Mandla Jam, kommissaris van die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth, het aan Maroela Media gesê Vumazonke se sel, sowel as twee aangrensende selle, is Donderdagmiddag deurgesoek en dat daar geen selfone gevind is nie. Volgens Jam het hy besluit om Vumazonke wel voortaan in isolasie aan te hou te midde van die bewerings.
Dit kom nadat verskeie media-instansies vroeër Donderdag berig het dat Vumazonke, of iemand met toegang tot sy Facebook-profiel, aktief is op die sosiale media-netwerk. Die profiel is Donderdagmiddag verwyder. Daar is ook vroeër vanjaar berig dat daar foto’s op Vumazonke se Facebook-blad verskyn het waar hy in ʼn oranje oorpak poseer met ʼn sonbril op.
Vumazonke was uit op borgtog toe hy in hegtenis geneem is in verband met die moord op Jayde.
Christopher Panayiotou, Jayde se man, word daarvan beskuldig dat hy Luthando Siyoli glo betaal het om die huurmoord op sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit.
Siyoli het Vumazonke glo genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.
Eish…die tronk hy es lekkor!!