Intelligensiebronne moes oproer kon voorsien, stuit – kenner

Talle winkels is Maandag geplunder terwyl die polisie moes bontstaan om die situasie in bedwang te probeer hou. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Talle dele van die land brand en word geplunder en daar is grootskaalse burgerlike ongehoorsaamheid en wetteloosheid, soos Maandag gesien kon word in die plundering van tientalle winkels op verskeie plekke landwyd.

Dr. Johan Burger, ʼn polisiekenner verbonde aan die Instituut vir Sekerheidstudies, sê aan die een kant is sommige voorvalle oënskynlik georkestreer deur sogenaamde pro-Zuma-groeperings – wat eis dat oudpres. Jacob Zuma uit die tronk vrygelaat word – en wat hoop dat dit druk gaan uitoefen op die Konstitusionele Hof om sy uitspraak oor Zuma se vonnis, of sy tronkstraf, te verander.

Hy sê hulle hoop waarskynlik ook dat dit druk op die regering sal uitoefen, indien die Konstitusionele Hof nié sy besluit herroep nie, om die oudpresident kwyt te skeld.

“Dit is eintlik intimidasie en in die proses is daar baie mense wat die situasie uitbuit om hulself te verryk deur plundery,” sê Burger.

“Dit word vererger deur die newe-effekte wat begin uitslaan in terme van die plundery.”

Burger sê die omvang van die geweld en skade is nie voorsien nie, maar dat dit móés wees.

“Dit is waar die intelligensiegemeenskap ons in die steek gelaat het. Hulle rol is om vooraf intelligensie te bekom wat enige bedreigings teen byvoorbeeld staatsinstelling betyds kan optel en identifiseer, sodat daar voorkomende optrede kan wees.

“Dit lyk hier of die staat se intelligensie-instellings ons weer eens in die steek gelaat het. Dit lyk nie of hulle enige inligting gehad het dat die gebeure so wyd en so vinnig sou uitkring nie,” sê Burger.

“Dit het die polisie en die weermag, maar veral die polisie, totaal onverhoeds betrap. Hulle kon nie behoorlik beplan of ontplooi nie. As hulle geweet het wie en waar om te ontplooi, kon hulle hul magte betyds gesentreer het, of diegene agter die beplanning betyds in hegtenis geneem het.

“Ek pak die skuld vierkant op die intelligensiedienste.”

Burger sê dit is moeilik om vir mense wat uiters bekommerd oor die situasie in die land is, te sê om nié bekommerd te wees nie.

“As jy die geweld sien, alles wat brand en gesteel word en die absolute anargie wat op baie plekke heers, dan moet ʼn mens bekommerd wees.

“ʼn Mens dink ook aan die langtermyngevolge vir die ekonomie en vir beleggings.”

Burger sê egter ook die plekke wat nou geteiken word, is plekke wat maklik is om te besteel en te plunder en dat die meeste mense betreklik veilig sal wees indien hulle dié plekke vermy.

Hy sê die polisie kan boonop nie net sommer losbrand op betogende skares of plunderaars nie.

“Hulle moet nie-gewelddadige metodes gebruik, soos traanrook, rubberkoeëls en waterkanonne.”

Burger sê daar is wel ander maniere hoe die polisie skuldiges later kan vastrek, onder meer deur deursoekings of beslagleggings.

“Die hele idee is egter om die geweld nou stop te sit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kokerboom ·

Dr Burger moenie dat ek nou lag. Die ANC het nog NOOIT intelligensiestelsels gehad en weet nie eers wat dit beteken. Hul gee net nie ‘n blou duit om watter skades privaatsektor ly!! Hul kan NIE langtermyn dink

annie ·

Maar wie was en is dalk nog die grootbaas van onintelligensie in diè land en die ontkenner van als wat reg en wettig is. Al die skuld en skade wat nou aangerig word rus op die skouers van die kamma-bevrydingsgroep die ANC wat Zuma vrye teuels gegee het om skade te laat gedy. Die ANC lag in sy mou want besighede en versekeringsgroepe gaan vir die gelag betaal en hulle was hul hande in onskuld.

