IVP wil buitelandse arbeiders beperk

Foto: ANA

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP), die vierde grootste politieke party in die land, gaan ’n wetsontwerp by die parlement indien wat ’n kwota neerlê vir die aantal buitelanders wat ’n Suid-Afrikaanse werkgewer in diens mag hê.

Die IVP het ’n mediakonferensie gehou nadat die party se parlementêre koukus hul jaarlikse strategieberaad gehou het, en hul standpunt oor ’n reeks aktuele kwessies is vasgelê.

Een daarvan is dat ’n private‑ledewetsontwerp deur Liezl van der Merwe, IVP-LP, by die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake ingedien word om só ’n kwotastelsel op die been te bring.

Volgens Van der Merwe is die wetsontwerp nodig omdat soveel, en veral ongeskoolde, Suid-Afrikaners sterk voel dat hul werkgeleenthede aan buitelanders gegee word. Sy het ontken dat die IVP se voorstelle nasionalisties of xenofobies is.

Dit wil in hierdie stadium voorkom of die voorgestelde kwotas slegs vir ongeskoolde arbeid sal geld, en nie vir geskoolde buitelanders nie.

Vir die afsienbare toekoms bly prins

die party se leier in die parlement.

Die IVP-hoofsweep, Narend Singh, het aangekondig dat die party voorstelle sal steun om die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, voor die parlement te daag om te verduidelik hoekom sy soveel bevindings maak wat deur die hof ter syde gestel word.

“Ons het nie daardie probleem met haar voorganger [adv. Thuli Madonsela] ondervind nie,” het Singh uitgewys.

Hy het gesê Mkhwebane se antwoorde tydens so ’n parlementêre proses sal bepaal of die IVP voorstelle sal steun om haar uit haar amp te verwyder.

Die IVP gaan ook vanjaar voorstel dat ’n nuwe artikel 9-instelling genaamd die Integriteitskommissie aangestel word om korrupsie te bekamp. Op joernaliste se vrae was die IVP taamlik onseker oor hoe om te voorkom dat die posisie deur die ANC gekaap word.

Wat die gronddebat betref, staan die IVP teen enige verandering aan die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, en vir die behoud van die Ingonyama-trust in KwaZulu-Natal.

Die IVP is ten gunste van die instel van een of ander vorm van nasionale gesondheidsversekering, maar nie volgens die model wat die ANC voorstel nie. Die party sal dus teen die tersaaklike wetsontwerp in die parlement stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

aj ·

Die SA werkers word so erg opgepiep en beskerm deur die regering dat hulle bykans met gevoude arms kan sit en ‘n ENORME salaris ontvang.

Die werkgewers daarenteen word GEBOELIE tot die mate dat besighede verplig word om te sluit … met miljoene werkloses as gevolg.

SA se Swart werkers word reeds sedert 1994 beskerm teen Wit-, Bruin- en Indiër werkers d.m.v. BEE en AA., minimum salarisse, staatstoelaes, gratis huise, -elektrisiteit, – water en vele meer “handouts’!

Nou wil die IFP die VETKAT SAwerkers nóg verder beskerm teen Swart werkers uit die buiteland, ook!

OORBESKERMING SKEP SWAK WERKERS … wat die (sterwende) SA ekonomie net verder gaan ondermyn.

Eddy ·

Ek Sal Inkatha ondersteun daarmee.Buitelanders kom ontneem plaaslike mense van werksgeleenthede,behuising ens.Ons het geveg Vir die val van apartheid,Vir ons eie mense,nie Vir Zimbabwe of Lesotho of DRK nie.Zimbabwe het deur daai hardekop Mugabe die land in hongersnood gedompel.Nou vlug daai Zimbabwieers hierheen.Dis nie ons probleem nie,Ons kan nie Mother Theresa speel vir die hele Afrika nie.Besigheidseienaars neem uitlanders in diens sodat uitlanders n appel en ui betaal Kan word.sodoende Gaan uitbuiting voort.Daai uitlanders moet terug huis toe! Noem my zenofobies,daai uitlanders is n blokkasie Vir dié land se vooruitgang

aj ·

Eddy

Grensbeheer van buitelanders is die plig van die ANC regering.

Dit kan nie van WERKGEWERS verwag word om buitelanders uit SA te hou nie.

As die ANC regering sedert 1994 BEHEER toegepas het op die landsgrense …. (soos ALLE REGERINGS op die planeet dit doen) dan sou daar nooit ‘n buitelander probleem ontstaan het nie.

Jou siening stem ooreen met die Apartheidswetgewing oor TOESTROMINGSBEHEER … ingevolge waarvan elke persoon ‘n pas moes dra.

Miskien moet die IVP daardie ou wetgewing gaan afstof en pleit dat dit heringestel word?

Want SA se water, elektrisiteit, kos, huise, skole, hospitale, paaie, werksgeleenthede en GELD is klaar !!! (finished, uitgeput!).

