Jacob Zuma ‘te arm’ om VBS te betaal, dalk eiendom kwyt

Oudpres. Jacob Zuma se private woning in Nkandla, KwaZulu-Natal (Foto: @power987news, Twitter)

Jacob Zuma mag dalk Nkandla kwyt wees omdat hy nie die lening van R7,3 miljoen, wat hy van die berugte VBS Bank ontvang het, kan terugbetaal nie.

Volgens berigte op eNCA en in Business Day het die bank se likwidateur die volle bedrag van die rekening verlede maand geëis, maar Zuma het ʼn kennisgewing ingedien dat hy van voorneme is om die dagvaarding teen te staan.

Die voormalige president het egter die sperdatum om sy pleidooi in te handing gemis en nou mag die aanklaer die saak na die hof verwys vir verstekvonnisoplegging.

Volgens die dagvaarding wat in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgereik is, het Zuma al sedert Augustus verlede jaar versuim om sy lening terug te betaal en kan die eiendom dalk nou teruggeneem word, berig Business Day.

VBS Mutual Bank het verlede jaar gesluit nadat R2 miljard na bewering deur sy direkteure gesteel is. Al vyf van die direkteure is sedertdien gesekwestreer.

“Zuma het nie daarin geslaag om sy maandelikse paaiemente te betaal soos wat ooreengekom is nie. Dit is kontrakbreuk,” het die likwidateur luidens berigte in die dagvaarding gesê.

Die oorspronklike lening tussen Zuma en VBS is in 2016 aangegaan om die regering terug te betaal vir die geld wat Zuma onregmatig gebruik het om verbouings by Nkandla aan te bring. Dit nadat Thuli Madonsela, die voormalige Openbare Beskermer bevind het dat Zuma staatsgeld gebruik het vir die R200 miljoen opgraderings aan sy huis.

Toe hy in 2018 uit sy pos as president verwyder is, het Zuma gesê hy is te arm om sy regskoste te betaal, nadat die Pretoriase hooggeregshof beslis het dat hy nie staatsgeld kan gebruik om sy regskoste te dek nie. Hy het al aan sy ondersteuners gesê dat hy van sy klere moes verkoop, berig Business Day.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Leon Dormehl ·

Die ou mense het gesê : kierantjies braai uit….
Kry vir jou Zuma, kry vir jou.

Penellope Jones ·

My aarde, hoe so?
Dalk moet hy die manne in Dubai vra vir ‘n kleinerige ou leninkie.

Marina ·

Verstaan nie neer as jaar wat Zuma nue verband betaal en nou eers wil hul optree? Ek verseker jou as ek my huis verband vir so min as 3mnde nie betaal het nie het Standard Bank definitief al lankal dit op veiling gesit! Hul sal definitief nie vir meer as jaar geduldig wees met my!!?

Thelsa ·

Wat sal jy in elk geval ekonomies met die eiendom kan aanvang as iemand dit sou koop ?

Gert ·

Hulle het nou die dag verklaar dat Zuma en sy swerm vrouens oor die R62 miljoen per jaar kry van belastingbetalers, so daai R7 miljoen is kleingeld.

ES ·

Ek verlekker my nie in ander se swaarkry nie – maar hierdie geval is ‘n uitsondering.

Die wiel draai, en as hy draai, dan spin hy!

Ek wonder hoe het JZ gedink gaan hy al sy prokureurs en advokaat kostes – sowel as die hof betaal met sy uitgerekte hofsake?

Oujongvrou ·

Ek glo nie n woord hiervan nie. Hys skatryk. Hy berei voor vir n skare insameling van sy mense. Die armes sal mos vir hom geld insamel.

janee ·

sy(belasting) geld is in n buitelandse bewaarde rekening as jy my vra.

Waldo ·

Yup. Die Guptas hou sy PIN en kaart vir hom, en in Dubai waar sy seun mos ‘n plek het…

Kraaibakke ·

Aaaag shame moet ek hom glo ,hy het mos geweet wat kom so hy moes gespaar het ,as ek vir my skuldeisers so iets moet opdis se hulle vir my gaaan vlieg jy het geweet om te spandeer.
Kry vir jou uncle jou turfsit ,moenie huil nie , you larger than life ,good luck.

I. Demand ·

Gaan kyk hoeveel besighede en ondernemings is op Zuma se kinders se name geregistreer en hoeveel eiendomme hulle oral in SA besit! Dis mos maklik, die kinders het nou als en Zuma niks. Geldwassery .

