Insette versoek oor onteiening sonder vergoeding

Argieffoto

Diegene wat geskrewe insette wil lewer oor grondonteiening sonder vergoeding, het nou die geleentheid om dit te doen.

Dié insette moet ingedien word by die gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee, wat saamgestel is om artikel 25 en ander nodige artikels te hersien, sodat die staat grondonteiening in openbare belang kan toepas sonder vergoeding.

Die komitee het in ʼn verklaring gesê dié versoek wys die omvang waartoe die wetgewers die proses wil hanteer, in die lig van aansienlike teenstand, nadat die Nasionale Vergadering vroeër vanjaar grondonteiening sonder vergoeding goedgekeur het.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn debat oor die mosie gelei en die ANC het dit gewysig voor dit uiteindelik in die Nasionale Vergadering aanvaar is. Die EFF het in sy mosie aangevoer die Nasionale Vergadering moet, kragtens reël 253, ʼn ad hoc-komitee aanstel om artikel 25 van die Grondwet te hersien en wysig om onteiening sonder vergoeding, in openbare belang, moontlik te maak.

Die mosie is aanvaar ná ʼn wet waar 241 LP’s ten gunste van die mosie gestem het en 83 LP’s wat daarteen gekant was.

Die grondwetlike hersieningskomitee moet voor 30 Augustus 2018 terugvoer gee aan die Nasionale Vergadering.

“Die Nasionale Vergadering, tesame met die Nasionale Raad van Provinsies, het die grondwetlike hersieningskomitee die mandaat gegee om die nodige grondwetlike wysigings voor te stel waar nodig,” het Vincent Smith, voorsitter van die hersieningskomitee, gesê.

“As deel van die grondwetlike verpligting om die openbare deelname te fasiliteer, nooi die komitee alle belanghebbendes om skriftelik insette te lewer oor die behoefte aan meganismes om grond sonder vergoeding te onteien. Dui asseblief ook, saam met die geskrewe insette, of jy belangstel om mondelings ʼn voorlegging aan die komitee te lewer,” het Smith bygevoeg.

Diegene wat insette wil lewer, moet dit voor 31 Mei 2018 doen.

Navrae en geskrewe insette kan gerig word aan:
Me Pat Jayiya
Committee Section
Posbus 15
Kaapstad
8000

E-pos:[email protected]
Tel.: (021) 403-3661
Faks: 086 465 0678
Sel: 081 441 0345

Handgeskrewe insette kan by W/S 091, 3e Vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Penellope Jones

As mense nie hul insette gaan lewer, betyds, nie, dan is daar geen been om op te staan nie,
so gebruik die geleentheid!

LB S

Toe, almal, maak so, ek het reeds.

jaco

As ek ‘n inset lewer, trace hulle my op my naam en Emailadres en onteien my eerste.

ferdi

Lat hulle wie dit okal is di grond watter grond dit okal is vat so veel soos hul wil dit maak my siek

John

Moenie grawe soos in die foto (selfs nie nuwer uitgawes) saam e-pos nie, want die idee van die staat is nie om soiets ooit te wil gebruik nie. Die plan is eerder om ‘n lewe soos die’ van die verniet-gebore-, verniet-geskoolde- en nou @verniet-studeer-studente wat so lekker verniet-alles, te genereer vir die vernietopdiesonstoepsitters van die toekoms toe al die verniet uiteindelik werklikheid geword het en al die studies toe pure verniet blyk te gewees het en nou verniet op beter dae wag… Dis toe dat die gedagte in daai vernietafwagtendes se gedagtes opgedwarrel het: Die hoop wat toe pure verniet… Lees meer »