Instituut wil beslaglegging op pensioenfondse teenstaan

mike-schussler-irr-pensioene-2018-03-07-verwerk

Mike Schüssler sê dié Suid-Afrikaanse aftreebate was in 2015 die agste grootste ter wêreld in Amerikaanse dollar-terme. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die kollektiewe bedrag wat in Suid-Afrikaners se pensioenfondse gespaar is, is eenvoudig enorm.

Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) was die totale waarde van Suid-Afrikaanse pensioenfondse in 2016 ʼn allemintige R4 triljoen werd. Dit is gelykstaande aan die totale grootte van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat tans R4,4 triljoen beloop.

Die SAIRV het Donderdag die #ProtectionPensions-veldtog in Johannesburg bekendgestel. Die instituut glo die regering het nou hulle oog op dié bate en wil dit gebruik om die land se groeiende skuldlas te delg.

“Die ANC praat al geruime tyd van die moontlikheid om voorgeskrewe bates in te stel. Hiermee sal alle pensioenfondse en batebestuurders met wetgewing gedwing kan word om in sekere sektore of maatskappye te belê. Dit is ook weer tydens die regerende party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes bespreek,” het Marius Roodt, veldtogbestuurder van die SAIRV, gesê.

Volgens die ekonoom Mike Schüssler is dié pot spaargeld die grootste in alle ontluikende markte. Boonop was die Suid-Afrikaanse aftreebate in 2015 die agste grootste ter wêreld in Amerikaanse dollar-terme.

Schüssler het ʼn voorlegging gelewer waarin hy verduidelik het hoekom die regering eerder aan pensioenfondse en batebestuurders sal wil voorskryf in watter bates hulle moet belê as om die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) te nader vir hulp met die land se groeiende skuldlas.

“Ek dink nie Suid-Afrikaners besef en waardeer die waarde van ons pensioenfondsbates nie. Suid-Afrika is eintlik ʼn jong land omdat ons gemiddelde ouderdom van 27 het en vir so ʼn jong land om so ʼn groot bate te hê, is byna ongelooflik.

“Dit kom daarop neer dat die gemiddelde persoon ʼn jaar en ʼn half se salarisse in ʼn pensioenfonds opgespaar het.”

Hy voeg by dat sowat 76% van bydraes aan pensioenfondse ook deesdae deur swart, bruin en Indiër mense gedoen word.

“Die regering se skuldlas is egter besig om die land te knel. Die land se regering het in die 60’s, 70’s en 80’s ook voorgeskrewe beleggings gebruik. Aftreefondse is in regeringsbates belê en het dit so help befonds.

“Ek is oortuig die regering wil nou weer dieselfde roete volg om onder meer sukkelende staatsbeheerde instellings uit hulle verknorsing te help. Die regering sal dit ook eerder doen as om die IMF te nader vir hulp wat streng voorwaardes vir hulle bystand sal stel.”

Schüssler het gesê die regering skryf eintlik reeds aan alle pensioenfondse en bate bestuurders voor hoe en waar geld belê moet word. “Regulasie 28 is ʼn omsigtige belegging voorskrif (prudential) wat byvoorbeeld bepaal hoeveel van ʼn fonds mag in die buiteland of hoë risiko beleggings belê word. Dit kan egter vinnig verander word deur die persentasies te verander en te bepaal dat ʼn sekere hoeveelheid nou ook in staatsinstellings belê moet word.”

“Die SAIRV glo onteiening strek veel verder as net grond maar betrek eintlik op die ou einde enige bate wat die staat vir homself wil opeis. Die Suid-Afrikaanse regering is tans herhaaldelik besig om op sy begroting te oorbesteding en reusagtige hoeveelhede van die geld word boonop gesteel of vermors.

“Ons glo nie die regering is daartoe in staat om die moeilike besluite te neem wat die oorbesteding sal inkort nie. Ons wil gewone mense help om sterk standpunt in te neem teen enige poging van die regering om ʼn soort ‘pensioenwegraping’ te doen,” het Roodt gesê.

Die SAIRV het ʼn brief opgestel wat die publiek op die instituut se webwerf kan kry.