Trol ·

Die buitelandse arbeider eis nie n arm en n been as betaling vir n al kotter wordende werksdag nie. Soveel miljoene was al aan staatshospitale bestee. Stel nou bevoegde werkers aan en NGV sal onnodig wees.

Tweekant ·

Ek dink die ou het meer verstand as die huidige president. SA werkers is lui en laks want hulle word beskerm. Maar daar is ook verskriklik baie misdade en moorde wat gepleeg word deur buitelanders en hulle plaas ook geweldig druk op ons mediese dienste. Dis maar 50/50

Eddy ·

aan A.J. : dankie Vir terugvoering.Ek sê nie dis werkgewers se plig om ons grense te beskerm nie.U is reg,dis daai lamsakkige ANC se plig en hulle faal daarin.Ander ding,Dis Vir my n belediging om te sê my siening is gelykstaande aan n apartheidswetgewing.Ek het my jeugdae opgeoffer om teen n NP te veg.Die resultaat: ‘n nuwe onderdrukker genaamd ANC(wat geen visie het nie)Indien ANC ooit visie gehad het,hoef ons 2 nie nou oor n swart uitlander hoef te debateer nie.Ek het al voorspel dat die uitlanderkwessie is n lewende tydbom.Ander ding: Dis maklik om te praat as jy “uitgesort” is(dalk d.m.v. die vorige bedeling?) Maar jy Sien nie die ellende van werkloosheid,misdaad,armoede en behuising in die townships nie so dit raak jou nie.Terwyl daar d.m.v. n werkie nog n uitkom kans Vir n plaaslike persoon was,is daai geleentheid nou ontneem omdat die ANC daai Afrikalande n guns skuld.Ons is geinfiltreer deur daai uitlanders.Stelselmatig kry hulle n greep oor ons samelewing.En dis iets wat ons in 1994 nie Sien kom het nie.U is welkom om met my te verskil.

Foxi ·

Suid Afrikaners is regtig vrek lui om te werk. Om n pyp reg te maak, sit die SA burger onder die boom op sy selfoon en die BUITELANDERS doen die vuilwerk! Hoe wil hulle nog die SA burgers beskerm en vir hulle eerste die werk gee. Dis te laat in elk geval, die buitelanders lyk of hulle in die meerderheid is in SA. Dit sal nooit ooit weer regkom in SA nie, nooit nie. En die regering skrik nou te laat wakker oor sy eie mense.

Pampoen ·

Die wet moet ook inkom dat as ‘n werker lui is of nie wil werk maar net daar is vir die salaris dan moet hy of sy onmiddelik ontslaan word. Maar nou dink die goed hulle kan in ‘n werkplek maak net wat hulle wil want hulle word mos beskerm en die werkgewer sit met die gemors

Judge Dredd ·

Mense wat ongedokumenteerde buitelanders in diens neem moet ook sommer strafregtelik aangekla word.

Johanna Botha ·

IVP gaan dit nie regkry want die grens is soos n sif …almal stap SA binne lekker tussen die bome deur op n stappie ….

PJC ·

Dit is nie net mense uit ander Afrika lande wat ń probleem is nie maar ook mense uit die ooste soos Chinese en Pakistanies. Hierdie mense stroom ongehinderd die land binne en het duidelik ook baie geld want hulle koop links en regs klompe eiendomme en beïnvloed dus ook die eiendomsmark. Die ANC het en is nog steeds besig om ń probleem te skep wat nog ernstige gevolge gaan hê.

Eddy ·

Ja, dis net so ‘n probleem.Hier by ons in elke township ,in elke straat is n shipping container staande gemaak ,waaruit Somalieers winkeltjies bedryf.Onlangs hier het Somalieers en Ethiopieers slaags geraak hier oor “handelsregte”.Baie plaaslike huiswinkeltjies is nou al oorgekoop deur die Somalieers en Pakistanis.Hulle breek af en bou op sonder munisipale goedkeuring.

aj ·

Eddy

Dis die SA vakbonde (kommuniste) wat beleggers wegjaag!

Hulle misbruik die werkers se belange as ROOKSKERM waaragter hulle stilletjies meer MAG versamel vir die kommuniste.

Dis hulle wat veroorsaak het dat die land se minerale GEKONFISKEER is …. binnekort volg ONTEIENING …

Die geweld en intimidasie van die vakbonde téén werkgewers maak dat werkgewers hulle besighede sluit en eerder myne en fabrieke gaan oprig in ander lande.

Die SA vakbonde was die oorsaak dat MILJOENE werkgeleenthede verlore gegaan het sedert 1994.

Die vakbonde is nie slegs besig om hulself te vernietig nie (self destruct!) … hulle vernietig die hele SA .

As ‘n werker so slim is dat hy/sy die besighede en die land kan regeer … dan sou hy/sy in die eerste plek nooit ‘n WERKER gewees het nie.

SLIM het sy BAAS gevang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.