Jody Scheckter se 21-jarige dogter dood

Ila Scheckter. Foto: Instagram

Die voormalige Suid-Afrikaanse Formule Een-kampioen Jody Scheckter (69) se 21-jarige dogter is vermoedelik aan ʼn oordosis dwelms dood.

Scheckter en sy vrou, Clare, het in ʼn verklaring gesê Ila is Donderdagaand in haar slaap dood nadat sy vermoedelik per ongeluk ʼn oordosis dwelms ingekry het. Sy sou volgens haar ouers die volgende oggend met behandeling vir haar verslawing begin het.

Die gesin woon op hul plaas naby Hampshire in Engeland.

“Ila is te gou uit ons lewens geneem en die pyn wat ons familie voel, is ondraaglik.” Die familie sal later ʼn private begrafnis hou gevolg deur ʼn roudiens.

Ila het twee jaar gelede ʼn operasie en behandeling vir ʼn breingewas ondergaan. “Sy het die afgelope paar maande epilepsie ontwikkel wat tot gevolg gehad het dat sy ʼn ernstige angstigheid en vrees ontwikkel het vir stuipe.

Jody Scheckter. Foto: Instagram

“Sy het haar stryd teen verslawing verloor deur die vrees en gevoelens wat haar oorweldig het, te probeer verdoof.”

Ila het verlede maand nog by haar ouers, vier broers en jonger suster in Monza, Italië, aangesluit vir die 40ste herdenking van haar pa se Formule Een-oorwinning in 1979.

“Dit was die laaste keer dat die hele familie bymekaar was en ons het die mylpaal saam gevier,” het die familie gesê.

Ila het onlangs by die Universiteit van Westminster geregistreer om sielkunde te studeer “aangesien sy ander wou help met hulle geestegesondheid”.

Scheckter het van 1972 tot 1980 aan Formule Een deelgeneem en is die enigste wêreldkampioen wat Suid-Afrika nog kon oplewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stan ·

Innige simpatie.
Drank, dwelms ens is maar alles gif waarmee ons die geestelike pyn binne ons wil vergiftig.
Sterkte aan Jody, aan jou en alle gesinne met die probleem

Hanna ·

Die nuwe wereldorde met hulle oopgheid vir als bring net ellende. Ou waardes is belangrik.

aj ·

Innige simpatie aan die familie en vriende!

26 Lande in die wêreld handhaaf die DOODSTRAF vir dwelmhandelaars.

Lee ·

Dit is hartseer… So baie mense sukkel. Party maak dit, die meeste doen nie. My innige simpatie…

Elsa ·

Ek is so jammer. Mag die pragtige dogter in vrede rus.
Aan die familie, vriende, naasbestaandes: Mag jul krag ontvang.

Delia ·

So jammer vir julle as familie.
My man is laas jaar gediagnoseer met n kwaadaardige breingewas. Operasie,chemo en bestraling,epilepsie . N pad van louter hel.

Heksie ·

Ja, dwelms kies nie jou sosiale stand in die lewe nie … my hart gaan uit na Jody en sy familie ….

charmaine ·

Per ongeluk te veel dwelms geneem? Sy het dalk nie kans gesien vir die rehab nie.

Nie maklik nie.. ·

Ek dink nie mens kan die kind veroordeel nie!!!
Om met so iets in jou kop te loop is nie maklik nie. Soos Delia hierbo sê, dis loutere hel!! Jy sal enige iets doen vir verligting!! Vra mense wat daardeur gaan!!

Annelie ·

Mag die familie krag genade en vrece kry met hul groot verlies!!

Theo ·

My hart gaan uit Jody en sy familie. Hy was my groot held in motorsport. Mag hulle vertroosting vind in hierdie tyd????

Sidney ·

Charmaine. Ons ken nie haar omstandihede nie. Dit kan met enige een gebeur wat dwelms gebruik. As die jong dame reeds daardie oomblik gebruik het verloor hulle hulle sintuie om te besef wanneur genoeg is al dan nie. Vra hulle wat gebruik het.

Sterkte aan Jody en die familie. Mag julle vertroosting vind in God se teenwoordigheid

Anoniem ·

Innige simpatie aan die familie. Hulle(verslaafdes) weet nie wat dit aan familie en vriende doen en ek het geen simpatie met hulle. Jy het ‘n keuse: Ja, ek wil of Nee, ek wil nie.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die familie en vriende,sy was n prag van n mens. RIV Ila…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.