“Ons moedig mense aan om die brief te voltooi en aan hulle finansiële adviseurs te stuur sodat hulle kan uitvind of adviseurs wel bewus is van hierdie bedreiging en of daar ʼn plan in werking gestel is om dit teen te staan.”

Roodt meen as die ANC nie teengestaan word nie sal dit beteken mense gaan langer moet werk voordat hulle kan aftree en as hulle wel aftree sal dit met veel minder geld wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Bert ·

Niks nuuts nie.
As daar nog iewers iets oor is om te vat dan vat hulle!
Wens dit was moontlik om die JA stemmers eerste te vat.

Phillie ·

Het ‘n ruk gelede ‘n kopie van ‘n memo wat deur anc in 93 gesirkuleer was gelees wat presies die stroping van hierdie bates as doelwit gestel was
En Hier is dit nou ‘n werklikheid
Alles wat in daardie memo was is nou werklikheid

Theuns ·

Nou praat jy, die groot JA en ek stem Nasionaal het ons in hierdie penarie!

Anton ·

Ek wens net dat mense wat nog steeds praat van dis die JA stemmers in 1990, se skuld dat hier nou n gemors is, sal verstaan dat as die Ja stemmers nie gewen het nie, sou daar n uitwissing van Suid Afrika gewees het deur burger oorlog, wat Beiroet, Palestina, Koerdie, Irak, Rwanda, etc. na n teepartydjie laat lyk het. los die JA stemmers uit. Dis hulle wat gesorg het jy nog lewe vandag asb.

J van Rensburg ·

@Anton
Ek wonder altyd hoe daai argument gevorm word? ń Kernmoontheid wat verloor teen ń fax masjien in Dar-es-Salaam, want dit is wat oor was van MK in die laat 80’s toe ondehandelinge begin het. So die ja stemmers het nie die land gered nie, hulle het aan hulle kinders en klein kinders ń 3rde wêreld land gelos

Buite Stander ·

Anton, ek stem saam. Die probleem was by Kodesa, wat ‘n amateuragtige gejaag was om die grondwet af te handel. Die verteenwoordigers van die destydse regering en die NP was lamsakke wat nie opgewasse was vir die taak nie. Ekonomies was daar ook probleme en geld was duur, gaan vra maar vir mense wat destyds huise en karre afbetaal het. Dat die destydse regering nie gedruk het vir ‘n Kodesa 2 wat outomaties 10 jaar na die verkiesing sou plaasvind nie, is onverstaanbaar. Daar was wel voorstelle daarvoor by Kodesa.
J van Rensburg, ons het wel ‘n paar kernbomme gehad, maar die ou Mirages was nie opgewasse teen die moderne Migs wat Kuba na Angola gestuur het nie. Van die Mirages is later opgradeer en die Cheethas genoem, maar dit was steeds nie goed genoeg nie. Sonder lugsteun was ons grondtroepe kanonvoer, gaan vra maar vir enige infanteris. Wit mans van 17 tot 70+ sou nou ten minste 9 maande van die jaar in uniform gewees het om die land se grense te beskerm, en swartes binnelands in toom te hou. Niemand sou juis gewerk het nie, want ons sou mekaar uitgemoor het. Maar dit is water onder die brug en nuwe planne moet nou gemaak word in ‘n wêreld wat drasties verander het.

Jepetto ·

Die SAL en ander staats instellings is net daar om geld te kanalieseer vir koripsie . Afrika het nog niks geleer nie armoede en koripsie sal sy voorland bly tot in lengte van dae .’Maar Koloniehaliseme is mos a floek woord die weste en ooste het so haert probeer help . Selfvergeyping 1000 gryp en 1000000 ly daar onder

Rina Kotze ·

Jepetto,

Ek kon dit nie anders gestel het nie! Jy slaan die spyker op die kop!

Anoniem ·

Ek het geweet dis ‘n kwessie van tyd voor die staat die pensioenfondse gaan beginne uitsuig. DIT is die enkele groot rede hoekom ek nie in ‘n pensioenfonds sal belê nie. Dan sit jy ou jou oudag: jou hele lewe lank belê en gespaar…. net om in armoede te verval. Aikona.

