Johannesburgse skool gesluit weens Covid-19

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Johannesburgse laerskool is Maandag as voorsorgmaatreël gesluit weens die gevreesde nuwe koronavirus waarvan die eerste Covid-19-geval verlede week in Suid-Afrika aangemeld is.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het bevestig dat die Grayston Preparatory School in Morningside vandag gesluit is. Mabona het vrae rakende dié besluit na die departement van gesondheid verwys wat op sy beurt belowe het om later vandag meer inligting bekend te maak.

eNCA berig ’n onderwyser by die skool het vermoedelik kontak gehad met een van die groep van tien Suid-Afrikaners wat sowat ’n week gelede vanuit Italië teruggekeer het. ’n 38-jarige man van dié groep het dae later die eerste pasiënt in Suid-Afrika geword om positief vir Covid-19 te toets. Twee ander mense het intussen positief getoets, waaronder die man se vrou.

Die egpaar se twee kinders het intussen negatief vir die virus getoets, het Cowan House Preparatory School Sondag in ’n verklaring gesê. Die kinders is leerders aan dié skool wat Vrydag ook sy deure uit voorsorg tydelik gesluit het.

Luidens die verklaring is dié skool vandag steeds gesluit hoewel dit beplan om môre met akademiese aktiwiteite voort te gaan. Die skool is tans in gesprek met die departement van gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) hieroor.

Dr. Lwazi Manzi, woordvoerder van die departement van gesondheid, het aan Maroela Media gesê ’n mediakonferensie sal omstreeks 13:00 plaasvind om Suid-Afrikaners op die hoogte te bring van die stand van sake wat Covid-19 betref.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maknemuilius ·

Ons moet nou net nie almal heeltemal die kluts kwyt raak nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.