Jong man verdrink in Tafelberg-reservaat

Duikers het Sondag na ‘n vermiste man in die Silwermyn-dam gesoek. (Foto: NSRI webtuiste)

ʼn Jong man is Sondag dood nadat hy saam met sy meisie en twee vriende by ʼn dam in ʼn reservaat in Kaapstad gaan swem het.

Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) in Kommetjie is ingelig van ʼn verdrinking in die Silwermyndam in die Silwermyn-natuurreservaat. Dié reservaat vorm deel van die Tafelberg Nasionale Park.

“Met nooddienste se aankoms op die toneel is bevestig dat ʼn 24-jarige man onder die water verdwyn het terwyl hy saam met sy meisie en twee vriende geswem het,” het Johnathan Bakker, stasiebevelvoerder van die NSRI in Kommetjie, Maandag gesê.

“Die ander jongmense het hul vriend probeer bereik voordat hy onder die water verdwyn het, maar hulle was te laat.”

Vier duikers van die NSRI het onmiddellik met die soektog onder water begin. “Lede van die polisie se duikeenheid en ander nooddienste het later opgedaag en dieper geduik, opsoek na die man. Hulle het uiteindelik op die man se liggaam afgekom en hom uit die water gehaal.”

Volgens Bakker is die man se liggaam aan die Wes-Kaapse patologiese dienste oorhandig en die polisie het ʼn nadoodse ondersoek begin.

“Ons harte gaan uit na die familie van die oorledene.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

madels ·

My hart gaan uit na die familie en vriende wat ook daar was, hoe hulpeloos moes hul net nie gevoel het nie :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.