Die interdik is laat Woensdagmiddag toegestaan nadat die busdiens sommige van sy roetes moes sluit toe betogers die Du Noon-busstasie geplunder het. Inwoners het glo betoog omdat hulle vroeër verbied is om onwettige plakkershutte op nabygeleë grond op te rig.
Brett Heron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het gesê dreigemente van aanvalle en intimidasie van die MyCiTi en die Stad Kaapstad se personeel en kontrakteurs het die Stad gedwing om hom tot die hof te wend. “Die interdik sal op 11 respondente beteken word, onder meer die Govan Mbeki-tak van Sanco en onwettige minibus-taxioperateurs in die Joe Slovo-gebied,” het hy gesê.
Hy het gesê die interdik verhoed die respondente om enige van die Stad of die busdiens se werknemers of kontrakteurs te intimideer of aan te rand, die werking van die busdiens verder te ontwrig of nader as 300 meter van enige van die busstasies te kom.
Heron het gesê hoewel die Stad nog besig is om die skade wat die betogers aangerig het te bereken, sal herstelwerk volgende week begin.
Hulle moet die sondebokke se arbeid gebruik om te help met die herstelwerk – GRATIS!!!
Stem saam Christa, hulle kan mos net afbreek, laat hom ‘n slag voel hoe is dit om te werk