmag nie eers geweet daar was n rooftog nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.