Deon ·

Mense wat vir groter maatskappye werk word verplig om aan pensioenfondse te behoort.

Pierre ·

Jip. Dan sit almal soos Transnet se pensionarisse met hul vinger in hul o

Adrian ·

Die ANC skelms het hul oog ook op die SASRIA fonse gehad. Het hul dit al getakel ???

JohanL ·

Wanneer gaan daar ‘n finale besluit geneem word?

Ons as werkende mense wat binnekort aftree sal wil weet, want dit kan dalk net ‘n rol speel op my besluit of ek gaan pensioneer en of ek gaan bedank en al my geld uit die pensioenfonds trek.

Penellope Jones ·

Wat is dit wat die ANC NIE sal vat nie?
Hul drang na geld is net iets angswekkend.

Jerry ·

“Dont panic, remain focused”! Vul tog asseblief net eers die brief in en stuur dit aan die finansiele raadgewers!

Hannetjie ·

Ek het myne gedoen. Anders sal n mens maar die geld wat jy solank kan kry moet onttrek en landuit stuur.

Diefie ·

Hier moet ons saam staan. Genade tog dit kan nie so aangaan nie.

Michael ·

Weet julle al die jare het ons gese Afrika state is net kurupt en Suid Afrika die beste.maar nou besef n mens dat die ANC by verre die beste is waneer dit by kurupsie kom. Liewe vader is daar iets wat hulle kan doen sonder om kurupt te wees?

Harry Potgieter ·

Nes die res van afrika… suig alles leeg wat die evel kolinialiste tot stand gebring het deur harde werk, vrek dan van die honger en steek WEEREENS die handjie uit na die weste se liberale sotte om tog net die honger massas te help…. Oo wee

Jan ·

Nee jy maak n fout die liberale is nie sotte nie hulle is skatryk en hulle wen elke keer.dis die gewone afrikaners wat elke keer verllor kyk maar na ou piet retief…

HPV ·

Nog net die pensioenfondse en reserwebank, dan het die anc regime letterlik alles geplunder. Indirek plunder hulle die Rand wat daagliks waarde verloor. Geen brieke nie, so hulle plunder voort. Kan die mense nie sien wat besig is om te gebeur nie? Hulle keer ‘n blinde oog soos sekere leeggeplunderde Afrika lande wat nou bakhand staan. Geen infrastruktuur, geen ekonomie, geen voedsel, geen werk!

Andre ·

Die ANC wil alles vat sodat hulle lekker vet en ryk kan bly terwyl die land tot niet gaan. Daar is geen hoop oor vir die land want die mense wat hulle in beheer stem haat witmense en sal altyd vir die ANC stem. Ons is verby daai omdraai punt.

Liekie ·

DIT IS KOMMERWEKKEND !!

My oorlede skoonmoeder het so om en by 1994 uit die bloute te sê gehad …
Die ANC gaan nog ons arme wittes se pensioene ook vat ……….
Alhoewel die skoonouers heeldag en aldag nuus geluister het op die radio, wonder ek tot vandag toe nog waar sy aan daai storie gekom het….dat hulle die pensioen nog gaan vat !! ??

Seker oor haar getroude van……Van Rensburg was……….. verlangs familie van ………SIENER v Rensburg ( tong-innie-kies)

Min wetende nê ?? Sy is nou net meer as 5jr oorlede – wonder wat sy op hierdie nuus sou sê.. ??

MyTweeSent ·

Kyk, nou begin SA se verval spoed optel. Dit voel hoe meer korrupsie ontbloot word, hoe vinniger probeer die “leiers” geld bymekaarskraap van enige denkbare bron…moontlik omdat hulle besef die kraan is besig om droog te loop en hul moet nou tap terwyl daar nog iets is om te tap. Hierdie is nie ‘n geval van OF dit gaan gebeur nie, maar WANNEER dit gaan gebeur. Hoe kan daar nog SA’ners wees wat glo dinge kan omgedraai word? Verstaan my asb reg…ek gaan my kruisie maak (soos nog elke keer in die verlede), want die hoop beskaam nie, maar in alle eerlikheid doen ek dit sonder enige verwagting op verbetering. Die onvermydelike (soos bv grond- en nou pensioengrype) kan uitgestel word, maar dit sal nie afgestel word nie…ons is te mak en te min. Die “leiers” en hul gepeupel sal nie rus voor ons niks oor het wat ons ons eie kan noem nie. In hierdie nuwe SA is jy bevoorreg as jy kos in jou maag en jou geliefdes VEILIG onder ‘n dak het…om enigiets meer na te streef gaan nie meer lank realisties wees nie.