Renier johannes ·

Hulle is onbevoeg om iets te doen wil net sit en skep van die belasting betaler af pateties verby

Flip ·

Die inteligensie mense is die enigstes wat nie geweet het dit gaan gebeer nie, shame dit is maar baie swak maar normaal in die nuwe SA

Adriaan ·

Ons moenie te kras met kritiek wees nie. Die polisie kan seker nie oral wees nie en daar is prioriteite. Hulle kan nie strande patrolleer en terselftertyd aandag gee aan iets onbelangrik soos oproere nie.

Werner ·

Die persoon wat nog dink dat die staat oor enige vermoe beskik leef in n droom wereld

Jaada ·

Hulle het dan op die media gepropegeer hulle gaan dit doen!, hoe onnosel moet jy wees om dit nie eers te verstaan nie.

Persheks Adri ·

Die kriminele kan skiet, maar nie SAPS nie? Hoe werk dit daai ou vra nie ‘n vraag nie hy skiet

Oomniklaassevriend ·

Intelligensie is oor die algemeen maar laag – veral in die regering.

Leonardo ·

Enige intelligensiediens veronderstel ń gevestigde strategiese analise kapasiteit. Dit is in die bestaande strukture in SA ongelukkig weggekalwe die laaste 12 plus jare met die klemverskuiwing van nasionale
intelligensie na staatsveiligheid. Helaas, ń vermoë wat nie oornag weer gevestig kan word nie. Dit is soos
om ń skip deur stormwaters te navigeer sonder ń kompas.

Harley Davidson ·

Waarvan praat Dr Burger,intelegensie het in die slag gebly toe hy as Generaal uitgetree het in die polisie,die gemiddelde stasie bevelvoerder het nie eers die insig om misdaad voorkoming in sy stasie gebied in plek te kry nie hoekom is die GPF op die been gebring, daar word van die publiek verwag om misdaad te voorkom.

Tjom ·

Burger moet in voorste linie staan met sy pen en rekenaar en daarna weer n storie kom skryf. As hy nog vingers oor het.

Anel ·

Ons gewone mense weet dan wie die skuldiges, of dan die lot is wat die oproer uit geroep het. En moennie die media weggooi wat dit gaan staan en versprei het nie.

Ovelia ·

Moenie nou ander blameer nie. Dis die staat. Almal mt vetstand ht gesien hul kan nie vreedsaam optree ni

Johan ·

Het die regulasies nou uiteindelik genoeg mense uit die werk. Hul sal enige verskoning gebruik om te plunder, gooi nog n lekker klomp uiterste armoede op en jy het n lekker plunderparty. Diè is die Covid Dictator Counsel en hul ondersteuners se skuld, ons kon nog nooit die regulasies bekostig nie.

Nie Verbaas ·

Intilligensie is die sleutelwoord. Dit opsigself is n probleem in die ANC. Daar is seker maar net n eenheid……sonder die sleutelwoord.

Pieter ·

Oppas dat daar nie ‘n ander agenda met die ANC se goedkeuring agter hierdie beplande geweld sit nie. Verder maak die Covid regulasies mense meer arm, honger, werkloos en niks om te verloor nie. Tydbom wat later erger gaan ontplof. Hierdie is ‘n goeie aanloop.

Yvonne ·

Jip die waarheid maar kyk wie is in die intellegensie raad

Bertus ·

Wat ook van belang is, is dat die SA Leer nie op ander dienste se inligting kan reageer nie. Hulle benodig ook hul eie operasionele inligting om optrede en magsterkte te bepaal. Die ou beginsel van wie gaan wat doen, waar, wanneer en waarom, geld steeds. Hierdie ontplooiing gaan weke vat om in te skop en geweld gaan vootduur.

Piet parys ·

Nee man die hoof van intelligensie is is dan in die tronk se 5 ster afdeling

Psyggie ·

M.i. is hierdie scenario al verlede jaar met die begin van die inperkings deur sommiges voorspel, nl. dat
daar grootskaalse opstand en plundering gaan wees a.g.v werkloosheid en honger. Die aanloop en die vuurhoutjie in die kruitvat, was Mnr Zuma se ondersteuners se skewe idee van geregtigheid en wetlikheid. (As daar so’n woord is).

Psyggie ·

Dus, die sg intelligensiedienste moes dit inderdaad kon voorsien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.