Jan Oberholzer bly langer by Eskom

Jan Oberholzer. (Foto: Eskom/Twitter)

Jan Oberholzer, die voormalige bedryfshoof van Eskom, gaan by die kragvoorsiener aanbly om projekte te lei wat daarop gemik is om die land se kragkrisis op te los.

Daphne Mokwena, Eskom se woordvoerder, sê hy gaan onder meer die stoomopwekkingsprojek by die Koeberg-kragstasie en ook die indiensstelling en ingebruikneming van eenhede by Kusile en Medupi bestuur. Sy het nie verder uitgebrei oor wat sy verantwoordelikhede gaan behels nie.

Oberholzer het op 30 April op die ouderdom van 65 jaar afgetree.

Business Intelligence berig hy het ’n kontrak onderteken om by Eskom aan te bly, maar nie in sy voormalige hoedanigheid as bedryfshoof nie.

Dit is in hierdie stadium nie bekend op watter tydperk in die kontrak wat Oberholzer onderteken het, ooreengekom is nie.

Oberholzer is langer as 30 jaar by Eskom en swaai sedert 2018 die septer as bedryfshoof.

Mokwena het bevestig dat hulle nie die bedryfshoofpos ná Oberholzer se aftrede gaan vul nie, maar geen redes vir dié besluit verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Tree af in Hermanus of Portugal. Eskom gaan jou aftrede versuur.

Leon ·

Wat baie sal help as julle Mnr Andre de Ruiter sal terug bringdan hoef julle nie nege miljoen rand se diesel elke dag uit te brand nie, Andre is baie goedkoper om aan te hou en hy sal al julle probleme oplos luister na hom en werk saam met hom nie teen hom nie want hy is nie due probleem nie , Politiek is die probleem ?????

Danie ·

Die ANC dagvaar hom nou in Duitsland vir naamskending wat n bespotting.Hulle het geen naam.

Prof ·

Jan gaan tree af. Die spul gaan net voort met hul diefstal en onbeholpenheid. Tyd vir jou om sonder daai stres te lewe.

Martie Smartie ·

Ek sien nie dat JOB of ADR enige verskil gemaak het by Eskom nie. Behalwe om die beurtkrag skedules te vervolmaak en hoofnuus te maak. Hoekom hulle JOB wil aanhou weet nugter alleen. Maar in die land vd blindes is eenoog mos koning …

Staal ·

Jy is oënskynlik nie intellligent genoeg om die hele prentjie te sien nie. Moet asseblief nie joi menong lug oor ‘ onderwerp waaroor jy geén diepgaande kennis beskik nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vertel ons meer Staal. Die res van ons is gefrusteerd en in die donker.

Jacobus ·

Republikein, dit is die ANC regering se onvermoee en korrupsie wat die probleem is en nie Andre of Jan kan dit verander nie. Ek hoop jy verstaan my verduideliking.

Koen ·

Om sulke commin tare te lees laat my weer my seëning tel. Om nie iemand soos jy in die regte lewe te ken nie. Jy verssur almal se lewens. Verseker.

Vernon ·

Ag liewe aarde..ek kan nie glo MS jy raak sulke twak kwyt nie..was dit nie vir die 2 nie…was dit al 5 j terug baie erger. Ek hoop jy het die moed om oor n jaar verskoning te vra,want dan gaan dit fase 10 wees.

annie ·

Die salaris moet goed wees. Indien Jan fluitjieblaser gaan speel sal hy binnekort ‘n ander deuntjie fluit. Die ANC is nooit nice of waarderend sonder ‘n plan nie. Dalk wil hulle hom gebruik om De Ruyter te beswadder na sy ontboeseminge.

Casper ·

Hy is gevra om aan te bly en dus glo ek eskom het sy kundigheid nodig.Andre kon ook nog daar gewees het was dit nie vir ‘n sekere minister was wat ‘n bietjie wou eet nie en sy kos deur André bitter getoor is nie.Hy wou André van lank se tyd weg hê omdat hy te veel geweet het.

Erika ·

Andre De ruiter het n Doring in julle vlees geword ne Omdat hy die waarheid gepraat en uitgepraat het oor Eskom Ne en die politiek en korrupsie wat net n oortjies van die seekoei is. in Suid Afrika.. Daar sal nie verskil intree as daar nie ware acountability is nie en die Persone aanspreeklik verantwoorbaar gehou word nie…

Papsak ·

Ja ek wens net Mnr De Rhyther kan ook terug kom dankie aan Mnr Oberholzer hou die goeies jaag die swakkes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.