Daar is sekere dinge wat nie jy in rugby kan koop nie, soos bestendigheid en ervaring.
Lees meerAlles vir Saterdag 14 April 2018
VSA, VK, Frankryk loods missielaanval op Sirië
Amerika en sy bondgenote, Frankryk en die Verenigde Koninkryk, se missiele het Sirië Saterdag getref om Basjar al-Assad se regering te straf oor ʼn beweerde chemiese aanval op siviele burgers en die regering te ontmoedig om weer dié verbode wapens te gebruik.
Mbalula nooi Malema terug na die ANC
Fikile Mbalula, voormalige polisieminister en nou die ANC se hoof van verkiesings, het Saterdag die wegbreekparty, die EFF, genooi om “huis toe te kom” na die ANC toe.
SA deur na halfeind ná taai stryd teen Skotland
Suid-Afrika het Saterdag by die Statebondspele aan die Goudkus in Australië die finale wedstryd in hulle groep teen Skotland met 26-5 gewen en speel Sondag in een van die twee halfeindstryde.
Zuma by Winnie se begrafnis uitgejou
Die voormalige president Jacob Zuma is Saterdag by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela uitgejou.
Belowende rugbyspeler sterf ná skietvoorval
Gert Roets (23), die belowende Wolwe-rugbyspeler van Kempton Park aan die Oos-Rand wat verlede Saterdagoggend tydens ʼn vermeende mislukte rooftog geskiet is, is oorlede.
Shell onttrek aggressiewe hidrobreekplanne in SA
AfriForum en die Treasure Karoo Action Group (TKAG) verwelkom Shell Suid-Afrika se aanduiding dat hy beoog om hom aan skaliegasontginning in die sensitiewe Karoo te onttrek.
Insette versoek oor onteiening sonder vergoeding
Diegene wat geskrewe insette wil lewer oor grondonteiening sonder vergoeding, het nou die geleentheid om dit te doen.
Swanger vrou sterf toe trein haar tref
ʼn Swanger vrou, vermoedelik 32 jaar oud, is Vrydagaand dood toe ʼn trein haar in KwaZulu-Natal getref het.
Minibus tref Boksburg-huis
Dertien persone het Saterdagoggend beserings opgedoen toe die minibus waarin hulle gery het, die pad verlaat en ʼn huis in Marindaweg, Boksburg, getref het.
Familie laat vaar hoop om miljardêr lewend te vind
Die familie van ʼn Duitse miljardêr, wat ʼn week gelede in die Switserse Alpe verdwyn het, het alle hoop laat vaar om hom lewend te vind.
Noordwes-departement sê oor voëlgriep
Boere in dele van Noordwes word gemaan om uiters versigtig te wees nadat voëlgriep (HPAI) in dele van dié provinsie uitgebreek het.
Belangrike inligting as jy by Gauteng-skool wil inskryf
Inskrywings vir 2019 vir graad 1 en graad 8 in skole in Gauteng open Maandag. Hier is belangrike inligting vir alle ouers wat hul kinders moet inskryf.
Madibeng ontken huur van voertuie teen R17 miljoen per maand
Die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Vrydag ontken dat hy sy voertuigvloot teen R17 miljoen per maand huur.
Brasilië kies geldliga bo Curriebeker
Die Brasiliaanse Rugbyfederasie (CBRu) het die gedagte laat vaar om sy topspelers in die Suid-Afrikaanse Curriebekerreeks te slyp.
Amcu-moordsaak: ‘Huurmoordenaar’ laat vaar aansoek om borgtog
Een van die mans wat na bewering gehuur is om lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) te vermoor, het sy aansoek om borgtog Vrydag in die Brits-landdroshof laat vaar.
Cheetahs verloor weer na puntlose tweede helfte
Nouja, tweede plek en ʼn tuisuitspeelwedstryd is nou vir die Cheetahs neusie verby – en die vraag bly waarom die span, soos so dikwels in die Pro14-reeks, nie sy voordeel en oorheersing in oorwinnings kon afrond nie.
Borgtog vir polisiebeampte wat glo ooggetuie laat vermoor
Walter Francis, voormalige polisiekonstabel, wat na bewering ʼn staatsgetuie in ʼn bendeverwante-moordsaak laat vermoor het, is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof vrygelaat op borgtog.
Gauteng-damvlakke styg terwyl Wes-Kaapse damme bly daal
Meeste damme in Gauteng is byna vol danksy volgehoue reën onlangs in die provinsie, aldus ʼn weeklikse verslag van die departement van water en sanitasie.
Polisie op soek na Ysterman-atleet
Die polisie in Humewood, Port Elizabeth is dringend op soek na David Bellet-Brissaud (48) wat vroeg Vrydagoggend verdwyn het.