Nico ·

Ek wonder hoe gaan daar op die Nkandla kompleks beslag gelê word? Dit is stamgrond en nie vatbaar vir beslaglegging nie. Iemand sit met ‘n yslike tameletjie. Die R7.8 m wat hy aan die staat moet terugbetaal is foutief. Dit behoort minstens R230 m te wees en almal vergeet van die Evkom kraglyn wat van Kranskop af vir hom aangelê was. En moet nie vergeet van die meer as R700 m teerpad wat vir hom gebou is nie. Daarbenewens skuld Zuma die belastinggaarder omtrent R65m !! Hierdie knaap het almal kruiwa vragte blou vermufde poepe gevoer en al wat hy doen is om te sit en grynslag, slu verby !!

Theresa ·

Ag sien die worry in our eyes. Hy is altyd vol brawade en groot mond. Nou moet almal hom jammer kry. Siestog. Haal al die geld uit wat jy jouself mee gehelp het.

Ore ·

En weer is hy die slagoffer.Ek is nie ‘n “siener” maar het dit al tydens die toestaan van die lening voorspel dat hierdie bedrag nooit terugbetaal gaan word nie.En soos dit die ANC en EFF behaag,predik hulle dat hulle vir die armes werk.Eintlik moet hulle dit andersom stel…die armes werk vir hulle.Agbare Zuma is ‘n meester strateeg.

Irma ·

Hahahaaaa, hy was in elk geval nie van plan om dit terug te betaal nie. Hy’t dit waarskynlik as sy reg beskou om gehelp te word. Dit is sy styl….

marina ·

Ek glo ook daar is geld iewers weg gesteek en moet ons hom nou jammer kry. Tronk is volgende om die draai, gee net tyd (wiel draai )

Willehond ·

Hulle mag dit nie verkoop nie! Dit behoort aan die belasting betalers. Ek gaan volgende jaar daar vakansie hou! Ek gaan in my “fire pool” swem!!

James ·

Sy seun kan dit maklik met klein geld betaal. Of die guptas se geldjie wat op spieel kas le.

o ·

Haha, sy klere verkoop… As ons ons klere verkoop, kry dalk ons ‘n paar randjies daarvoor want ons kon nog nooit die tipe klere bekostig wat hy(hulle) dra nie. What a shame!

Feite ·

Zuma en sy gupta seuntjies is ryker as Motsepe. Zuma speel die slagoffer kaart terwyl hy voorberei om in Dubai in n paleis te gaan bly wanneer die tyd aanbreek!

Josua Keys ·

Zumpie, Gerrie Nell alas “BULL DOG” wag ook nog vir jou, jou enigste hoop is om al jou kamerade uit te wys dat hulle saam jou die skuld dra en toegesluit word, hoe gouer jy dit doen hoe gouer kan ons ‘n nuwe regering aan bewind instem en SA weer op koers kry. Jy sien Zumpie sulke dinge gebeur wanneer jy die ware God openlik tart deur te sê dat die ANC sal regeer tot Jesus kom, dis hier waar julle jul vingers sleg verbrand het en dit het julle reeds oor die afgrond gedryf, ons almal wag net om te sien wie eerste die grond gaan tref want dit gaan “Spectacular” wees

ap ·

Wie glo dit nou en sy maaitjies guptas kom met biljoene weg , wat n grap

Vicci ·

Nkandla can’t be repossessed…strange he got a loan with the VBS Bank with Nkandla as collateral….

Chris Ws ·

Hy lieg deur sy skewetande!Hy HET geld .Die hof moet sy finansiele posisie ondersoek.Hoop die hof verkoop Nkandla op ‘n veiling as hy insolvent is.

Merie Perd ·

En ja, dan moet die geld wat gebruik is om die Nkandla paleis te bou, aan die mense terug gegee word, dis n wen wen situasie.

Kraaibakke ·

Hehehehe watch julle maar ek gaan for uncle Gerrie flous eks n goolaar.Hy bly maar arogant in hoogste rat.

andre ·

As Zuma suksesvol aangeskroef word vir die skuld … dan is daar hoop vir die ‘jong demokrasie’. Maar ek is skepties … die ‘demokrasie’ het ongelukkig gefaal!

Ons enigste hoop op dat daar verantwoording sal wees vir die Zuma moguls, lê by die VSA .

As die VSA hulle almal SWARTLYS sal hulle grootskaalse bedrog gedeeltelik gestop word … sonder VSA ingryping is ons land verlore?

Heather ·

Grootste liegstorie wat ek in my lewe gehoor het! Soek Zuma nou simpatie deur te sê hy moes van sy klere verkoop? Hy moet maar al daai rekeninge oorsee gaan leegmaak of sy eiendomme in SA verkoop! Of vir sy ryk seun geld vra (en die Guptas). Sies, hy behoort hom te skaam! En regering moet ophou om vir hom en sy vrouens te sorg! Te veel armes vir wie daardie geld gegee kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.