Lalie ·

Dis sommer twak. Vir jare spaar / betaal jy aan jou pensioen om voorsiening te maak vir jou en jou vrou en nou wil die sogenaamde regering hulle besmette hande daarop le. Se m….

Heinrich van Zyl ·

Toe ek so rukkie gelede ‘n vrywillige pakket gevat het, het ek besluit om my pensioen alles te laat uitbetaal. Ek het maar belasting op daai geld betaal en die res is buiteland toe.
Heelwat mense sê jy verloor te veel indien jy dit laat uitbetaal, eerder as om dit na ‘n ander fonds oor te dra.
TWAK. Daai geld is nou 100% MYNE.

HPV ·

Heinrich dit was ‘n uitstekende besluit, plaas dit buite bereik van die plunderaars en jy is in ‘n wen-wen situasie. Al meer mense doen dit.

Michael ·

Mense moet ons bekommerd wees? Ons sit hier met n abnormale goverment.

Deon ·

Ons moet bekommerd wees, Michael. Indien SA ‘n maatskapy was, was ons nou in vrywillige likwidasie. Die staat sal die IMF moontlik nader vir hulp, en hulle kan sake moontlik omdraai. Vir nou moet die van ons wat nog nugter kan dink magteloos op die kantlyn staan.

barend ·

Wat bebeur nou Anton ?Anton ek sal graag die tyd wil terug draai na my diensplig dae ,ek sal baie meer “tricker happy” gewees het .as die nee stem gewen het sou ons afrika in ons mag gekry het .dink net wat sou die rand werd gewees het .Die boere volk word nie bang gepraat nie

George in Bloem ·

Die spul narre en diewe sal nie oohou totdat alles geplunder en tot niet is nie.Dis al ‘n eeu gelede deur Siener voorspel en in 94 het ons “mal regses” se omsend briewe en toesprake kiesers gewaarsku teen PRESIES dit wat nou gebeur maar ore was daar nie. Te laat nou vir trane. Vanaf die dag wat die oordrag van mag plaasgevind het was die land gedoem en onmiddelik op due afdraende pad waarop ons nou onsself onomkeerbaar bevind. Dis nou net ‘n kwessie van tyd……

Deon ·

Sover ek weet is die Afrikaans vir “trillion” nie triljoen nie, maar biljard, wat volg op miljard (billion in Engels). Kan die taalkundiges help?

Johanna Botha ·

Teenwigte …gaan hulle dalk nou inskop ! ? Los dit vir die anc en dit is ook weg ….wat is oor as die anc aan iets vat ……NIKS ! !

Lekker lag ·

Moet geen Afrika regering of leier vertrou nie. Piet Retief beste voorbeeld. Ek het reeds my hele fonds opgeeis, miljoene blasting betaal en in US$ oorsee bele. Dis nou ‘n bate in my naam en geen Afrika hoofman, voorman, koning oor 100 of president sal my anders bewys nie.

Deon ·

Lekker lag, jy is in vir ‘n verrassing. Die SAID en SARB weet van jou beleggings, want die belastinggaardes wêreldwyd werk nou saam. Jy moet jou jaarlikse inkomstes wat jy in die buiteland verdien aan die SAID verklaar. Vanaf 2020 sal jy beslis opgeskroef word. Jy moet ander planne maak, soos om jouself as ‘n nie-inwoner by die SARB te laat registreer en dan in die buiteland woon vir die meerheid van die jaar. Indien jy die belastingwet oortree sal jy aangekla word. Moet ook nie op die sosiale media spog nie, die owerhede monitor alles.

Penellope Jones ·

ASSEBLIEF STAAN DIT TEe!
Goeie genugtig, wat wil die ANC Nog vat???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.