Inwoners raadop oor waterkrisis in Bloemfontein

Bloemfontein. (Argieffoto: Facebook)

Inwoners van Bloemfontein sit met die hande in die hare oor waterbeperkings wat dié stad al vier dae lamlê.

Die Mangaung-metro het Sondag bevestig dat die stad se waterverskaffer, Bloemwater, die waterlewering van Vrydag af tot slegs 30% beperk het.

Verskeie gebiede in en om die Rosestad het met tye geen water nie. Gebiede wat deur waterbeperkings geraak word, is Lourierpark, Pellissier, Uitsig, Universitasrif, Langenhovenpark en Bainsvlei.

“Die Mangaung-metro is tans in gesprek met Bloemwater om ʼn oplossing te bereik en te verseker die watertoevoer word herstel,” sê Qondile Khedama, woordvoerder van die metro.

Lebohang Masoetsa, waarnemende uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, het gesê hulle doen alles in hul vermoë om die saak dringend op te los.

“Ons sal inwoners gereeld op hoogte hou van die situasie. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”

Rossouw Botes, DA-raadslid, het die metro gewaarsku om op te hou om waterbetalings van die inwoners “te steel”. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die metro Bloemwater in totaal R1,1 miljard skuld.

“Die DA het die munisipaliteit gewaarsku dat die voortdurende versuim om sy betalingsverantwoordelikhede teenoor Bloemwater na te kom, die spyker in die doodskis vir hierdie waterraad sal wees,” sê Botes.

Volgens die metro se finansiële verslae is van Augustus verlede jaar tot Oktober vanjaar waterbetalings van meer as R511 miljoen ontvang, terwyl slegs R418 miljoen aan Bloemwater oorbetaal is. Dit wil sê R93 miljoen se waterbetalings is die afgelope maande nie aan Bloemwater oorbetaal nie.

“Dit beteken bloot diefstal in die oë van inwoners wat hul rekening maandeliks betaal, net om te hoor van dreigende waterbeperkings weens die munisipaliteit se wanbetaling.”

Die DA het Bloemwater in Junie gevra om die administrasie van die Mangaung-metro te beveel om te verseker dat alle betalings wat hy ontvang vir water van verbruikers af slegs vir die doel aangewend word, en dit maandeliks aan Bloemwater oor te dra.

Botes sê net voordat die watertoevoer verminder is, het Bloemwater R20 miljoen ontvang en wag hy nog vir ʼn verdere R23 miljoen van die Mangaung-metro om sodoende die watertoevoer ten volle te herstel.

“Daar was nog nie enige bevestiging of die R23 miljoen wel ontvang is nie.”

Die DA het Maandag strafregtelike klagte teen die metro ingedien.

Soos Marlize Devenier is talle inwoners genoop om bottels water in grootmaat aan te koop (Foto: Verskaf)

Talle Bloemfonteiners het intussen hul misnoeë oor die voortdurende waterbeperkings uitgespreek.

“Mense in Pellissier trek swaar,” sê Loupie Hamman wat al van Vrydag af nog nie ʼn druppel water gehad het nie. Hamman sê hy moet by die plaaslike gimnasium gaan stort.

Marlize Devenier, ʼn inwoner van die Langenhovenpark-woonbuurt, het aan Maroela Media sê hulle is raadop.

“Die waterdruk het Satermiddag in die woonbuurt begin afneem. Sondag was die water vir die grootste gedeelte van die dag heeltemal af. Teen die middag 16:00 het dit begin aangaan, maar dit het maar ʼn dun straaltjie water geloop. Indien die water wel vir ʼn rukkie aangekom het, was dit darem skoon. Van Maandag af was die water nog heeltyd af,” vertel Devenier.

Soos Devenier is talle inwoners genoop om bottels water in grootmaat aan te koop.

Devenier sê daar word ook nie waterkarre in hul woonbuurt verskaf nie. Sy het ook verneem dat ander woonbuurte ook nie toegang tot waterkarre het nie.

ʼn Anonieme inwoner wat in een van die hospitale in die stad werk, het vertel hoe hulle nou die hospitaal se boorgat permanent moet laat loop sodat die hospitaal ten minste water het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kokerboom ·

Die probleme in Bloemfontein kom NIE van gister af aan!!!Waar is betrokke LUR en Minister? Waar is geld heen? Wat doen belastingbetalersvereniging?

Moedeloos ·

My man was die naweek in Bloem vir besigheid. Hy sê dit is pateties in die hele gebied wat water betref. Jy kan geen publieke toilet gebruik nie omdat daar nie water is nie. Publiek staan met hul hande in hul hare by garages omdat daar nie water is nie. Hy is is gebore Vrystater en hy het Bloemfontein nog nooit so vuil en pateties gesien nie. Dink hul moet die Rosestad verander na Vuilstad

Maggies ·

Dit is regtig hartseer om jou voorgestelde naam vir Bloemfontein te lees. Ek is self ń Bloemfonteiner en kan die lesers verseker die HELE Bloemfonten is níe vuil nie.
Dit is egter tragies wat hier aan die gang is. Mense wat getrou betaal het word van hul basiese reg om water
te hê ontneem omdat daar grootskaalse korrupsie plaasgevind het.

Dup ·

Stem A en C en kry: geen water,geen krag en geen onderhoudswerk.Alles val uitmekaar uit en hulle geniet hulle gate uit….duur motors en bly in luukse huise op ñ landgoed.Viva…Viva…

Samuel ·

Dit is die wittes se skuld dat daar nie water in Bloemfontein is nie. Beslis nie die ANC s’n nie.

Karel Kobus Kruger ·

Samuel, dis in n mate waar. In 1992 het 69% wittes gedink dis sommer n blink plan om die land vir die ANC te gee.

Pieter ·

Dit is nou tyd om die stadsraad nie meer te betaal nie want daar is geen diens nie. Hoekom moet ons betaal vir iets wat ons nie kry nie n mens noem dit diefstal.

4ntj13 ·

Dis (nog) g’n ʼn waterkrisis nie, dis (nog) ʼn Ollie Tokkelossie-krisis!!

Hennie ·

Die swartgallige ANC verneukspul het nou uit die belastingbetalers se geld gehardloop.

Derek ·

Die ANC wil boer maar kan nie eens n land regeer nie, die ou gieriges wat maar net nie daardie versoeking kan weerstaan en dan nog ook geen ontsag het vir die grondwet. Nie eens te noem hulle eie waterwet en regulasies wat hulle nie eens respekteer nie. Die reg tot basiese dienste is maar net op papier, dis al! Wat n grap!

Deon ·

Is dit n “waterkrisis”, ek sou eerder se n krisis met die munisipale personeel wat nie betaal nie, daai wat verantwoordelik is om die betalings te doen en dit nie doen nie moet gestraf word deur hulle water en elektrisiteit te sny.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.