Jansen van Vuuren ‘geestelik ongesteld’

Gerhard Jansen van Vuuren. (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

ʼn Voorlopige verslag van ʼn psigiater dui daarop dat Gerhard Jansen van Vuuren aan ʼn geestelike versteuring ly. Die verdediging wil nou meer tyd hê om vas te stel hoe dié nuwe getuienis in sy moordverhoor aangewend kan word.

Volgens Jansen van Vuuren se nuwe verdedigingspan, Jaco Krüger en Francois Joubert, het die Johannesburgse psigiater, dr. John Weinkove, verlede week ʼn konsultasie met Jansen van Vuuren in die tronk gedoen en ʼn voorlopige verslag oor sy geestelike welstand saamgestel.

“Ons moet nou eers die verslag deurgaan en verstaan wat presies die toestand is waaraan Jansen van Vuuren ly. Dan kan ons besluit of dit deel kan vorm van ons verdediging of as vonnisversagting gebruik kan word,” het Joubert gesê.

Twee psigiaters het Jansen van Vuuren reeds in 2012, kort ná sy inhegtenisneming, geestelik geëvalueer en bevind hy was toerekeningsvatbaar toe hy sy gewese meisie, Andrea Venter (25), vermoor het.

Jansen van Vuuren het destyds beweer dat hy nie by sy volle verstand was ten tyde van die moord nie omdat hy glo onder die invloed van steroïede was.

Andrea Venter se pa het vandag dié hemp in die hof gedra. (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Jansen van Vuuren het verlede Dinsdag in die hooggeregshof aangedui hy wil sy regshulpprokureur, adv. Innocent Mthembu, se mandaat beëindig en ʼn private regsverteenwoordiger aanstel. Krüger en Joubert het Vrydag hul eerste konsultasie met Jansen van Vuuren gehad.

Mthembu het in die hof gesê ʼn familielid het glo dié nuwe regspan verwys.

Regter Lincoln Matjele het Maandag weereens na die saak as ʼn prioriteitsaak verwys wat so gou moontlik afgehandel moet word. “Die saak sloer al meer as tien jaar, dit is die hof se prioriteit om dit nou af te handel,” het Matjele gesê.

Andrea se pa, Dries Venter, het Maandag ʼn hemp by die hof aangehad waarop staan “Moordenaars, vroue-aanranders, kindermolesteerders moet lewenslank tronk toe, sonder parool”.

Dié gebroke pa woon elke hofsaak by en het al telkemale gefrustreerd en teleurgesteld uit die hof gestap, nadat die saak vir die soveelste keer uitgestel word.

Die saak gaan Donderdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Magda G ·

Nou word die proses weer eens uitgestel. Hoekom het hy die meisie vermoor? Jaloesie.

Suzette ·

Ek voel regtig jammer vir Andrea se Pa – ek kan my nie indink hoeveel hartseer, pyn en trauma hy al moes deurgaan vandat hierdie moordenaar sy dogter vermoor het nie en nou wil hulle versagtende omstandighede pleit. Nonsens! As hy dan nou skielik geestelik versteurd is, dan hoort hy mos agter slot en grendel – wat moet nou versagtend wees!!!!

marius ·

Na een konsultasie ? Gaan hy vir die res van sy lewe in Weskoppies sit in isolasie ? Nee want hulle gaan aanvoer dat hy tydelik geestes versteurd was . Hou maar dop .

domheks ·

Ek sal ook na 10 jaar mal word! Want my skuldige gewete sal my pla! Dis uitstel taktiek en ons howe val daarvoor!

Henry ·

Hierdie is n loophole in die regstelsel wat te gerieflik gebruik word. As jy geestelik versteurd is moet jy juis permanent uit die samelewing verwyder word, anders doen jy dit maar net weer.

Alfred E Neuman ·

As hy mal is, laat die paddy wagon hom kom haal en sluit hom dan in die malhuis toe

Swerwer ·

Oudste probeerslag in die boek. Regtig. Mag hy kry wat hom toekom.

Sê maar net ·

En intussen is hy weer getroud en het vir jare ‘n normale lewe gelei? Toe was hy nie “geestelik versteurd” nie? Maak nie sin nie….

Wielspore ·

Vir 9 jaar het ‘n man my dogter en hul oudste kind mishandel, fisies en verstandelik, toe die volgende kind gebore word (onbeplan) het dit vir nog ‘n jaar aangehou. My dogter en die kinders het hom verlaat en tot vandag toe gee hy haar die skuld daarvoor. Die beste wat sy nog ooit kon doen is om hom te los, hulle is nou in goeie hande en gelukkig. Hy lewer geen finansiele ondersteuning, het in 2 jaar twee keer kom kuier en was in elk geval meeste van die tyd by sy drinkersvriende in die naburige dorp. Hy is baie slim want ek het nog niemand ontmoet wat so baie verskonings kan aanbied. Hy leef van drank, skuld, jol, braai, nonsenspraat, ander mense verneder…. Dit lyk of Gerhard Jansen van Vuuren ook ‘n meester van daardie gedrag is.

Perdeby ·

Wel as hy dink hy gaan weg kom daarmee maak hy ‘n baie groot fout.

tweeling ·

Hy is psigies versteurd nie geestelik. Min mense ken die verskil.

Papsak ·

My Oom ek like jou hemp dit is waarheid wat daarop staan ek se bring terug die doodstraf en onnodige moorde sal stop maar nee hulle wil nie luister nie

Maggies ·

Aag asseblief. Was hy kranksinnig toe hy uit die land gevlug het en oorsee saam ‘n vrou gebly het?

Christine ·

Ons het hierdie gebroke pa en sy vrou destyds ontmoet. Hy gaan deur wroeging wat te verstane is, die hartseer en pyn lê steeds vlak in sy oë en stem. Die moordenaar daarenteen, is ‘n psigopaat wat haar vir weke gejag het, wat audit firma na oudit firma gebel het om haar op te spoor, wat haar ingewag het by haar woonplek en haar koelbloedig vermoor het. Hierdie is net ‘n skelm manier om uit die tronk te kom, net soos toe hy landuit gevlug het. Hy sal dit weer doen, psigopate is nie herstelbaar nie.

tierwyfie ·

Interessant, toe hy die meisie vermoor het het hy niks makeer nie. Dis waarop hy skuldig bevind moet word, maak nie saak wat hy kastig nou makeer nie Hy moet verewig in ‘n klein selletjie opgesluit word. Hy is ‘n gevaar vir die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.