Jessie Duarte sterf

Jessie Duarte, adjunk- sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, is Sondag vroegoggend in die ouderdom van 68 jaar oorlede.

Die party het in ’n verklaring bevestig dat Duarte behandeling vir kanker ontvang het. Sy was sedert November met siekteverlof.

Maroela Media het vroeër berig dat Duarte in November maagdermkomplikasies ondervind het en sedertdien met siekteverlof was.

“Die dood van Duarte is ’n groot verlies – nie net vir die familie nie, maar ook vir die demokratiese beweging en die land. Sy het haar lewe gewy om ’n verenigde, demokratiese, nierassige, nieseksistiese land teweeg te bring. Sy was ook ’n toegewyde aktivis vir geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue,” het die ANC in ’n verklaring gesê.

“Sy was ’n bron van krag en ’n matriarg vir die party, asook ’n steunpilaar vir haar familie.”

Duarte het sedert 2012 die posisie as adjunk-sekretaris-generaal van die ANC beklee en is sedert 2002 ’n lid van die party se nasionale uitvoerende komitee.

’n Roudiens word Sondagmiddag vir Duarte in Johannesburg gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

007 ·

As die kaders geweet het sy is op haar laaste, hoekom het hulle haar nie reeds vervang nie. Maar nee hulle wag tot die inevitable!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.