Jason Rohde hoor oor borgtog

Jason Rohde. (Foto: Maroela Media)

Die veroordeelde vrouemoordenaar Jason Rohde bly in die tronk nadat die hooggeregshof in Kaapstad sy jongste aansoek om borgtog van die hand gewys het.

Die appèlhof het Rohde verlede maand toestemming gegee om teen sy skuldigbevinding te mag appelleer. Sy regspan het die aansoek om borgtog ingedien, hangende die uitspraak van die appèl.

Rohde het in hofstukke aangevoer hy wil op borgtog vrygelaat word sodat hy na sy sakebelange kan omsien en sy kinders finansieel kan onderhou.

Hy dien tans tronkstraf van 20 jaar in die Drakenstein-gevangenis in die Paarl uit vir die moord op sy vrou, Susan, asook vir dwarsboming van die gereg omdat hy die toneel soos dié van ʼn selfmoord opgestel het.

Jason en Susan Rohde. (Foto: Facebook)

Susan se liggaam is in ʼn toegesluite badkamer gekry van die kamer wat sy in Julie 2016 met Rohde by die luukse Spier-wynlandgoed in Stellenbosch gedeel het.

ʼn Elektriese koord was om haar nek gedraai en aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak.

Regter Gyaat Salie-Hlope het Rohde in Februarie vanjaar tot 18 jaar tronkstraf vir die moord gevonnis en vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Drie jaar van laasgenoemde vonnis word gelyklopend met die vonnis vir moord uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Lizelda ·

Nee, wat sit maar, en sit maar lekker. Al die reds wat hy nou aanvoer moes hy aan gedink het VOOR hy sy vrou vermoor het.

Deloris ·

Sit boetie sit… Jy wou mos moord pleeg en gedink jy is slim….

Linky V ·

‘n Man wat sy vrou verneuk agter haar rug kan net aan een ding dink…..en dis beslis nie aan sy vrou of kinders nie.

Suzette Geringer ·

Ek stem saam Linky… as jou goed pla moet jy maar die gevolge dra….

Koos de Meyer. ·

Die regter het ten minste integriteit. Hy moes maar aan die nagevolge gedink het. Kry maar vir jou broer.

Gert van Wierdapark ·

Rohde het skynbaar die Lotto gewen, want die mannetjie gaan al weer appel-leer. Wonder of sy destydse meisie dalk help betaal?

Theresa ·

Dis reg. Sit maar in die tronk jy. Moenie nou kom met sakebelange en jou kinders ens nie. Vir jou het alles oor geld en jou skelmpie gegaan. Gedink jy gaan wegkom. Jy moes aan al hierdie gedink het toe jy jou dogters se ma van hulle af weg geruk het oor jou origheid. Die doodstraf moet terugkom.

Magda ·

MOO IMAN – MOES AAN SY KINDERS GEDINK HET VOOR HY SY VROU VERMOOR HET. SIT JOU MOORDENAAR JY HOORT NERENS ANDERS AS IN DIE TRONK NIE

Marius ·

Dink hy nou rerig die regter wat hom skuldig bevind het gaan nou omdraai en se weet jy wat ek gee jou nog ‘n kans rerig?

Strandloper ·

Kry vir jou!!!Hoop ten harte jy raak “die vrou” in die tronk!

Joon ·

Jammer om te se soos julle aan gaan, Sal ek ook voel om moord te pleeg. Vrouens moet vra of hulle nie dalk party keer n aan deel daarin het nie.

Cherokee ·

Wanneer hy sy gevangenisstraf uitgedien het, sou daardie mooi vrou steeds in haar middeljare gewees het. As ‘n moordenaar tot tronkstraf gevonnis word, behoort die slagoffer se ouderdom afgetrek word van ‘n 100 en daarvolgens behoort tronkstraf vir ‘n moordenaar uitgemeet word. So, as sy ‘n verwagte lewensduur van nog 45 jaar gehad het, moet hy vir 45 jaar sit.

Joon ·

Jammer om te se soos julle aan gaan, Sal ek ook voel om moord te pleeg. Vrouens moet vra of hulle nie dalk party keer n aan deel daarin het nie.

JESSICA ·

Nice excuse the kids don’t need him now, or later, he should have thought about it before he hanged her.

Rinda Duraan ·

Soos almal hier bo gese het – kry vir jou boet! Jy moes aan jou kinders gedink het voor jy hulle ma vermoor het. Ek hoop jy vrot in die tronk.

blouapie ·

Verskonings, verskonings! Vra vir vergifnis van die Here.

Denise ·

Dit is net vir my skokkend dat n man sy vrou vermoor vir wie hy moet met sy lewe
moet beskerm !!!!!

hercu ·

ek sê nie dit wat Rhode gedoen het is reg nie, maar die regstelsel is korrup

ander “mense” wat moor en verkrag mag appeleer en kry borg en pleeg dan weer moord en verkrag iemand!!

JohanR ·

Kan ook nie altyd die dinge van die lewe verstaan nie. Was hy soe woedend op daai tydstip, dat hy sy vrou vermoor het…dood! As hy soe ongelukig was saam met haar, gaan hof toe en kry ‘n egskeiding man. Veel goedkoper, en niemand word vermoor nie! Selde met die ou wat sy vrou se lyk by Diep River statie verbrand het in die kattebak – Rob Packham. Gaan hof toe en kry ‘n egskeding man. Nou is julle lewens en julle families se lewens verwoes, en jule sit vir jare agter tralies.

Christa ·

Is dit deesdae mode dat moordenaars vir Borg aansoek doen. Van die Jong moordenaars tot die oues. Pla hul gewete hulle nie. Hulle vermoor hul vrouens omdat ander vroue graag rondneuk met getroude mans Wie ook nie gewetens het nie.

Christa ·

Nee wat, sit en betaal jou skuld teenoor jou vermoorde vrou. Jyt gedink jou geld Sal jou Kan red. Jou kinders Kan sonder jou klaarkom as hulle sonder n ma Kan klaarkom.

Marlene ·

Ons is nou al so moeg om jou gesig orals op die nuus te sien. Vat jou pak slae soos ‘n man en gaan sit jou tyd in die tjoekie. Jy was groot meneer toe jy jou vrou amper middeldeur gebreek het.

Iggie ·

Jammer ons het nie doodstraf in SA nie nou moet ons belastingbetalers vir hom sorg. Hy is skuldig bevind that’s it!! Kry vir jou Pappie, lekker sit, sy arme kinders en sy arme vrou, dink net sy vrou kon haarself nie beskerm het teen haar sterk man nie. Oorhandig hom aan die publiek asb!!!

Arno Scheepers ·

Dankie tog….geen borg.
Vir geweldsmisdade moet daar GEEN borg of parool wees nie.
Sit Rhode sit. Jou vrou is permanent dood, nie net vir n tydjie nie.

Cherokee ·

Sy is nie permanent dood nie. Nie eens vir ‘n tydjie nie. Slegs vir hièrdie lewe.

Gwen ·

As hy dan so kamtig omgee vir sy kinders, waarom al die geld spandeer aan regskostes om uit die tronk te te bly. Hy is ‘n papbroek wat sy kinders net gebruik. Hy kon sy vrou voos slaan maar is te papbroek om self ‘n pak slae te kry. Boelie!

Domvraag ·

So lyk n gewetenlose. Dink net aan homself. Hy appeleer en doen dan aansoek om borg om so uit die tronk te kan kom en tyd saam met sy minnaar te kan spandeer.
Gewetenloos en gelieg om los te kom. Geen berou dat hy so pragtige vrou vermoor het nie. In my oë is hy veragtelik en het geen skaamte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.